MRK wil gelykheidshof toe oor NG-predikant

dr. Chris van Wyk, NG-predikant.

Die Menseregtekommissie sleep nou ʼn predikant van die NG Kerk gelykheidshof toe, omdat hy glo homoseksuele mense met pedofiele vergelyk het.

Hennie Pienaar, stigter van die organisasie Queers without Borders, het verlede jaar ʼn klag van haatspraak teen dr. Chris van Wyk, voormalige moderator van die Oos-Kaapse sinode, by die MRK ingedien.

Pienaar is veral ontsteld oor kommentaar wat Van Wyk in 2018 op die Kerkbode se Facebook-blad geplaas het. In sy kommentaar skryf Van Wyk indien seksuele oriëntasie ’n gawe van God is, “sal jy pedofilie – seksuele aangetrokkenheid tot kinders – ook op soortgelyke wyse moet aanvaar”. Dié uitlatings het reeds verlede jaar ʼn storm in die kerk ontketen en verskeie lidmate en predikante het daarop aangedring dat teen Van Wyk opgetree word.

“Pedofilie word as ʼn misdaad beskou. Van Wyk se uitlating het hewige ongemak, pyn en skok onder die lesbiese, gay, biseksuele en homoseksuele gemeenskap veroorsaak,” voer Pienaar aan in sy klag aan die MRK.

In antwoord op ʼn navraag deur die MRK oor die aangeleentheid, skryf Van Wyk in Mei vanjaar dat sy sienings gegrond is op dít wat die Bybel oor die huwelik en selfdegeslagverhoudings sê. “As ʼn volgeling van Christus is ek verplig om gehoorsaam te wees aan Hom en sy Woord. In die huidige konteks sit sy Woord dit duidelik uiteen: God se intensie vir mans en vroue wanneer dit by die huwelik en seksuele intimiteit kom, is ʼn lewenslange monogame verhouding tussen een man en een vrou,” lui sy antwoord aan die MRK.

Van Wyk ontken egter dat hy pedofilie met homoseksualiteit vergelyk het. “Ek het bloot aan ds. Nelis Janse van Rensburg (moderator van die NG Kerk) uitgewys dat sy argument dat seksualiteit ʼn gawe van God is, foutief is,” skryf hy.

Adv. Loyiso Mpondi van die MRK in die Oos-Kaap was egter nie tevrede met hierdie antwoord nie en het op 5 Oktober in ʼn skrywe aan Pienaar aangedui dat hulle van plan is om ʼn formele klag van haatspraak teen Van Wyk in die gelykheidshof in Port Elizabeth in te dien.

Die NG Kerk het aangedui dat hulle nog nie teen Van Wyk gaan optree nie.

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

122 Kommentare

jongste oudste gewildste
Irma

Ons leef darem regtig in ‘n veroordelende staat met individue wat uit hul pad gaan om ander mense te kruisig as hul.opinie teen die van ons eie is. Mooi so…. diesulkes is waarskynlik van mening dat dit die manier is om medemenslikheid en omgee te kweek.

WK

In die hedendaagse tyd is alles mos aanvaarbaar want MENSE REGTE kry voorkeur oor wat die WOORD vir ons voorskryf. Mense regte staan lood reg teenoor ons geloof in die Jesus en wat Hy vir ons gedoen het. Ja homoseksualiteit is sonde en daar is geen manier on dit weg te redeneer nie, maar Jesus verwag ook van ons om nie te oordeel nie. So is dit aanvaarbaar vir n Gay Predikant, nee dit is nie, al se die mense regte ook wat, die Woord se dis verkeerd. Mag ons n gay persoon oordeel, nee ons mag nie. Soos Dr… Lees meer »

Alex

Ongelooflik! Mens mag niks meer sê nie. As ek sê “Daai hond loop net soos ‘n kat.”, dan is dit seker haatspraak teenoor katte. Ek hoop regtig niemand kla my nou aan nie…

Mossie

Dis God se woord, maak nie saak aan watter kerk of gemeente jy behoort nie. God het ook nie gesê dat jy as ouer jou seun nie mag lief hê nie, God het ons sondige mense immers ook lief ten spyte van als. Die saak is tussen God en jou seun en wat God in Sy woord sê. n Simpel voorbeeld: God verwag van my om nie n afgod te dien nie, nou vertel n ds dit vir my. Wat gaan my volgende stap wees…om die ds aan te kla of om my saak met God te gaan bespreek op… Lees meer »

P

Ek is Gay nie gevrae daar voor nie dis my lewe my besliute . Was deer n stief vamielie lid aan my goed gedoen toe was ek 9 jaar en het goed in my wakker gemaak en ek soek dit nog steeds en dit het my na mans toe gelok ek gaan steeds Kerk toe lees my Bybel bid maak dit nou van my n selgte mens