MRK sê oor Etzebeth-saak

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Die Menseregtekommissie het Vrydag gesê die hersieningsaansoek is in die Pretoriase hooggeregshof teruggetrek, in oorleg met Eben Etzebeth.

“Die saak sal nou na die gelykheidshof verwys word om spoedig en op ʼn vriendskaplike wyse afgehandel te word,” het Gushwell Brooks, woordvoerder van die MRK, in ʼn verklaring gesê.

“Mnr. Etzebeth en die kommissie is vol vertroue dat dit in die beste belang is van alle betrokke partye.”

Die haatspraaksaak hou verband met ʼn voorval in Langebaan waarin Etzebeth (28) en nog ander mense glo twee mans aangerand en na bewering rassistiese aanmerkings toegesnou het. Etzebeth ontken alle bewerings.

Sy prokureurs het daarna ʼn hersieningsaansoek by die gelykheidshof ingedien waarin Etzebeth versoek het dat die MRK se haatspraaksaak teen hom geskrap word.

Die MRK het al erg onder skoot gekom oor sy hantering van die saak. Die MRK het in Oktober verlede jaar gesê hy ondersoek adv. Buang Jones, sy waarnemende regshoof, se uitlatings op 3 Oktober in Langebaan dat Etzebeth nie met “moord sal wegkom nie” en dat die MRK van hom ʼn “voorbeeld sal maak”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

JJ ·

Vriendelik opgelos haha. Hulle soek geld vir die sogenaamde slagoffers.

JohanR ·

Hoop Eben haal nie gewilliglik geld uit sy sak uit om die twee in Langebaan te betaal nie. Dit sal soos ‘n skuldbekening wees. Iemand moet daai rassis Buang Jones ook vasvat. Hy het mou weer met die Parktown geval soos ‘n sirkus nar aangegaan.

Nugter ·

Adv. Jones, jy en die sogenaamde klaers het julle naam (as julle ‘n naam gehad het) met ‘n plank plat geslaan, net soos die DA met die Schweizer Reneke saak. Alles polletiekery.

Antionette Boshoff ·

Nutter nie met ñ plank geslaan nie maar met ñ Wendy house ek wonder Waar is die Groot bekke nou wat Etzebeth van die begin veroordeel het

johan ·

Mense regte komisie, wat n grap wit mense se regte word vertrap en ons aanvaar dit maar net.

Mieke ·

Johan, ek dink die blanke gemeenskap is al moeg en moedeloos baklei vir hulle regte. Ons het lankal geleer dat dit nie help om te kla nie – ons word net telkens deur die massas uitgestem en as rassiste uitgekryt. Baie van ons het “onttrek” en gaan nou maar eenvoudig aan met die lewe en hou ons nie meer op met die ANC se kinderagtige en rassistiese uitlatings en oordele nie.

Pbb ·

My genade…was alles dan die moeite werd? Of was dit maar net n poging om SA in die wereldbeker te laat ontspoor… ?…n Poging om die Bokke te diskrediteer?

Kobus ·

Pbb, jy is reg.
Dis my opinie dat die jakkalse gedink het hulle gaan Etzebeth uit die bokspan geskop kry en terselfdertyd ‘n klomp geld kry.
Dis mos deesdae die K-woord, H-woord en een van die dae die Z-woord en die X-woord(Zoeloe en Xhosa) maar hulle het ‘n groot probleem met die B-woord(Boere) want ons is dem trots daarop

Oom Johan ·

En toe het die rugbybal nie die harmonie in SA teweeg gebring soos gehoop nie! Hierdie mense sal nooit ooit tevrede gestel word met enige iets nie, behalwe as ons alles vir hulle op ‘n silver skinkbord oorhandig. Etsebeth moet net asseblief nie na hul pype dans nie……

jean lotriet ·

Much ado about nothing.Als is tog so spiël helder.Behalwe vir die opportuniste..

Luke ·

Wonder of daar waarheid steek in die gerug dat die sogenaamde “slagoffers” Etsebeth se kar gekrap het?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.