MRK veroordeel Malema se uitlatings op sosiale media

Julius Malema, die leier van die EFF. Foto: ANA.

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het Dinsdag gereageer op uitlatings wat EFF-leier Julius Malema verlede week op die sosiale netwerk Twitter gemaak het en het dit as haatspraak bestempel.

Op 14 September het Malema, ná die dood van oudpres. Robert Mugabe van Zimbabwe, ʼn reeks foto’s getwiet met bekende aanhalings van Mugabe. “Die enigste wit man wat jy kan vertrou, is ʼn dooie een,” is onder meer getwiet.

Die kommissie het dié twiet en uitlatings ten sterkste veroordeel en gesê dat dit rassespanning verskerp en verdeling saai. Die saak sal na die gelykheidshof verwys word, het die MRK gesê.

“Ons is uiters bekommerd oor die uitlatings omdat ons al male sonder tal nadruk gelê het op die feit dat politieke leiers moet besef hul woorde het trefkrag en dat hulle daarvoor verantwoordelik gehou kan word,” het die MRK in ʼn verklaring gesê.

Die twiet is ook deur Atholl Trollip en dr. Roy Jankielsohn van die DA veroordeel. Jankielsohn het ʼn klag van haatspraak in die gelykheidshof in Bloemfontein teen Malema aanhangig gemaak, terwyl Trollip op Twitter teen Malema uitgevaar het: “Malema se uitlatings is nie net aanstootlik, ongrondwetlik en afskuwelik nie, maar dit is ook opruiend, wat gevaarlik is.”

Nie Malema se eerste keer nie

Dié twiet is nie die eerste voorval waarin Malema teen wit Suid-Afrikaners uitvaar nie. In Mei 2016 het hy aan sowat 800 ondersteuners by die Edendale-gemeenskapsentrum gesê dat hy “die wit man se vrede sal versteur. [Hulle] is al vir té lank gemaklik …”.

Hy het ook by dié geleentheid gesê dat die EFF nie die slagting van wit mense aanmoedig nie, “ … wel, ten minste nie nou nie”.

Die kommissie het vroeër vanjaar bevind hierdie uitlating van Malema kom nie op haatspraak neer nie.

Verder het Malema al menige kere uitsprake gemaak teen wit monopolie kapitaal en dat die EFF sal “vat” wat hom toekom: “ … maar wees gewaarsku, die wit minderheid, ons sal ons land terugvat, maak nie saak wat nie …”.

MRK ondersoek moontlike mediaverbod

Die MRK het verder gesê hy oorweeg dit ook om die EFF se planne om mediahuise by die party se byeenkomste te verbied te ondersoek. Verskeie media-instellings het verlede week berig dat Malema by Mugabe se begrafnis aan ondersteuners gesê het dat die amaBhungane en Daily Maverick se joernaliste verbied sal word.

“Die kommissie sal die moontlike oortreding van vryheid van spraak onder art. 16(1) van die Grondwet ondersoek,” het die MRK bygevoeg.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

50 Kommentare

Joan ·

Hy herrinner my aan ñ miskruier, hy stoot altyd ñ bol mis voor hom uit en sonder sy bol mis is hy niks.

Gaitsigubib ·

Werner, Peter Mokaba was waarskylik op die selfde dieet.

Patch ·

Aangsien die MRK so “uiters bekommerd” is oor die uitspraak, kom ons hoop die gelykheidshof voel dieselfde en doen its daadwerkliks daaraan. Die mannetjie dink hy is untouchable en moet n les geleer word vir eens en vir altyd.

Jackie ·

Ek het so nare gevoel dat Malema met een oog oop moet begin slaap…

wilma ·

Hoekom betaal hy nie die geld trug van VBS bank nie. Is die meeste van dai kliente dani sy mense gewees nie. Hyt nix gevoel om dai mense wie hul hardverdiende geld wou spaar syne te maak nie.

Cherokee ·

Nou weer tyd om ‘n ander een uit te dink spook. Kan nie vashaak by dieselfde ene nie.

se net ·

Mag ek vra of is jy ook een van daai wat dink dat engels jou n hupstoot gee of jou “fensie” laat voorkom.

KrokodilBotha ·

MRK !! Gits byt vas Noord Kaap , Karoo, en Limpopo daars goeie reen oppad.

Nicholaas ·

Hoekom kry hy nog enige lugtyd?

Sonder ‘n gehoor het hy niks om te sê nie!

jaco ·

waarom val hulle ons nie net finaal aan en deporteer ons na ons lande van herkoms nie? bly ook maar net by praat praat praat. deportering na amerika, nederland of duitsland sal my BAIE goed pas

Manie van Worcester ·

ek sal vir hulle alles wat ek het brandsteek en net met die klere wat ek aan het klim Nederland toe, of waar ookal

Gert van Wierdapark ·

Die swerkater moet van aanhitsing om te moor aangekla word. Dis tyd dat die sogenaamde leier van die Rooikappie-brigade, BEHOORLIK ( sonder handskoentjies) aangetrek en vervolg word sodat hy n ware lyer kan word!

JR ·

Miskien moet ons sy herkoms ondersoek want hy kan nie n gebore SA wees nie

Gert ·

MRK?? ‘n Liggies klop op die skouer, kameraad!! As jy wit was, dan was jy al lankal gebêre.

Fanie ·

Ag dis ‘n baie onoorspronklike stelling. My oor grootjies het dit al jare gelede gesê. Net anderkant om. Dink iets nuuts uit, jy met die pet.

Keelvol ·

Die MRK bestempel sy uitsprake as haatspraak.
Wanneer gaan iemand optree en hom ‘n oranje oorpakkie laat aantrek?

Mariki ·

Nou toe, ons wag vir vervolging…. ag, damn, vergeet hy is mos swart…

Ig ·

Ek hoor hy het net 3 vakke op skool gehad en hy het 1 E en 2 F’s vir hulle gekry. I rest my case!

Jordaan ·

Die tarief is mos R150000 boete, en ‘n strafregtelike verhoor, of hoe dan, MRK?

Nicholaas ·

Ek verstaan nie hoekom die media nog enigsins die nar(of enige van sy eweknie) enige lugtyd gee nie.

Sonder ‘n gehoor het hy niks te sê nie….en niemand wil sy versinseins hoor nie!

Awie Opperman ·

Wel, dit is ‘n probleem dat jy dink dis onnodig om hierdie berig te skryf. Die mannetjie, soveel soos ek hom minag, is die leier van die derde grootste politieke party in Suid-Afrika. Wanneer so ‘n “prominente” persoon die landswette oortree, sou ek graag daarvan wou weet en sien dat hy vervolg word.

PJC ·

Ja Fanie hoe laat jy my nou lag. Daardie is ń ou bekende sê ding.

Christa ·

Daar word net nooit teen die rassis op getree nie. Hy is Mos kroonwild. Hy sê en doen net wat Hy Wil.

aj ·

As die liggewig “commander” voorgee dat hy kan ‘boks’ teen swaargewig opponente … dan dink hyself (en goedgelowige volgelinge) hy is GROOT!

Selfs die breindood media dink so?

Ignoreer net die liggewig fake soldaatjie?

Werner ·

Ek onthou n joernalis het op n keer vir Mal-Emma gevra: will you ever commit suicide, toe antwoord hy, no I would rather kill myself. Stu Pitt.

lewies ·

As jy jou spore wil toevee, maak die land onregeerbaar. Dit is presies waarmee hulle besig is. Hoe minder jou beweeg ruimte raak hoe erger sal die aanslag word. Dit geld ook vir al sy trawante in die ANC.

Johan ·

Die howe is n grap. Die belaglike wette van die sinkende skip SA ook.

Ja swaer ·

Die MRK is nes die NMS – klomp tweegesigte. MRK mors belastinggeld

ES ·

Dit maak nie regtig saak wat hy by Mugabe se begrafnis kwytgeraak het nie want die stadion was in elkgeval leeg…

nico ·

DINGE IN DIE LAND SAL NIE VERBETER TOT EN MET HULLE DIE DOODSTRAF WEER INSTEL NIE.

jakes ·

Malema en oupa Mugabe se denke is en was verrot. As jy enige waarde heg aan wat Malema kwytraak dan moet jy liewer gaan hulp soek by n kopdokter.

HPV ·

Dit is maar obsessiewe gedrag gebore uit ‘n diepliggende vrees vir blankes. Hy het in elk geval nog nooit enige iets intelligent kwytgeraak, slegs sy vervelige gesanik oor en oor teen blankes en hul eiendom gerig. Wat ‘n jammerlike figuur.

Willie ·

Wil my voorkom of die Malema Regte Komissie is? Niks gaan met die leier van ANC Light gebeur nie..

Hanlie ·

Willie ek is geneig om saam met jou te stem. Hy gaan voor een of ander gelykheidshof verskyn, waarskynlik ‘n boete opgele word, wat hy nie gaan betaal nie, en wegkom daarmee. Weereens. Waar is die VBS geld, wat het daarvan geword. Is hy al in ‘n oranje pakkie? Ons hoop maar die “slow puncture” siekte werk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.