MRK pak onderwysdepartement oor transseksuele leerling

skoolskoene-2

Argieffoto

Die Menseregtekommissie het Maandag aangekondig dat hy die Seshego-gelykheidshof in Limpopo genader het namens ʼn transseksuele hoërskoolleerling wat glo geteister en verneder is en teen gediskrimineer is.

Die MRK het in ʼn verklaring gesê die provinsiale onderwysdepartement en die skoolhoof word as respondente in die saak genoem.

“Die saak spruit uit bewerings van vernedering en teistering gebaseer op die geslagsidentiteit van ʼn leerling wat ʼn vyandige en intimiderende omgewing geskep het,” het die MRK gesê. “Die verrigtinge is ingestel om verligting te bied vir die beweerde onregverdige diskriminasie, teistering en kwetsende spraak.”

Die kommissie het gesê terwyl die Grondwet spesifiek die regte van mense beskerm wat betref seksuele oriëntasie en seksuele identiteit, is dit selfs nog meer skokkend indien die diskriminasie teen kinders gemik is.

“Die kommissie is van mening dat skole ʼn duidelike verpligting het om redelike maatreëls in te stel om die pynlike sielkundige en traumatiese impak op minderjarige leerders te voorkom,” lui die verklaring. “In ʼn oop en demokratiese samelewing, gebaseer op waardigheid, gelykheid en vryheid, moet daar veral moeite gedoen word deur alle betrokke partye in die opleidingsbedryf om seker te maak dat dié waardes en regte beskerm word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Asmain ·

Die dinosourus is uitgewis deur meteoriete, die Romeine is uitgewis deur Latyn ??, die mensdom se ondergang gaan nog wees menseregte!

Karring ·

Ek sit al my spaargeld daarop dat “diskriminasie” net in die kop was of daar is net n plan is om die nuwe sisteem te melk.

Lola ·

Ek stem saam Karring. Hoe het die mense geweet die persoon is tweeslagtig? Dis nonsens. Presies soos jy se, dis net om die sisteem te melk. En ek stem saam Asmain ook. Menseregte!

Oom Kalahari ·

Wow nou is die MRK weer gou op die voorgrond, maar met sovele ander erger aangeleenthede is hul tjoepstil en het kamtig nog geen klag ontvang nie en die wat ontvang is verdien nie aandag en sloer oor lang tydperke.

E.K. - ek sê net! ·

Hierdie is ook ‘n vorm van boelie mense! Moenie oordeel tot jy die een is wat onder dit ly. Ons weet nie presies wat daar gebeur het nie, maar mense is BAIE geneig om iemand wat “uitstaan” om een of ander rede te verneder. Ek haat enige geboelie van enige aard. Enige vernedering of laat-klein-voel vir iemand wat hom/haarself nie geskape het nie en “anders” is, is siek. Onthou tog maar: “What you say about somebody else is not a reflection on them but a reflection of YOU and who you are.”

Heleen ·

E.K. – sê net! Dankie dat daar mense soos jy is. Baie mense is ongevoelig en het nie ruimte vir enige iemand wat “anders” is nie. Almal het groen koring op die land – pasop vir Karma!

Gevoelig ·

Jy is reg dit is ‘n vorm van BOELIE! Ongelukkig is boeliery aan die orde van die dag, nie omdat jy transseksueel is nie, maar soms is dit ‘n haarstyl of groot voete of groot ore. Die MRK doen niks aan ander boelies en vernedering by skole nie, nou wil hulle weer aandag trek met die transseksuele ding. Ons was saam met ‘n seun op skool en nooit geweet hy is tweeslagtig nie, ons het dit baie jare nadat ons klaar was met skool eers (vertroulik) verneem van ‘n familielid. So moeg daarvoor dat iemand wat ‘anders’ is altyd ‘anders’ behandel wil word. Sluit aan by die hoofstroom, doen die dinge wat ander kinders doen, lag en gesels, skakel in, jy hoef NIE spesiale behandeling te ontvang nie. Baie kinders word geboelie, nie net transseksuele kinders nie. Dink maar bietjie terug aan jou eie skoolloopbaan hoeveel kinders se name was ORE en DUMBO?? Het hulle MRK toe gehardloop? Die ou KARMA ding raak ook nou afgesaag .. dis maar die verloop van die lewe!

C.I.C. ·

Seshego – hartland van Mnr Malema wat verkondig dat daar nie so iets soos tweeslagtigheid in sy kultuur bestaan nie. Gevolgtrekking: hierdie storie is onwaar.

ASKUUS ·

@Lola – Om transseksueel te wees beteken nie die persoon is tweeslagtig nie. Hoe op aarde kom jy daarby uit? Praat van ‘n insetsel lewer oor ‘n onderwerp waarvan jy geen kennis dra nie. Dit is verskriklik traumaties vir ‘n persoon om transseksueel te wees, laaste wat hul nodig het is om teen gediskrimineer te word.

ArrieNee ·

“ASKUUS”, jy slaan die kop op sy spyker! Kyk mooi na die kommentare, meeste daarvan word gelewer deur mense wat geen idee het waarvan hulle praat nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.