MRK vs Steve Hofmeyr: Skikking buite hof misluk

Steve Hofmeyr (Foto: Janie Monsieur/Maroela Media)

Pogings deur die Menseregtekommissie (MRK) en die bekende sanger Steve Hofmeyr om buite die hof te skik, het Donderdag misluk.

ʼn Sitting sou Donderdag in die gelykheidshof in Gqeberha (Port Elizabeth) plaasgevind, maar die verrigtinge is vertraag toe moontlike mediasie buite die hof bespreek is.

Geen ooreenkoms is egter tussen die partye bereik nie, sê dr. Eileen Carter, hoof van die MRK in die Oos-Kaap.

Volgens Carter sal die saak nou op 16 Februarie in die hof voortgaan, waar meer tegniese punte oor die saak na verwagting aangehoor sal word.

Die MRK het Hofmeyr in Junie voor die gelykheidshof in Gqeberha gedaag oor sy omstrede uitlating oor lede van die LGBTIQ+-gemeenskap wat hy op sosiale media gemaak het.

Dit volg nadat ʼn organisasie in Gqeberha die uitlating as ʼn moontlike menseregteskending uitgewys het.

“Die kommissie bly daartoe verbind om die belang van die bevordering van die regte van die wye LGBTIQ+-gemeenskap te bevorder,” sê Carter.

Steve se seun, Devon Hofmeyr, het vroeër ʼn fonds vir sy pa gestig om te help om die uitgawes wat verband hou met die saak, te dek. Dit is nie bekend hoeveel geld op die ou einde ingesamel is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johan ·

Stilswye is soos om die ongeregtigheid goed te keur. Go for it Steve…..Abba Vader is nog altyd in beheer!!!

Joe Olivier ·

Sogenaamde “menseregte” is die grootste euwel van die tyd waarin ons leef. Vir een om sy regte te hê moet ‘n ander sy regte opoffer. Soos nou weer bewys word. Kan een van hierdie verwarde spesie dalk vir ons vertel waarvoor staan die + en hoekom daar teen die – gediskrimineer word?

piket ·

Melaney, ek verstaan presies wat jy bedoel, maar as jy stil bly oor n saak wat verkeerd is kondoneer jy dit! En nou kry die onregverdiges die groen lig om met hul ongeregtigheid voort te gaan en dit boonop verder te eskaleer. Feit is ons sal moet begin saamstaan om enigsins te kan oorleef en wat van ons kinders en hulle kinders? Ek wil by elke regdenkende mens pleit om aan te sluit by Solidariteit of Afriforum om so jou stem te laat hoor. Hier kan ons tenminste saamkom en begin saamstaan….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.