Msimanga brand honderde e-tol rekeninge

‘n Skermskoot uit die video.

Die DA het Donderdag honderde e-tol rekeninge by Sanral se hoofkantoor langs die N1-snelweg in Rooihuiskraal, Centurion, verbrand.

Solly Msimanga, die DA se premierskandidaat in die komende verkiesing, is vergesel van talle DA-lede wat dié rekening wat Gautengse motoriste se agterstallige skuld bevat, in ʼn vreugdevuur verbrand het.

“Hulle kan my maar kom vervolg, maar ʼn ongevraagde stelsel gaan nie meer langer misdadigers van Gauteng se inwoners maak nie,” het Msimanga onder luide toejuiging gesê.

Hy het verder aangevoer dat 80% van die geld wat deur die stelsel ingesamel word die land verlaat en nie gebruik kan word om Suid-Afrikaanse padgebruikers te bevoordeel nie.

“Genoeg is genoeg, ons gaan nie meer hierdie stelsel finansier nie.”

Sy eie e-tol rekening beloop glo reeds meer as R21 000 en hy het dit ook Donderdagoggend saam met talle ander state verbrand.

Msimanga sê sy party ontvang byna daagliks klagtes van oorbelaste inwoners wat sê hulle kan nie hulle e-tol rekeninge ook nog betaal nie. “Waar gaan hierdie mense verligting vind? Die regering is besig om hierdie provinsie se mense dood te belas.”

Sanral het gedurende Maart gesê dat hy nie diegene met agterstallige skuld gaan vervolg nie. Dit dek historiese skuld van so ver terug as 2015 en beteken die padagentskap sal geen nuwe dagvaardings uitreik nie. Tito Mboweni, minister van finansies, het Sanral oor die vingers getik oor dié besluit en aanbeveel dat hulle die besluit heroorweeg.

Die DA meen egter Sanral se besluit om motoriste nie verder te vervolg nie, is eenvoudig net nie goed genoeg nie. Die party voer aan dat die hele stelsel geskrap moet word.

Msimanga het gesê sy party daag die ANC uit om binne die volgende sewe dae ʼn beslissende besluit oor die e-tol stelsel te neem.

  • Hierdie video is met die vergunning van Anton Meijer en Pretoria FM geplaas:

    https://twitter.com/i/status/1113719266862292992

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

39 Kommentare

KrokodilBotha ·

Sou verkies het as die DA liewers die potholes kom reg maak het hier. Brand ook alles nes die ANC, EFF

Nicolene ·

So waarom het hierdie stupid wetsgehoorsame burger haar etol betaal. Sal my leer om die regte ding in hierdie gef….. land te doen.

MarieM ·

Vra ek ook Nicolene. Om te dink hy was die vorige Burgermeester en kyk wat doen hy nou.

Gatvol vir Brand ·

En so is die kultuur van brand diep gewortel deur ons samelewing.
As jy van iets verskil dan maak jy eenvoudig ‘n vuur – maar iets moet vernietig word!

Ilze ·

Ons bly in Limpopo maar is soos jy Nicolene ook wetsgehoorsaam. Het ‘n e-tag. En sowaar kry ons state van R6 en R8. So belaglik.

Piet ·

Verander die etol in “average speed cameras” julle sal baie meer geld maak want niemand in gauteng kan by die spoed hou nie. ????

Mia Joubert ·

Ek is ‘n Ouma en ry op geen tolpaaie nie en het ‘n bloedrooi Ford. ‘N wit bakkie met my nommerplaat sorg dat ek e-tol rekening kry. Was by SAPD en het dit rapporteer aan Sanral en die munisipale e-natis kan nie help, maar ek kry nog steeds rekeninge.

Wielspore ·

Dit is tyd dat die oorbelaste burgers van SA opstaan teen belasting wat gevorder word en aangewend word vir korrupsie of uitbetaal word aan vreemdelinge in die buiteland.

Adri ·

Ja dis reg verbrand die papiere (hardcopies) maar dis nog steeds op hul stelsels (computers)…..stuur n video waar daai stelsels op jul computers ook delete en vernietig is…..

marous ·

Die geld gaan buiteland toe . Wie van die kaders is op die sop wa ? Sekerlik die wat so hard gil want nou is die potjie leeg . Die feite is die korrupte regering hef die tekort by brandstof en koolstof belasting en dan stop hulle hul sakke weer dik .

Cherokee ·

Dit is unfair want as dit by brandstof gevoeg word, betaal ons Natallers ook die Transvalers se E-Tol.

pinkie ·

Ek neem aan die taxibestuurders was nie daar nie. Hulle betaal mos nie e-tol nie. :-(

DeVill ·

Ek hoop Hellen Zille bly getrou in haar voorneme om ‘n belasting boikot te begin sodra die ANC weer wen.
Ek wil deel vorm van so ‘n inisiatief, waar belasting geld in ‘n trust betaal word todat seker voorwaardes nagekom word.

riaan ·

Solly is duidelik beter met goed verbrand as wat hy was as Burgemeester!

Jannie ·

Riaan, ek stem saam. Die DA is net so hopeloos soos die ANC. Die sypaadjies en parke in ons woonbuurt in Pretoria oos is vervuil van bosse en onkruid. Sies man! Waarvoor betaal ons eiendombelasting?

Jo ·

Is dit reg as agterstallige gelde afgeskryf word maar die dommetjies soos ek wat betaal het, het nou maar die geld verloor?

Wonder net ·

Swak voorbeeld om na te volg.
Hoop seker vir ‘n paar meer stemme.
Stem saam met Adri, dit is net papier. Niks is vernietig nie.
Bly ook in Limpopo maar het ‘n e-tag.
Dalk moet ons begin vra vir terugbetaling.
Dit is ook net nog ‘n belasting waarop hulle weer BTW hef. Seker die enigste land wat belasting op belasting hef.
Suikerbelasting, sondebelasting ens. Word die balasting afgetrek voor BTW bereken word? Belasting op belasting?

ne ·

Sal graag in die ry wil val vir terug betaling van e-tol gelde. Nog altyd betaal!

gatiep ·

Wat nie alles gedoen sal word vir stemme nie.
Na die verliesing kry mense net nuwe rekening dit gaan nie verdwyn nie.
Daai gierige klomp soek hulle geld kom wat wil.

willem Botha ·

As n VF+ ondersteuner moet ek sê goed gedoen hoekom nie ook die sanral kantore ook nie.

pinkie ·

Miskien sou dit meer inpak gemaak het as hulle ‘n paar e-toll Gantries afgebrand het?

Gys ·

Wat help dit om die rekeninge te brand. Hulle word net weer ge reprint en gestuur.

Frans C ·

As jy nou 50 liter petrol ingooi betaal jy R277 aan belasting en vir diesel R269.50.
Die algemene petrol heffing van R3-50 bring stort ongeveer R75 miljard in die Staatkis.

So waarom nog E-tol betaal?

Cherokee ·

Moenie suinig wees nie Frans. Met grenslyne soos dit lyk moet ons vir die hele Afrika sorg.

Neewat ·

En weer wys Afrikaners op die kommentare, hulle KAN nie saam staan nie. Kyk net na julle gekerm, die een spul trek die een kant toe, die ander spul trek daai kant toe. Tevrede met niks, en weet altyd alles. Maar saam staan? Nie die Afrikaner nie.

Phillie ·

Ek het ook tolpaaie vermy want betaal aan die keiser wat die keiser toekom
Ook bly oor die afskaffing
Enigste probleem my pensioen fonds het die spul befonds nou is die fonds daardie 580 biljoen kwyt

Joe Olivier ·

Kan hulle nie maar die rekeninge op sagte rolletjies papier druk nie. Dan kan ons dit darem gebruik ipv om dit te brand.

Pieter ·

Die DA is dan veronderstel om alles reg te doen? Is dit nie nog verpligtend om op hierdie stadium jou e-tol te betaal nie? Waar is die DA se sogenaamde waardes en respek vir die Wet en Orde?

Schalk ·

Die Co2 ding is is str….. diegene wat dit glo is onnosel geldmaak skema ondersoek self.Belas dan die beesboere want bees se Co2 uitlaat is baie hoer as motors.Belas sommer onwettige immigrante omdat hulle purgeer in SA en dus ook Co2 vrystel sn dan belas julle regerings individue vir oorgewig en die gat wat hulle in osoon laag veroorsaak weens die gat stels soos etol.Sterkte.

Kraai ·

My vraag is>>>>>>>>>>> hoekom moet landsburgers vir ALLES betaal? Dit is petrolverhoging , styging in elektrisisteit, lisensiegelde , voedsel wat baie mense nie meer kan bekostig nie.
Ek dag die soustrein is iets van die verlede, maar daar kom net meer en meer by. Hy word net langer en langer.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.