MRK sleep Malema hof toe oor Twitter-uitsprake

EFF-leier Julius Malema. (Foto: EFF)

Bykans ʼn jaar nadat Julius Malema, uitgesproke leier van die EFF, en sy party verskeie omstrede aanhalings van die gewese Zimbabwiese president, Robert Mugabe, op Twitter en Facebook gedeel het, sleep die Menseregtekommissie (MRK) hom nou daaroor na die gelykheidshof.

Die gewraakte stellings sluit in “die enigste wit man wat jy kan vertrou is ʼn dooie wit man” asook die stelling “ons party moet voortgaan om vrees in die hart van die wit man, ons werklike vyand, in te boesem”. Luidens die MRK se hofstukke is dié aanhalings twee van vier wat die Gelykheidswet oortree en neerkom op haatspraak.

Malema het ʼn video met ʼn reeks foto’s met bekende aanhalings van Mugabe op 14 September verlede jaar gedeel. Dit verskyn saam met die EFF se logo op die video.

“Die stellings kom neer op haatspraak teen ʼn rasgroep (in hierdie geval wit mense) wat verbied word deur art. 10 van die Gelykheidswet. [Die stellings] val dus buite die raamwerk van die reg op vryheid van uitdrukking soos vervat in art. 16 van die Grondwet,” lui die hofstukke.

Die MRK voer aan die stellings bevorder haat op grond van ras, hits aan om skade te berokken, is onbillike diskriminasie op grond van ras en versprei inligting wat onregverdig diskrimineer.

Die organisasie vra die hof onder meer om te beveel dat die stellings binne 24 uur ná die hofbevel van die EFF se sosialemediaplatforms verwyder moet word en dat Malema en die EFF die stellings onvoorwaardelik moet terugtrek en om verskoning daarvoor vra.

Die video met die stellings is steeds op Malema se Twitter-blad sigbaar.

Ten spyte van groot openbare woede en klagtes het Twitter destyds beslis die aanhalings oortree nie enige van sy reëls nie.

Die twiet is destyds skerp veroordeel, ook deur Atholl Trollip en dr. Roy Jankielsohn van die DA. Jankielsohn het ʼn klag van haatspraak in die gelykheidshof in Bloemfontein teen Malema aanhangig gemaak, terwyl Trollip op Twitter teen Malema uitgevaar het.

“Malema se uitlatings is nie net aanstootlik, ongrondwetlik en afskuwelik nie, maar is ook opruiend, wat gevaarlik is,” het Trollip toe gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Estelle ·

Hy moet toegesluit word en die sleutel weggegooi word. Hoe kan hulle net se hy moet onverskoning vra en dan gaan hy maar net aan met wat hy besig is om te doen. As ons net iets sê dan word ons as rassisties deur hulle gesien en dis hof en tronk sake. Dis bitter onregverdig dat hulle niks oorkom en maar kan sê wat hulle wil en daar word niks aan gedoen nie en ons moet maar tevrede wees nie. Ons het mos ook ons regte! Dis mos n vry land wat aan almal behoort!

Chappie ·

En so raak almal opgewonde, uitstelling op uitstelling en ‘poof’…daar het almal weer vergeet en nog niks het weereens met hulle gebeur nie

jzjz05 ·

Telaat MRK om nou eers waker te skrik drae geen water meer nie.ek glo as dit n wit man is wat dit getwit het sou hy lankal R150,000 beboet gewees het of 3jaar tronk straf gekry het.(Ek Verwys na wat al gebeur het) Daar was ook al so n hof uitspaak wat n persoon aan gese het om alle witmense omverskooning moes vrae en daar het net dadels daarvan gekom.

Dirk Mostert ·

Daar is ander vorms van haatstigting, soos die minister wat ons erfenis (standbeelde, museums, plekname) wil uitskakel.

Persheks Adri ·

Jammer sê nee ek dink nie so nie! Hierdie rooi petters kom letterlik met moord weg! Ek gaan nie asem op hou nie ons weet die MRK is ook rassisties teenoor ons… Laat 1 van ons dit sê dan sit ons

Ansie ·

Dis sal seker net ‘n oortreding van twitter se reëls wees as witmense so van swartmense praat.

Keelvol ·

Daar sal niks van kom nie. Laat ons nou nie “hare” daaroor kloof nie.

Johan ·

The EFF should be removed as a political party and be seen as a terrorist organisation.

Kokerboom ·

Bly die MRK het bygekom. Ek wens die media wil ophou dekkig gee aan die skurk!!!

daniel ·

Alhoewel mens nie veel notisie kan vat van wat Malema kwytraak nie, is sy uitlatings egter gevaarlik aangesien sommige van sy ondersteuners dit ernstig mag opneem.

christo ·

Die MRK is partydig. Meeste van die sake wat deur die MRK is die sogenaamde ‘ wit teen swart ‘ diskriminasie of rassistiese optrede. Swart teen wit sake word slegs ondersoek wanneer drukgroepe soos bv. Afriforum intree.

Wesie ·

Daar gaan niks van kom nie julle mors tyd en hits die mense net meer aan. Hulle is lankal in beheer en hierdie aaanklaery is vir him vet pret hy kom weg met als.

Moedeloos ·

Ons nasie word summier opgesluit maar ander kom net weg met alles.

Wat op dees Aarde ·

So Penny Sparrow moet tronk toe gaan en die idioot moet net sy woorde terugtrek en on verskoning vra? Dubbelstandaarde is aan die orde van die dag.

Danie ·

Ekskuus?
Om verskoning vra?
Is dit dan nie mal ema wat gesê het (wit) mense kan nie net verskoning vra en dink alles stop daar nie?
Die betaal gedeelte soos in Clicks se geval kan seker op hom ook van toepassing gemaak word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.