MRK steun plaaswerker wat glo ontlasting moes drink

Menseregtekommissie

Die Menseregtekommissie (MRK) ondersteun ʼn plaaswerker wat beweer hy is glo deur lede van ʼn gesin gedwing om ontlasting te drink.

Die MRK het die hofverrigtinge vir die werker teen die eienaars van die plaas in die gelykheidshof geïnisieer.

Die werker beweer lede van die gesin het hom na bewering op 9 Desember gedwing om ontlasting uit ʼn houer te drink voordat hulle hom glo in ʼn septiese tenk op hul grond buite Springs in Ekurhuleni probeer verdrink het. Die lede van die gesin word onder meer van crimen injuria aangekla.

Die kommissie het ʼn maand later, ná druk van die EFF, van die beweerde voorval verneem en stappe gedoen.

“Die saak het op 14 Mei voor die gelykheidshof tydens ʼn sitting in die Springs-landdroshof begin. Aan die begin van die verhoor is die publiek en media verbied om die verhoor by te woon,” het Buang Jones, provinsiale bestuurderder van die MRK, gesê.

“Ná ʼn behoorlike regsvoorlegging deur die kommissie kan die media en publiek nou die verhoor bywoon.”

Die res van die verhoor is vir Maandag, Dinsdag en Woensdag op die hofrol van die Springs-landdroshof geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Grotman

As dit waar is dan moet hulle kry wat hulle verdien. Dit is ook van uiterste belang dat die hof baie seker maak dat dit nie n opgemaakte storie is nie.

Swannie

`n Mens moet ook nie als glo wat gesê word nie.
Agt persone het beedigde verklarings afgelê hoe hulle op Burgermeester Trollip se plaas mishandel was – en toe kom dit uit hulle was nooit eens werkners daar nie !!

SjN

Dit is n stink storie

Gemaskerde Sopbeen

Die MRK het volgens die konstitusionele artikel 184.2(b) ALLE wat nodig is om mense, wie se mense regte geskend is, by te staan om restitusie en kompensasie te bekom. Hoe kry mens restitusie en kompensasie as jou geliefde vermoor is? Jy kan nie….maar die 2de beste ding is om die naasbestaandes van die vermoorde persoon kwyt te skeld van enige vorm van belasting aan die staat……..wie se eerste konstitusionele plig dit is om die burgers van SA te beskerm en beveilig. Tans kry die regering, vir elke persoon wat vermoor word, ‘n hand vol boedelbelasting na die tragedie plaasgevind het….DIT… Lees meer »

Koos de Meyer.

Dis maklik om stories op te maak vernaam as dit teen wit mense is. ‘n Mens moet maar die geloofwaardigheid daarvan betwyfel. Hoop maar geregtigheid geskied.