MRK verwerp Steve Hofmeyr en Sunette Bridges se klagtes oor wit moorde

Argieffoto: AfriForum Jeug

Argieffoto: AfriForum Jeug

Die Suid-Afrikaanse Menseregtekommissie (MRK) het klagtes van Sunette Bridges en Steve Hofmeyr verwerp oor onder meer die moorde op wit vroue, het Beeld Maandag berig.

Bridges, Hofmeyr en die Vryheidsfront Plus (VF Plus) het vroeër vanjaar ʼn lys van vermoorde wit vroue as deel van hul klagtes teen ʼn groep akademici se uitlatings oor wit mans, by die MRK ingedien.

Dit volg ná ʼn reeks berigte op die webwerf Africa Check gepubliseer is waar bevind is dat ʼn wit Suid-Afrikaanse vrou ʼn groter kans staan om deur hul liefdesmaat vermoor te word, as deur ʼn onbekende swart man. Die groep bestaan uit Nechama Brodie, ʼn joernalis, Lisa Vetten, ʼn navorser, die webwerf Africa Check, en prof. Naeema Abrahams van die Mediese Navorsingsraad.

Bridges het versoek dat Brodie en Vetten om verskoning vra aan alle wit Suid-Afrikaanse mans, en dat Africa Check behoorlike studies oor vroulike moorde moet handhaaf.

Die MRK het bevind dat die klagtes ongegrond is.

Lees ook:
Steve en die plaasmoordstatistiek
Nuuskommentaar: Steve se syfers

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Pieter Myburgh ·

Ag siestog die arme “slimmes” wil so graag aandag kry.Waar de vrek het hulle die gemors inligting gekry??

chella ·

van mense soos ek Pieter myburgh, want ek ken twee vrouens wat geryp is deer swart mans. jy sal skrik pel as jy weet hoeveel van ons dood gemaak word, geryp word, gemartel word. as jy nie iemand ken of van weet wat dit al mee gebeer het nie is jy gelukkig….maar die dag gaan nog kom wat jy iemand gan ken en dan hoop ek jou vat jou stert sit dit tussen jou bene en buig jou kop in skaamte omdat jy nie wou of wil weet nie.

Trippie ·

Ek verwerp Africa Check se aantygings met die minagting wat dit verdien.

Dankie Sunette en Steve vir julle omgee !

Andreas Meyer ·

Net so Trippie, Die ANC ondersteuners in die MRK het maar net vir hulle comrade en oud-ANC-lid Nechama Brodie van Afrika Tjek gaan rugsteun.

Babs ·

Iemand wat nie hiermee saamstem, moet meer koerante lees en nuus luister. Miskien wil hulle dit om sekere redes nie weet nie maar aanvaar dit nou een maal – ons voel selfs in winkel sentrums nie meer veilig met sekere elemente wat daar rond hang. Hulle is nie daar om inkopies te doen en hoekom kolometers ver van jou blyplek gaan ronddrentel as jy dit in jou eie area kan doen.

Peter Says ·

Alles word verwerp, op die einde van die dag is dit n mentaliteit probleem.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.