MRK steun plaaswerker wat glo ontlasting moes drink

Menseregtekommissie

Die Menseregtekommissie (MRK) ondersteun ʼn plaaswerker wat beweer hy is glo deur lede van ʼn gesin gedwing om ontlasting te drink.

Die MRK het die hofverrigtinge vir die werker teen die eienaars van die plaas in die gelykheidshof geïnisieer.

Die werker beweer lede van die gesin het hom na bewering op 9 Desember gedwing om ontlasting uit ʼn houer te drink voordat hulle hom glo in ʼn septiese tenk op hul grond buite Springs in Ekurhuleni probeer verdrink het. Die lede van die gesin word onder meer van crimen injuria aangekla.

Die kommissie het ʼn maand later, ná druk van die EFF, van die beweerde voorval verneem en stappe gedoen.

“Die saak het op 14 Mei voor die gelykheidshof tydens ʼn sitting in die Springs-landdroshof begin. Aan die begin van die verhoor is die publiek en media verbied om die verhoor by te woon,” het Buang Jones, provinsiale bestuurderder van die MRK, gesê.

“Ná ʼn behoorlike regsvoorlegging deur die kommissie kan die media en publiek nou die verhoor bywoon.”

Die res van die verhoor is vir Maandag, Dinsdag en Woensdag op die hofrol van die Springs-landdroshof geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Grotman ·

As dit waar is dan moet hulle kry wat hulle verdien. Dit is ook van uiterste belang dat die hof baie seker maak dat dit nie n opgemaakte storie is nie.

Opgemaak ·

Dis opgemaak en verwag baie meer sulke valse beskuldigings.

Wonder net ·

Wie se dis waar? Dalk was dit nie blankes wat hom dit maak drink het nie! Ek weet dis n algemene straf onder ander kleuriges.

Gollie ·

wonder net dis n algemene verskynsel by die Blanke ras om ander mense so te bully

Swannie ·

`n Mens moet ook nie als glo wat gesê word nie.
Agt persone het beedigde verklarings afgelê hoe hulle op Burgermeester Trollip se plaas mishandel was – en toe kom dit uit hulle was nooit eens werkners daar nie !!

Gemaskerde Sopbeen ·

Die MRK het volgens die konstitusionele artikel 184.2(b) ALLE wat nodig is om mense, wie se mense regte geskend is, by te staan om restitusie en kompensasie te bekom. Hoe kry mens restitusie en kompensasie as jou geliefde vermoor is? Jy kan nie….maar die 2de beste ding is om die naasbestaandes van die vermoorde persoon kwyt te skeld van enige vorm van belasting aan die staat……..wie se eerste konstitusionele plig dit is om die burgers van SA te beskerm en beveilig. Tans kry die regering, vir elke persoon wat vermoor word, ‘n hand vol boedelbelasting na die tragedie plaasgevind het….DIT IS ONAANVAARBAAR!!!

Koos de Meyer. ·

Dis maklik om stories op te maak vernaam as dit teen wit mense is. ‘n Mens moet maar die geloofwaardigheid daarvan betwyfel. Hoop maar geregtigheid geskied.

wewer ·

laat die klaer asb gekoppel aan n leuenverklikkertoestel getuig. klink vir my na strooi og na mense wat nie lekker bokant die tanne is, wat so iets sal doen. hoe kanjyself n mens wees as jy iemand anders so “ontmens”? stuur hulle esidimeni toe.

White Rhino ·

Dit is seker die grootste pot bollie wat ek nog gehoor het.hy sal onder kruisverhoor uitgevang word.

tamboti ·

As ek reg onthou, is dir beskuldiges in die saak nie blankes nie. Daarom is daar nie reeds poging tot moord aake nie.

Alida ·

Wie doen sulke walglike goed. Toets maar eers vir die waarheid. In SA doen mense baie barbaarse goed maar hierdie klink nie waar nie.

Bernard Hellberg ·

Bewerings word by die dag meer bisar – en ‘n “special of stupid” wat dit glo

Sinies ·

Tensy die bewerings een, een duidig bewys kan word, glo ek die verdedigende party.
.
n Baie groot fout tans, is dat valse bewerings/getuienis nie vervolg en swaar gestraf word nie.

E ·

Ok, alles goed en wel maar ondersteun die MRK die minderneidsgroep se uitwissing?

GM ·

As die gesin hom probeer verdrink het, hoe het hy dan ontsnap? Dit sou nos nie maklik wees nie? Mense vang dom goed aan, maar as jy in vandag se tyd só iets aanvang, dan moet jy beslis ‘n ‘special kind of stupid’ wees. Die feit dat die EFF ook alweer betrokke is, laat my nog meer wonder of dit waar kan wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.