MRK sal Jan van Riebeeck-uitlatings ondersoek

Pres. Jacob Zuma tydens 'n presidensiële komiteevergadering op 8 Oktober 2014 by die Uniegebou in Pretoria Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma tydens ‘n presidensiële komiteevergadering op 8 Oktober 2014 by die Uniegebou in Pretoria Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Die Menseregtekommissie (MRK) gaan die onlangse uitlatings van pres. Jacob Zuma oor Jan van Riebeeck ondersoek na ʼn klag van die VF Plus wat aanvoer dat dit op haatspraak teenoor wit mense neerkom.

“Pres. Zuma het luidens mediaberigte onder meer gesê die land se probleme het begin met die aankoms van Jan van Riebeeck in Suid-Afrika, en wat daarop gevolg het was ‘talle stryde en oorloë en sterftes en die gryp van grond en die ontneming van die inheemse mense se politieke en ekonomiese mag’,” het Anton Alberts, woordvoerder vir die VF Plus, gesê.

Die VF Plus het in sy klag aan die MRK aangevoer die party is van mening dat die uitsprake op rassebasis polariserend is en grof beledigend teenoor alle wit mense in die land is. Alberts het gesê dit is onpresidensieel om sulke uitlatings te maak in ʼn land wat divers is en waar die staatshoof oor almal regeer. “Die gewraakte uitlatings kom op haatspraak neer omdat wit mense die sondebok gemaak word vir alles wat in die land verkeerd geloop het sedert 1652,” het hy bygevoeg.

Alberts het gesê die feit dat die MRK besluit het om die saak te ondersoek, dui daarop dat dié liggaam meen daar is meriete in die klagte. Die uitlatings kan boonop geskiedkundig betwis word en daar kan met reg gevra word of dit die amptelike siening van die ANC is. “Die Menseregtekommissie moet die ANC hieroor konfronteer om vas te stel of die regering vyandskap verklaar het teenoor alle witmense.”

Alberts het benadruk dat die VF Plus die klag nie net namens wit mense indien nie, maar namens alle gemeenskappe in Suid-Afrika wat graag in vrede wil saamleef en vooruitgaan. Hy het gesê dié soort uitsprake is hoogs verdelend en kan veroorsaak dat nie net wit mense in die toekoms geteiken word nie, maat almal wat wit bloed in hulle are het, soos die bruin gemeenskap asook sekere dele van die Khoisan-gemeenskap wat trouens die eerste mense in Suid-Afrika was. “Indien die ANC sou voortgaan op hierdie pad, kan ons begroot vir konflik in die toekoms en sal verskillende gemeenskappe in Suid-Afrika uiteindelik geen keuse hê as om hulself te verdedig deur ʼn vorm van remediërende selfbeskikking op te eis nie. Dit sal hoogs ironies wees as die ANC self eindelik die oorsaak word van ʼn hoogs verdeelde Suid-Afrika. Hierdie klag is juis daarop gerig om die ANC hieroor te konfronteer,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Asjas ·

En vir wie gooi hy so lekker vinger daar? As ek vandag se jong mense reg verstaan dan beteken daai hand gebare iets, en dit is nie mooi nie. Hy is ‘n grap …

Brenda ·

MRK is maar net nog een van die cANCer se pionne, kan nie dink dat hulle regtig die saak sal ondersoek nie.

Marlene ·

Voor Jan van Riebeeck het die land aan die San Boesman behoort. Die Zoeloes en Xhozas het uit die noorde gekom…..wittes het uit die suide gekom. Waar kom die storie vandaan dat die land aan hulle behoort? Behoort die eintlike grond nie aan die Khoi San nie?

Akram ·

Mense dink signal jammers is iets nuut. Dit is eeue gelede al gebruik. Hoe kon inligting anders geblok word? Ek meen, aan die bo punt van die wereld het mense skepe gebou om die wereld te verken. aan die onderpunt het hulle geloop, geen waens of wiele nie. hoe is dit moontlik dat sulke inligting nooit op n ander kontinent ontwikkel het nie? Ek vra myself, myself, hoekom het daai sein nooit verder getrek nie? Dalk het die voorvader geeste iets met te make gehad?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.