‘MRK versuim om teen Julius Malema-haatspraak op te tree’

Julius Malema Foto: ANA

Die VF Plus het gesê die Menseregtekommissie (MRK) moet verantwoordelikheid neem vir die opruiende rassistiese uitsprake, haatspraak en opsweping tot geweld van Julius Malema, leier van die EFF, weens die kommissie se jarelange versuim om teen hom op te tree, selfs ná verskeie formele klagtes wat die VF Plus teen Malema ingedien het.

Dr. Pieter Groenewald, leier van VF Plus, het gesê Malema het Donderdag weer neerhalend verwys na adv. Paul Pretorius, hoof van die regspan wat adjunkhoofregter Raymond Zondo aangewys het as deel van die regterlike kommissie van ondersoek na staatskaping, en het gesê dit is jammer dat ʼn “wit man” in die posisie aangewys is.

“Veral rondom die uiters sensitiewe grondkwessie maak Malema gereeld in parlementêre debatte die uitlating dat wittes swartes vermoor en hul grond gesteel het,” het Groenewald gesê.

“Die VF Plus het oor die jare reeds verskeie klagtes teen die EFF-leier by die MRK ingedien. Een daarvan in 2016 toe hy volgelinge aangehits het om wittes van hul grond te verjaag en die grond te beset.”

Groenewald het gesê met die aanloop tot die 2014-verkiessing het die VF Plus verskeie klagtes van haatspraak ingedien by die MRK, die Openbare Beskermer (OB) en die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangesien daar wetlike voorskrifte is waaraan politieke partye moet voldoen.

“Sulke uitlatings is verdelend en het die potensiaal om ʼn bloedbad te veroorsaak indien mense in groot getalle gehoor gee daaraan. Dit is daarom verstommend dat die MRK nie teen Malema optree nie terwyl dit bekend is dat hulle vinnig optree en swaar strawwe oplê in gevalle waar wittes rassistiese uitsprake gemaak het.”

Volgens Groenewald het die grondkwessie die potensiaal om konflik te veroorsaak as gemoedere onnodig opgejaag word.” Dit is daarom uiters kommerwekkend en betreurenswaardig dat die MRK en die OVK verkies om weg te kyk terwyl die leier van ʼn politieke party uit sy pad gaan om rasseverhoudinge in die land te verongeluk.”

Die VF Plus sal in gesprek tree met die MRK in dié verband, en sal ʼn beroep op hom doen om die klagtes na behore te ondersoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Wickus de Bruin ·

julius is die grootste rassis in SA se geskiedenis. Hy sê wat hy wil, doen wat hy wil en kom weg daarmee. Hoe so?

RB ·

Dit is duidelik dat die OVK en MRK self rassisties is, maar by wie gaan mens hul aankla?

Elizabeth ·

Kla hulle by die VN aan. Dit is opstoking tot volksmoord.

Gerhard ·

Die VF+ en AfriForum is reeds besig met aksies by die VN, die probleem is dat dit sleg van beperkte waarde is.

Nico ·

Elizabeth, die VN was van die begin en is nou nog ‘n marxistiese organisasie. Om ‘n marxis by ‘n marxistiese organisasie te verkla het die resultaat dat hulle net onverstaanbare woorde sê en niks doen nie.

Belasrungversuim ·

Is dit nie ons morele plig om belastingversuim in te stel as die regering en sy ‘instansies’ ver`suim om ons ons regte te gee nie? Waarom bevonds on\s \nog hierdie haters en vernietigers van ons?

Wonder net ·

Hoeveel van die 11 miljoen belastingbetalers is blanke mense? Mense wat ‘n groot deel van die land se marionette wat belaglike uitsprake maak se salarisse betaal. Het blanke mense nie al genoeg vermorste belasting geld bygedra vir die regering wat hulle nie eers voor stem nie? Hulle belasting geld gaan ook gebruik word vir grondonteieining. Ek het gedink ons bly in ‘n demokratiese land maar as jy kyk wat belasting betalers terug kry vir hul belegging in die land, maak dit glad nie sin nie.

marous ·

Die MRK is net ‘n front vir regverdiging om wittes en veral die Afrikaner te verguis.

Pieter ·

Totale mors van tyd vervolg hom in sy persoonlike hoedanigheid begin n klas aksie vir die slagoffers van plaasmoorde en aanvalle wat n direkte gevolg is van sy aanhitsing die algemene publiek sal die kostes befonds.

Eish ·

Ek stem heelhartig saam met jou.
Die gewarra- warra bring ons niks in die sak nie aangesien die hele klomp n gemeenskaplike vyand het, ons.

Casper Labuschagne ·

Ja vir ‘n klasaksie geding teen Malema. As al Malema se rassistiese uitlatings ondersoek word, word ‘n duidelike tydsverloop duidelik waar hy toenemend haat teen witmense aanblaas. Saam met daardie tydsverloop sal ‘n verhouding duidelik vertoon kan word met die toename in plaasaanvalle en alle ander aanvalle op witmense asook die intense brutaliteit van daardie aanvalle. Gevolglik kan ek, en enige ander lid van ons minderheid, aandui dat my/ons voortbestaan en selfs lewens werklik bedreig word deur Malema.

Wonder net ·

Hoeveel van die 11 miljoen belasting betalers is blank. Dieselfde etniese groep betaal die populistiese marionette wat rassistiese uitsprake maak. Dieselfde etniese groep het die huidige regering (vir wie hulle nie gestem het nie) gehelp finansier sedert 1994, maar daardie opoffering word nog steeds nie erken nie. Dieselfde mense gaan grondonteiening help finansier. Is dit nie belaglik nie ,of het die etniede groep so afgestomp geraak?

HPV ·

Die media maak Malema. Sonder die media is Malema die niks wat hy werklik is, net ‘n windlawaai!

Al ·

Ek stem saam met jou. Die media gee deesdae baie meer dekking aan die EFF en dis juis hul wat ñ burgeroorlog sal veroorsaak onder alle rasse.
CR moet nog sy voete vind as president en Malema gebruik juis dit tot sy voordeel om onverantwoordelike en aanhitsende uitsprake te maak.
Hy is onbeheerbaar en raak net erger.
Donald Trump is ñ vulletjie teenoor hom wat skadelike uitsprake maak.

Casper Labuschagne ·

Malema is van die begin af uit en uit ‘n skepping van die media. Tans verteenwoordig die EFF slegs 6% van die stemme, maar Julius kry meer media blootstelling as al die ander politici saam. Dit het nou ‘n ondier geword wat net groter en meer bloeddorstig word vanweë sy ego wat juis deur die media gestook word.

Die media berig nie oor die 54,435 suksesvolle vliegtuig landings wat gister plaasgevind het nie, maar as Malema sy mond oopmaak is al die kameras op Malema gerig want sensasie is die dryfveer waarmee die media geldmaak.

Susan de Klerk ·

Toe President Trump die uitspraak oor derde wereld lande gemaak het moes die Amerikaanse ambassadeur aan die SA regering ‘n verduideliking gee. Malema kan se net wat hy wil en die regering ignoreer dit en dit laat mens dink!!

Theresa B ·

Ek stem saam met jou Wicus. Hy gaan met ‘n smile Hof toe en loop met ‘n smile daar uit want hy weet hy gaan niks oorkom nie. Niemand tree op teen hom nie.
Amazing is dit nie en die ander wit vrouens is deur hel in die hof met vreeslike boetes en dies meer. Malema is die laaste strooi van alle problem in ons land.

Johann Marx ·

Dis wat de Klerk nie kon verstaan nie: Afrika Demokrasie – ‘n politieke bestel waar die blanke minderheid kan deelneem aan sy eie ondergang….en selfs goed voel daaroor!!!

Lollie ·

Daar MOET ń manier wees om hom in die bek te ruk! Waar is die slim mense? Glo indien iemand voortou neem en weer iets reël soos die swart maandag sal BAIE mense opdaag. Ons kan saamstaan as ons moet! Kom ons mik dit juis teen JM .

Jacques Venter ·

Lollie nee
Ek het vroeër gewaarsku oor SwartMaandag. Die plaas moordenaars sien dit as oorlogs verklaring.
Direk na die optog is 5 boere vermoor.
As daar n Swartmaandag is. Wat sal dan bereik word?
Meer boere vermoor?
Sal die VN/ Engeland/ Amerika/ Holland, wie ook al ingryp?
Ek dink die antwoord is voor die hand liggend

L ·

Hoekom maak ouens soos ATKV nie ook hulle stemme dik en hoorbaar nie?!

ore ·

Want die ATKV is veelrassig en word enige taal en kultuur toegelaat.

anton ·

Want die ATKV staan vir ”Alle Tale en Kulture Vereniging!!!”
Lankal nie meer wat dit eens voor gestaan het nie!!!

Gestremde ·

Die MRK is rassisties hulself en moet ook ondersoek word. Hier is hul beleid ten opsigte van gestremdes:

The B-BBEE Scorecard
The definition of “designated” groups under the B-BBEE Scorecard differs from the definition of “designated” groups under the EE Act. Under B-BBEE, only Black people (African, Indian and Coloured) are categorised as beneficiaries. The EE Act considers all people with disabilities to be previously disadvantaged and they are categorised as designated groups. Points on the B-BBEE Scorecard are only awarded for Black people with disabilities and not all people with disabilities.

Boerseun ·

MRK is ‘n stutorganisasie en skoothondjie van die kommunistiese ANC-regime, spesifiek ingestel om die witman te vervolg en hom en sy nageslag ‘n skuldkompleks te gee. MRK is ‘n nes van ANC-kaders.

Hanna ·

MRK moet eintlik SMRK (swart mense regte kommisie) heet, want daar word selde teen enige swart persoon opgetree. MRK is partydig en dus totaal en al disfunksioneel. Julius weet dit. Hy is onaantasbaar… Soos n stout kind wag koggel en dan tong uitsteek.

Al ·

Ironies het die vermoorde/aangerande boer wie belasting betaal en werk skep, ñ derde pluspunt gehad en dis om bydrae te maak aan miljoene SASSA afhanklikes wie onder Malema&Kie se familielede is.
Praat van SASSA toelaes, wanneer gaan die populasie hul aantal geboortes beperk? Die belastingbetaler kan nie byhou nie.

JSG ·

En dan word daar al vir hoeveel jaar gepraat van versoening? ‘n Land kan nie genees indien daar nog ‘n virus in is.

christa ·

Seker nie nodig om te wonder wie aan die stuur van die MRK nie. Korrupsie het oral sy tentakels in

Hennie ·

Dis hoogtyd dat iemand Malema aanvat en hom links en regs beskuldig in die parlement. Hy moet so besig gehou word met beskuldigings teen hom dat hy vergeet om aan te val.

Robert Naude ·

Goeie een , maar die mense wat ons moet verteenwoordig sit ook net hande gevou.

pj ·

Ja sal sien die EFF en ANC met Cyril almal onder dieslefde kamp.

wessel ·

Nou waar is AfriForum ? Waar is Solidarityd ? waar is Agri-SA ? Waar is Gerrie Nel ? Waar gaan ons skenkings vir regskoste dekking heen? Of is ons ook maar net ons eie grootste vyand? Ek vra maar net.

Jasper op Mars ·

Die MRK het bv nog nie reageer oor ‘n 2016 klag teen Malema se haatspraak uitlating “dat hy nie vra vir die moord op wit mense nie… nie vir nou nie”

As dit nie duidelike dreig met die moord op blankes is nie, wat is?

Ek dink dat baie meer individue moet hom verkla en nie wag op burgerregte groepe nie.

Ook dat die MRK en OVK se on-aksie en meedoen ook aan die internasionale gemeenskap uitgewys word.

BOERBOEL ·

DIS NOU BV ‘n goeie saak vir GERRIE NEL tov PRIVAAT VERVOLGING. Hy moet ophou die mugabe en zuma en bizos sake dryf en begin met ‘n aksie teen die MRK en OVK wat NIE vir Malema en ander swartmense vervolg wat hulleself aan HAATSPRAAK en RASSISME skuldig maak nie!

Linda ·

wonder wat sal gebeur, as al die wittes na hulle naaste polisiestasie toe gaan en ‘n klag van haatspraak teen JM maak. Duisende klagtes kan nie verdwyn nie. ons het genoeg bewyse dmv sosiale media.

Fred ·

6% steun, maar 80% van die geraas! Dié soort taal gaan nog báie erger raak tot en met die Nasionale Verkiesing van 2019. Die nuwe prez. is egter ‘n bewese, slim politieke strateeg en hy is besig om stukkie-vir-stukkie vir die rooispan se leier ‘n laaang tou af te rol waarmee hy (l.g.) uiteindelik homself gaan seermaak.

Ja nee ·

Maar nie een van hulle praat oor hoe die Zoeloes die Khoisan vermoor en hul grond gewelddadig weggeneem het teen so ‘n tempo dat die Khoisan nasie nou al amper op totale uitsterf staan nie…. Die grond in Suid Afrika heel eerste aan hierdie mense behoort en nie aan hulle, soos wat hulle beweer nie…

Niel ·

kan die OHCHR (Human right counsil) nie bv ingryp en MRK ondersoek en seker maak “of” hulle partydig optree of onpartydig. Dink dis tyd dat hulle self ook ondersoek word. Net jammer daar’s nie ‘n mandaat of iets waar MRK self moet onderwerp, en dat mens hulle kan aanvat. En dit moet natuurlik ‘n heel onafhanklike sisteem wees wat mens kan volg.

Tess ·

Iemand wat soveel haat en aggresie in hulle het leef nie lank nie. Hulle vergiftig hulle eie lewe.

Alida ·

Hou tog op hamer op Gerrie Nel ASB mense. Hy gaan BAIE besig wees in die volgende jaar of twee. Wag net.

Ouma ·

En JM blom oor al die aandag wat hy kry. Ook in hierdie kommentare.

Oom Kalahari ·

Die MRK kom baie onpartydig voor en is al jare te bespeur met hul aanklagte en vervolgings aksies teen ‘n spesifieke groep. Alles is met ‘n doel waar tyd gespeel word vir JM en ‘n strategie. Een man kan groot skade doen en uitlokking en aanhitsing is aan die orde van die dag. Tyd vorentoe sal leer.

anton ·

Die MRK is alles behalwe onpartydig!!!
Hulle is eensydig en doen nie wat hulle behoort te doen vir reg en geregtigheid nie!!!
Hulle moet ontbind word want hulle is korrup.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.