MRK-verhoor: ‘Almal word nie oor selfde kam geskeer’

Ernst Roets by die SAMRK-verhoor (Foto: Reint Dykema)

Ernst Roets by die SAMRK-verhoor (Foto: Reint Dykema)

Wit mense het geen vertroue in gesprekke oor rassisme nie omdat almal in die land nie oor dieselfde kam geskeer word nie en baie media-huise selektief is in hul verslaggewing oor rassisme.

Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, het dié stelling Donderdag gemaak in sy voorlegging by die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) se verhoor om ʼn oplossing vir rassisme te probeer vind.

Die verhoor, wat vir twee dae geskeduleer is, het Woensdag by die MRK se hoofkantoor in Braamfontein, Johannesburg, afgeskop.

Die MRK hou die verhoor om verskillende staatsdepartemente, instellings en nieregeringsorganisasies se menings oor rassisme en sosiale media in Suid-Afrika in te samel.

Prof. Cathi Albertyn en afgevaardigdes van die departement van justisie en grondwetlike ontwikkeling, Nasionale Vervolgingsgesag, FW de Klerk-stigting, Freedom of Expression-instituut, Facebook, Ahmed Kathrada-stigting, Nelson Mandela-stigting, Helen Suzman-stigting, Suid-Afrikaanse Polisiediens, departement van kuns en kultuur, CRL-kommissie, AfriForum, Onafhanklike Kommunikasie-Owerheid van Suid-Afrika, departement van basiese onderwys en departement van hoër onderwys en opleiding het almal voorleggings oor die kwessie ingedien.

“Geweldmisdade, waar wit mense die slagoffers en swart mense die oortreders is, word in die meeste gevalle as ʼn ‘gewone misdryf’ afgemaak, selfs wanneer daar bewyse is dat ʼn rassistiese anti-wit agenda die motief vir die misdryf was. In gevalle waar ʼn wit persoon die oortreder en ʼn swart persoon die slagoffer is, word dit egter summier as ʼn daad van rassisme bestempel, selfs in die afwesigheid van enige bewyse van rassisme,” het Roets tydens sy voorlegging gesê.

In sy aanbieding het Roets verskeie vergelykings gemaak om te illustreer dat wit rassisme aggressief veroordeel word, terwyl swart rassisme dikwels oorgesien word.

“Dit is eksponensieel erger en volgens die media ook meer betreurenswaardig, om in Suid-Afrika vir ʼn swart skoolmeisie te sê sy mag nie haar hare in ʼn Afro skool toe dra nie, as wat dit is vir ʼn swart persoon om vier wit mense te vermoor en dan in die openbaar te sê hy het dit gedoen omdat hulle wit was.”

Roets het ook die uitsprake van die ekonoom Chris Hart en Lulu Xingwana, minister van vroue, kinders en mense met gestremdhede, met mekaar vergelyk.

“Die voormalige Standard Bank-ekonoom Chris Hart is berispe en uiteindelik afgedank omdat hy ʼn ekonomiese waarneming getwiet het – gebaseer op sy navorsing – dat baie swart Suid-Afrikaners ʼn geregtigheidsmentaliteit (entitlement mentality) het, wat ʼn negatiewe uitwerking op ekonomiese groei het.

“Aan die ander kant het Xingwana valslik op internasionale televisie verklaar jong Afrikanermans word in die Calvinistiese geloof grootgemaak en glo hulle besit vroue, kinders en alles en mag ʼn lewe neem omdat hulle dit besit. Hoewel Xingwana om verskoning gevra het, gaan sy steeds voort met haar pligte in die kabinet.”

Roets het ook beklemtoon hoe anders die reaksie sou wees as ʼn wit persoon dieselfde uitlatings as Xingwana gemaak het. Hy het ook gesê hy beskou haar uitlatings as uiters aanstootlik omdat dit die kern van sy identiteit as ʼn Afrikaner beledig.

Roets het gesê AfriForum sal voortgaan om rassisme te beveg en aan gesprekke oor rassisme deel te neem. Die organisasie sal ook binnekort die besonderhede van ʼn verskerpte veldtog teen rassisme aankondig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

Paul ·

Die uitdrukking is “oor die kam geskeer”, nie “onder” nie. In die artikel is dit korrek, maar die opskrif is verkeerd.

Mariné Lourens ·

Dagsê Paul

Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die opskrif is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Hendrik ·

ek voel aan my bas dat daar nog nooit soveel rasisme in die ou tyd was soos tans nie. as n wit mens net sy neus vryf is rasisme aan die groot klok deur die swart mense. soos die man in die kaap wat n hel se bohaai gemaak het omdat die kelner aangedui het hy is swart. belaglik verby. en hulle is suksesvol daarmee. ons swig te makllik en te gou

Riaan ·

Die blerrie grondwet is rasisties man, soek die woord “Black” in hom en jy sal dit ‘n paar keer kry…

Jordaan ·

Ja, die sogenaamde “regverdige diskriminasie” wat in die grondwet ingeskryf is, is die groot euwel. Enigiemand mag teen ‘n wit mens diskrimineer, omdat dit “regsteling” van die verlede is – maak nie saak dat die betrokkenes nog nie eers gebore was voor apartheid tot ‘n einde gekom het nie!

Jan maak n plan ·

Soos gewoonlik sal.die MRK nie juis ag slaan.op die waarheid nie.

Alida ·

Die MRK is almal Z pionne. Hulle luister nie eers na ons nie. Walglik.

dirk L ·

Dit is ‘n pad wat ons loop. Hopelik speel dit al hoe duideliker af in wereldnuus. Sanksies uit die buiteland sal die regering onder druk sit. mens kan hoop dit vorder in daardie rigting. Betaal jou ledefooi aan groepe wat veg vir gelykheid en menseregte. Verskaf werk aan mense wat die werk kan doen

Manie ·

Dit begin alles by die leun wat swart mense en hoofsaaklike swart politieke partye verkondig in die media dat swart mense nie rassiste kan wees. Die probleem is n leun wat lank genoeg verkondig word naderhand n halwe waarheid word

Jd ·

Wat help dit jy se dit vir MRK hulle is deel van die probleem. As dit wit op swart rassisme is onderdoek hulle dadelik. As dit swart op wit rassisme is san se hulle n klag moet eers gele word. MRK is net n velenging van die ANC en hulle anti wit beleide.

Ouboet ·

Ek stem 100% saam en selfs maroela media maak hulle skuldig hieraan

Dan ·

Wat Ernst Roets die MRK meegedeel het, is korrek – maar dit is tydmors. So goed as om vir wolf te vra hoekom hy skape steel.

John ·

Net die woord ‘ras’ skok deesdae en is regoor die wereld tans ‘n vloekwoord. Gelykmaking is die hoofdoel van die Nuwe Wereldorde. Wit mense moet glo ‘aarde toe gebring word’. Afro-‘iets’ is veral ‘n ideaal. Buiten dat wit mense die onderspit moet delf word rassevermenging as oplossing gesien vir die probleem en doen hogeres en rykes regoor die wereld aan die mode mee. Die teiken van wit as die sg arrogante ‘supreme race’ gaan nog skokkende vorme aanneem en nie net hier nie. Wit velle gaan skaars word. Onthou ook hoe daar ‘n tyd gelede aangevoer is dat alle sg wit mense in SA eintlik gemengde bloed het? Hoe dan nou?

Jane ·

EK stem 100% saam. Al die FB inskrywings van blankes word uit verband uitgeruk ook so die doodskis voorstel en jagongeluk voorval. Hierdie mense word almal vir rassisme aangekla, sommer deur politieke partye en enigeen wat sy oë daarop lê terwyl al die haatspraak voor howe en haatspraak op FACEBOOK geignoreer word as dit teenoor blankes is. Growwe rassisme en dreigemente om gruweldade met wittes te pleeg word oorgesien. Afriforum moet hulle aankla, geen politieke party of verteenwoordiger of MRK kyk eers tweekeer daarna nie en daar is GEEN gevolge vir swart rassiste nie. Blankes het dus GEEN vetroue in die MRK of enige regstelsel wat hulle benadeel nie. MRK sloer met swart rassisme, maar wit rassisme word onmiddellik aangespreek.

Afrikaanse Knaap ·

Ou Ernst bly darem maar ‘n yster. Ek het baie respek vir kalmheid en helder denke, dikwels terwyl mense hom is sy gesig beledig. Dankie vir die goeie werk Ernst. Jy vat raak.

Tali ·

Namens my gesin sê ek ook dankie aan Ernst vir hoe hy ons kant stel. Soms dink ek net dat wanneer “die ander” gekonfronteer word deur sulke klaarblyklike redelikheid, bedaardheid en intelligensie, vergeleke met hul eie manier om (dikwels) aggressief, luidkeels en vingerwysend te praat, dan kook hul haat en woede nog meer oor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.