Adv. Lawrence Mrwebi, die geskorste spesiale direkteur van openbare vervolging, het Vrydag aan die Mokgoro-kommissie van ondersoek gesê hy dink die proses is uiters onregverdig en hy voel soos ʼn beskuldigde.
Mrwebi het aangevoer hy is geskors op grond van ʼn bewering wat deur ʼn ongeïdentifiseerde persoon gemaak is dat hy onbevoeg is om sy amp te beklee.
“Die probleem daarmee is dat benewens die algemene bewering dat jy nie geskik is vir jou amp nie, word daar nie vir jou gesê op watter gronde of wat die probleme is wat aangeraak moet word nie.”
Mrwebi het gesê hy vind dit moeilik om vir die ondersoek voor te berei omdat hy nie weet wat om te verwag nie. “Die enigste kere dat ek agtergekom het waaroor ek moet kom antwoorde gee, was toe getuies opgeroep is om te kom getuig en hulle my onder verdenking geplaas het. Dit is toe dat ek soos ʼn afkophoender moes begin rondhardloop om bewyse en dokumente in die hande te kry om daardie bewerings te betwis, wat baie onregverdig is.”
Hy het gesê dit is asof hy in ʼn vuisgeveg betrokke is met een van sy hande agter sy rug vasgebind. “Dit is ʼn situasie wat ek uiters onregverdig vind.”
Mrwebi het aan die kommissie gesê hy was onder die indruk daar sou ʼn ondersoek gedoen word om al die bewyse te versamel en nie om hom en sy kollega, adv. Nomgcobo Jiba, die geskorste nasionale adjunkdirekteur van openbare vervolging, as oortreders uit te maak nie.
“Hoe moet ek vrae beantwoord wanneer ek weet die bewyse wat veronderstel is om voor die kommissie te wees, is nie hier nie? Ek voel soos ʼn beskuldigde soos ek hier sit,” het hy gesê.
Die kommissie van ondersoek is op die been gebring om te bepaal of Jiba en Mrwebi geskik is om hul poste te beklee, nadat hulle die omstrede besluit geneem het om die vervolging van Richard Mdluli, voormalige hoof van misdaadintelligensie, te laat vaar en gepoog het om Johan Booysen, voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, op aanklag van rampokkery te vervolg sonder enige bewyse.
Die ondersoek duur voort.
Shame. Nou weet jy hoe het Genl Johan Booyssen gevoel. Kry vir jou. Nie lekker nie.
Ek stem en adv Ferreira wat jy sonder ‘n verhoor sommer net weggejaag het. Nou besef jy skielik jy het ‘n fout gemaak. As jy wil hê dinge moet reg loop volg die reels.
Ag shame hoe verskriklik???
Ek glo dis vir hom baie moeilik. As ek vir hom raad kan gee, praat die waarheid.
Al wat jy hoef te getuig is van wie jy jou opdragte gekry het en wat die opdrag behels het. Hoe moeilik kan dit dan nou wees… of is jy bang dit gaan jou net na nog een van die marionette laat lyk?
As daar niks ongeruims was, het jy niks te sê nie…. Spil the beans!
Jy bedoel seker as daar niks ongeruimds is nie het jy niks te vrese nie?
Siestog! miskien moes jy daaraan gedink het toe jy soos een vsn die “untouchables) begin optree het en voor jy jou ware partydige klere begin wys het?
Geen simpatie hier nie!
Wanneer n mens se gewete hom pla, voel jy soos die man
Shame en kan nie eers ‘n ordentlike Engels praat volgens gisteraand se nuusberig nie. Hoe spreek mens “insurance” uit???
Nie een van julle twee is geskik vir jul poste nie! Julle is BEE aanstellings. Geloofwaardigheid voor kundigheid. Punt.
Jy bedoel seker eerder lojaliteit voor kundigheid? As jy nie kundig is nie kan jy ook nie geloofwaardig optree nie.
Laat my dink aan Haman wat gehang is op die galg wat hy vir Mordecai voorberei het.