Msimanga gereed vir mosie van wantroue

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane. Foto: http://da-gpl.co.za/

Solly Msimanga, burgemeester van die Tshwane-metro, het gesê hy laat hom nie afskrik deur mosies van wantroue deur sy koalisievennoot, die EFF, en die opposisie-ANC nie.

ʼn Mosie van wantroue van die ANC en EFF staar Msimanga Donderdag in die gesig wat tot gevolg kan hê dat hy ook as DA-burgemeester verwyder word soos Athol Trollip wat vroeër die week as burgemeester van die Nelson Mandelabaai-metro verwyder is.

“Die inwoners van Tshwane het ʼn mandaat aan die DA en ander opposisiepartye gegee om ʼn koalisieregering te vorm om die stad beter te regeer en gehaltedienste aan inwoners te lewer. Die ANC het niks meer as ʼn rekord van swak regering en korrupsie om te wys vir hul regering van Tshwane nie,” het Msimanga gesê.

“Indien die EFF besluit om met die ANC saam te sweer in die mosie van wantroue sal dit duidelik wys dat hulle korrupsie ondersteun.”

Volgens Msimanga laat hy hom egter nie afskrik deur die idee van ʼn mosie van wantroue nie. “Ek sal dit die hoof bied soos ek ander uitdagings in die verlede moes hanteer. Ek sal dit wat verkeerd is, ontbloot en daadwerklik optree sonder vrees of gunsbetoning. Terwyl die ANC en EFF probeer om die wettige en demokraties gevestigde regerings in ons metro te destabiliseer, sal ons voortgaan om tasbare verandering vir die mense van Tshwane te bring.”

Die ANC het intussen bekend gemaak hy wil hê sy streeksvoorsitter, Kgosi Maepa, moet as burgemeester van die Tshwane-metro by Msimanga oorneem.

Maepa het versoek dat die mosie van wantroue deur middel van ʼn geheime stemming moet plaasvind.

“Ons versoek die politieke partye in die raad om volgens hul gewete te stem en die burgemeester van sy amp te onthef aangesien daar nou al bo enige redelike twyfel bewys is dat hy aan die stuur van ʼn korrupte administrasie is.”

Maepa het gesê Julius Malema, leier van die EFF, ondersteun ook die mosie van wantroue in Msimanga.

“Daar is 214 raadslede in Tshwane. Die DA het 93 raadslede, die ANC 89 raadslede en die EFF het 25 raadslede. As jy die berekeninge maak, sal jy besef wat Donderdag gaan gebeur indien die DA alleen is en al die ander partye saamstem.”

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Schalk ·

Daar is iets wat my verbaas! Die ANC kon jare lank net opmors en korrupsie pleeg sonder om uit die kussings gelig te word in die wyke en landswyd . Na een of twee aantygings en skynbaar sonder klinkbare bewyse word die DA uitgestem en die stadsrade verander. Dit tussen munisipale verkiesings? Die EFF se oorlopery is dalk net weer ‘n bewys van die gerugte dat dit eintlik ‘n deel van die ANC is. Ek ondersteun nie enige van die partye nie en staan verbaas dat politici sonder die goedkeuring van hulle ondersteuners net doen wat hulle wil.

Monicque ·

Ek stem met jou saam. Die EFF flik-vlooi nou weer by die ANC… En hulle innet afbrekend, kan in elk geval niks opbouend hulleself doen nie.

Marietjie ·

Ja nee, ons het nou die ware kleure van die EFF gesien, as ons dit nie lank reeds besef het nie. Hulle is die arrogante ouens in hierdie prentjie, nie mr Solly nie. Hulle is so irrelivant in die huidige politiek met zuma uit die pad, dat hulle nou vyande wil maak met enigiemand wat net bietjie van hulle verskil of hulle nie op hulle erestoeltjie wil sit nie. Siek spul.

Lola ·

Jy sien nou ne Solly, kom ek vertel vir jou hoe dit is. Dit is duidelik dat julle geen seggenskap of autoriteit het oor Tshwane munispaliteit nie. So is die verkeersligte in ‘n baie bedenklike toestand en kom ek in die laaste twee weke weer gereeld laat by die werk aan en is ek en my baas aanmekaar. Ek verstaan dat julle veg met die muni en sy anc kades maar jy moet mooi verstaan, in my klein wereldjie wil ek net he waarvoor ek betaal sodat my lewe makliker kan wees. Jy kan dit nie vir my gee nie. Ek se nie anc kan dit vir my gee nie, maar ten minste sou ek op die stadium meer geld in my eie sak gehad het. Nou is ek aansienlike armer, te danke aan die DA wat my water en grond ens exstra belas, en dit gaan maar nog steeds beroerd. Nou gaan die anc oorvat, en gaan hulle my tax en rates en alles wat ek exstra voor betaal op my munispale rekening minder maak? Ek dink nie so nie. So wat het julle nou eintlik bereik?

Anoniem ·

Lola mag ek vra wat doen jy as burger om jou gemeenskap ‘n beter plek te maak? Besef jy dat die DA 25 jaar se gemors moet omkeer met beperkte fondse en dat baie van die probleme wat in Tshwane voorkom soos kragonderbrekings, ens is agv sabotasie deur die ANC en EFF. Besef jy dat hierdie man wat ‘n wedergebore Christen en kind van God is al meer as 100 doodsdreigemente ontvang het vandat hy in bewind gekom het?? Bid eers vir jou gemeenskap en jou land as om net fout te soek en te kritiseer

ANONIEM ·

Weer eens die ANC en de EFF kan nie heers die land regeer nie, net alles opfoeter in ons eens pragtige land.

zoom zoom ·

Die DA se tyd in Pretoria is verby. En nou gaan Pretoria nog verder verval.

Afrikaanse Knaap ·

Laat weet my as die VF+ julle in die steek laat soos die DA julle in die steek laat. Ek staak my stem dan vir hulle onmiddelik.

Henro ·

Kom ek lig my mening. Julle verwag van iemand wat 25 jaar se gemors moet regmaak om dit in ‘n oogwink te doen. Julle brag so daaroor dat julle nie stem nie en dat die Da julle in die steek laat? Het julle geweet vir elke SA Lid wat nie stem nie, gaan jou stem Automaties vir die party wat wen en dit is die ANC. Elke stem MAAK N VERSKIL hou op stem vir die klein partye wat oor en oor bewys dat hulle nie ‘n verskil maak nie ongeag van jou taal of wat Wie is die grootste? ANC en die DA so stem DA?? en hou op moan wanneer dit sleg gaan as jy nie stem of dink die land is gemors nie want dis jou opinie? Die DA het mos nou al aan ons bewys hoe mooi hul Midvaal onderhou asook dele van JHB en Tswane en Kyk hoe mooi is die Kaap?? Hou op moan en maak n verskil en gaan trek jou kruisie, en as jy steeds Cope of VF+ stem voel ek jammer vir jou as Afrikaner want jy moet nou al weet as dit in die laaste 20 jaar lae persentasie gehad het wat laat jou dink dit gaan ooit verander? Hou jouself by die DA staam saam en dalk sal jy as mens n verskil sien in ons land wanneer die DA aan bewind kom.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.