MRK sleep Eben Etzebeth voor gelykheidshof

Eben Etzebeth. Foto: Twitter

Die Menseregtekommissie (MRK) begin Vrydag in die gelykheidshof met regstappe teen die Springbok Eben Etzebeth.

Dit volg ná die kommissie in Augustus ʼn klag ontvang het oor ʼn beweerde bakleiery buite ʼn kroeg in Langebaan aan die Weskus. ʼn Man beweer hy is deur ʼn groep mans aangerand en rassistiese aanmerkings toegesnou.

Buang Jones, woordvoerder van die MRK, het gesê die kommissie hou ook ʼn openbare vergadering Donderdag om 18:00 in Langebaan by die Seebreeze-saal.

Etzebeth het vroeër ontken dat hy enigiemand aangerand of rassistiese aanmerkings toegesnou het tydens die voorval. Hy het onder meer op sy Facebook-blad op die bewerings gereageer.

“Dit is heeltemal onwaar en ongegrond om te beweer dat ek iemand in Langebaan fisies of rassisties mishandel het, soos op sosiale media berig word. Verskeie getuies kan dit bevestig,” het Etzebeth gesê. “Ek is en sal altyd daarna streef om ’n ware ambassadeur te wees vir hierdie pragtige reënboognasie en die sport wat ek liefhet.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

40 Kommentare

DB ·

Die MRK wil weer die dam ruk. Probeer doelbewus saamsweer teen Eben.

Staan saam ·

Ek sal nie verbaas wees as die MRK van video footage beskik wat Eben as skuldig bewys nie. Dalk het daar iets vooraf gegaan wat Eben uitgelok het wat nie op die footage is nie , maar mense, ons word geviktimiseer en ons moet seker maak dat ons die ordentlike keuse maak…. draai om en loop weg. Om jouself hardegat te hou, die ander een toetesnou en aanterand, gaan jou, jou werk kos, jou toekoms en jou inkomste, om nie te praat van jou reputasie nie. Hierdie tipe goed gaan meer en meer voorkom, wees gereed om jpu rug te draai op die kleinlike, commin aanvalle .

Ryno ·

Mooi beplan sodat dit maksimum skade aan die Bokke se kanse in Japan kan aanrig. Heel voorspelbaar.

Erika ·

As mense begin sensasie soek!! Siestog! Die klomp wat die klag gelê het hoop hulle is seker van hul feite! Hoop nie julle kyk op jul neuse soos Willemse nie. Ek het darem gedink die MRK het groter sake as sensasie soekers..Hulle skree seker vir die All Blacks

AB ·

Ek stem saam oor jou kommentaar maar skree ook vir die All Blacks. Moenie veralgemeen nie.

JohanR ·

My gooiste dit was gou! As dit die EFF of BLF was sou die saak eers in November 2020 in die hof opgeeindig het, as ooit! Moes seker baie erinstige sake eekant toe skyf om Etzebeth se saak voor in die ry te kry. Na die wereld beker is Etzebeth verlore vir Suid Afrika rugby. Geniet jou rugby in Toulon Frankryk Eben. Jy sal dan nie te doen he met die gemors wat SA regeer nie!

Gaitsigubib ·

Om ANC te wees moet mens jou blind hou teen al die verval, geweld en korrupsie, ek het egter nie geweet dat dit alles kom werklik vir hierdie mense normaal voor nie. Dis a.g.v jou wat mense die land verlaat (geleerde goed opgevoede mense), kom jy dit werklik nie agter nie?

Claudia ·

JohanR ek stem absoluut saam met jou!!! Daar wag n Baie Baie beter en goeie toekoms vir Eben in Frankryk.

jaco ·

Vreemd dat die MRK in die bresse tree vir ‘n sogenaamde kleurling, want gewoonlik, wanneer daardie selfde kleurlinge werk soek, hoor hulle dikwels “sorry no job because you are not black enough” of “geen werk vir jou nie want ons personeelsamestelling moet die nasionale demografie weerspieël”.
Ek suig dié goed nie uit my duim nie. Daars TALLE bewyse – selfs hofsake waarby tot Solidariteit betrokke was.
Kortom, kleurlinge en Indiërs ly al amper net so erg soos wit mense onder regstellende aksie en BEE.

Anc skille ·

Haal die skille van jou oë af. Sal. Said. Polisie. Sauk. Of kan ons gemors anders definieer. Jy moet dalk n draai in Singopore gaan maak vir n ondersoek.

Swart Piet ·

Ek wens van harte die MRK is so vinnig om “mense van kleur” ook hof toe te sleep soos hulle ons “wit mense” hof toe sleep.

Jannie Nell ·

Almal weet dit gebeur nie? Word wakker asb mense. Indien jy wit is, is jy gedoem

Onnie ·

Hoe is dit dan dat net Etzebeth uitgesonder word en aangekla word. Volgens die verslag was dit n groep mans, tog is daar nog geen naam buiten Eben s’n genoem nie. Daar word berig dat hulle deur “n groep mans” rassistiese aanmerkings toegesnou is – hoekom dan net 1 in sy persoonlike hoedanigheid aankla?? Is dit omdat net 1 van die mans geld en status het?? Hoop die regter in die saak is oopkop en steur hom nie aan sensasie-en-fortuin soekers nie. Hulle behoort hulle te skaam.

What a joke! ·

Want hul soek net vinnig geld..Hul weet Eben het baie…So hul teiken hom! Hoe kan hul dit bewys tensy Eben erken…???Andersins n geval van hy sê jy sê…Maar natuurlik sal hul hom Eben skuldig vind sonder bewyse..Ons weet by nou al hoe vrot korrup en rassisties anti blank die MRK is!Al bewyse wat hul nodig het is om te se hy is n witman in SuidAfrika!Geval van by verkeerde tyd en plek en verkeerde mense uit op n heksejag wat skuil agter die patetiese eensydige MRK…Eben vat hul hof toe vir naamskending!!!

JV ·

Etzebeth, wanneer jy onskuldig bewys word, vat hulle hof met mening.

Gemaskerde Sopbeen ·

Waarom noem hulle dit ‘n “gelykheidshof” as niemand in hierdie land gelyk is nie?

Dries du Toit ·

Eben,as hulle jou trug roep SA toe,laat hulle betaal vj kaartjie.Dan,koop kaartjie vir jouself Dubai toe,boek in n hotel in ,en gooi toffies die kant toe.Te hel met hierdie patete en rassiste

Jakes ·

Sal die MRK asb al die name vrystel wat neerkom op rassisme? Publiseer dit asb in boekvorm want sekerlik sal dit meer as n duisend bladsye beslaan. Pleks dat die MRK liewer hul aandag aan belangriker sake bestee as kleinlike argumente. Die vergoeding wat die MRK maandeliks ontvang regverdig n beter diensprestasie want belastingbetalers betaal hul salarisse.

Ai a joke! ·

Dankie Jakes..Tot vandag toe nog het ek nie geweet hotentot is rassisties nie..Ek dog dit is in dieselfde klas as Afrikaner of Engelsman of Zulu of so.So wat van Dutchman en rysmier jou boer en Jou Jan van Riebeeck en landthieve ens??? Is dit nou ok rassisme of dek die wet nie daai kant van rassisme nie??.Ek stem laat hul nou asb n boek saam stel met die name wat nou taboe is sodat ons kan weet wat ons mag spreek en wat nie??? Of is dit n geval dat hulself nie weet nie en so besluit op die ingewing van die oomblik om geld uit die blankes te kan maak??

Schalk ·

Dis tyd dat die MRK hof toe gesleep word. Want hulle Rassistiese onderrok hang nou bietjie ver uit!

George in Bloem ·

Waar sal die groot fris slot iemand pak saam met ‘n klomp ander? Rerig? Ek hoop sodra die gemors uitgesorteer is en hy is onskuldig dagvaar hy die rook uit hierdie spul onbevoegde patetiese rassiste. Die spul weet hoe om enige normale rustige persoon se blerrie bloeddruk op te jaag.

SjN ·

Speaker Modise het nie opgedaag vir haar diere mishandeling saak wat al jare duur weens parlementêre verpligtinge nie, so hulle kan wag tot na die wêreld beker. Sterkte.

Skepties ·

Die berigte sê “n man het beweer…..” Hoekom word hierdie lafaard se naam nie genoem nie, maar Eben s’n wel?

Werner ·

Onnie, jou waarneming is in die kol. Ek verneem die dronkerige groep het aanmerkings/opmerkings gehaal teenoor Eben se groep. Toe skielik besef een dronkie dis mos Eben, die springbok, en toe laat waai hulle met erger toesnouery. Soveel so dat hulle n baksteen en wynbottels na Eben se mustang geslinger het.

Stuiwer ·

Werner, ek neem aan jy was daar? Indien nie, kan jy nie aannames maak nie. Kom ons ALMAL wag vir die feite.

Deborah ·

Die Rassespanning gaan nooit stop nie,Die verskillende kleurgroepe sal nooit tot een beslissing kom nie.Dit is soos dit is,sit net n wag voor jou mond.Ons kom kry dit so toe ons grootraak en dit gaan so bly.

DC ·

As ek Eben is, wys ek hulle n lang vinger en wyk uit na Australia of elders. Ons weet mos wat die uitslag gaan wees. Sal nie tyd mors vir verweer voor eenogige dwase nie.

Bosvark ·

As hy die ou aangerand het sou hy nie in staat gewees het om te eet, praat of dink nie. Is sy kakebeen af en het hy n gekraakte skedel. As hy nie die simtome het nie was dit nie Eben nie.

Tinus ·

Leë blikke maak die grootste geraas ! Dis hierdie kleinlikheid wat die rassespanning verder opjaag , ongelukkig wat die MRK se doel is, mos waarvoor dit gestig is.

Lagwekkend ·

MRK is meer besorgd oor vals rassisme aantuigings as wat hulle sal leiers aanvat wat openlik op die politieke verhoog Blatante rassisme aanspoor.

Sinies ·

Gee MRK genoeg tou, hulle is besig om hulself op te hang!

Bring hulle misbruike onder die aandag van buitelandse gemeenskap, die wereld daar buite is vinnig besig om te verander. Sterkte aan die werklike slagoffers van die MRK se misbruike.

GL ·

Eben het meer as een brein sel, hy gaan nie op die manier sy loopbaan op dinges nie. Dit is die rassiste met n halwe brein sel se werk hierdie.

Jerry ·

Die ANC/eff is n snaakse spul wat agv jaloesie/wraak/onverdraagsaamheid, alles wat werk wil verander deur dit wat werk te probeer kaap/vernietig (your heritage is my slavery). As dit is wat ons erfreg aan die ANC/eff se psige veroorsaak het, dan moet n mens besef dat die ANC/eff/alliansievennote n siek spul is met n siekte waarvoor daar nie medisyne is nie en dan moet n mens besef dat dit verstandig is om daarteen te waak om nie in die versoeking te kom om met hulle te bots nie, veral as jy dit eerder kan vermy om nie met hulle soort te assosieer en te meng in uithangplekke in die vroee oggend ure nie. Wanneer een vrou in n winkel vir haar vriendin vra om asseblief vir haar n mandjie aan te gee en n ANC kader vrou begin op haar gil en skreeu en beskuldig haar valslik daarvan dat sy haar n monkey genoem het, dan moet n mens besef dat kaders net hoor wat hulle graag wil hoor en dat hulle daarop uit is om diegene op wie hulle jaloers is, valslik te beskuldig, te verneder en finansieel te ruineer. As n mens dus in jou passoppens moet wees in n winkel, dan moet jy soveel te meer in jou passoppens wees in n kroeg in Langebaan! JM het namens die eff en anc gese dat sy mense gaan vir ons mense kom, wat Eben insluit. Ons en Eben kan dus nie se dat ons nie gewaarsku was nie!

John Ferreira ·

Die MRK het ‘n instansie geword wat daartoe verbind is om al wat witmens is te vervolg.
Afriform moet bietjie hulle sake gaan bloot lê

Gert ·

Nooit!!! Nooit dronk, nooit verkeerd, nooit skoorsoekend, nooit uit sy plek, nooit tartend nie!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.