MRK stel plaasmoorde-verslag bekend

Foto: AfriForum

Foto: AfriForum

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (SAMRK) gaan Donderdag ’n verslag oor misdaad in landelike gebiede bekendstel.

Die verslag wat by ’n konferensie in Johannesburg bekendgestel sal word, word uitgereik ná afloop van die openbare verhore wat in 2014 deur die SAMRK gehou is oor aanvalle en moorde op plase. Die verslag bevat ’n reeks aanbevelings wat deur die regering en ander rolspelers uitgevoer moet word.

AfriForum het verlede jaar ʼn formele versoek by die kommissie ingedien wat vra dat ’n openbare verhoor oor plaasmoorde gehou word. Die kommissie het in Julie 2014 tot die openbare verhoor ingestem.

Die MRK-verslag sal ook Donderdag aan die regering oorhandig word. In die verslag word politici gekritiseer omdat hulle hul nie sterker teen plaasmoorde uitspreek nie. Dit verskaf ook die redes wat gewoonlik as amptelike redes vir plaasaanvalle aangegee word soos dat misdadigers plase as maklike teikens beskou en dat misdadigers glo hulle sal nie gevang word nie.

AfriForum en TLU SA se syfers dat daar sedert 1990 reeds 1 700 boere en hul gesinslede op plase vermoor is – teen ’n koers van vier keer meer as die land se hemelhoë moordkoers – is by die verslag ingesluit.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Deon ·

Dit is nou tyd dat die families van vermoordes die regering dagvaar vir verliese.

Theresa ·

Dink in die geval van enige moord/verkragting/kindermishandeling/dwelms : Gesigte in openbare plekke vertoon. Indien vininge ontslag of ontsnapping, is die publiek ingelig en kan mense bedag wees. Dis tog ook minder lekker om te weet die samelewing weet. Die meer vername oortreders se gesigte is aan publiek bekend. Stel nou die ou wat nie presteer of in regering sit nie, ook aan publiek bekend.
En wat van ‘n spesiale mag te perd en quads wat opgelei word (broodnodig – nou net nie ploerte wat net pay trek en niks wil werk nie, asb!) trotse mense wat werkstrots ook het. Ontplooi dié mense om plaas-areas en ook landelike gebiede te patroleer. Uitstekend toegerus, sodat as daar ‘n probleem is, hul kontak kan maak om die gemors te omsingel. Enige land wat sy kop kan hoog hou, sal na sy boeregemeenskap omsien. Nie eers nadat als oorhandig is aan eisers nie. Nou al – ook dié wat ten duurste die plase in die verlede aangekoop het, hard daarop gewerk het en suksesvol was/is. Dis tog ‘n grondwetlike voorreg – die beskerming?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.