Msimanga oorleef mosie van wantroue

Tshwane-burgemeester Solly Msimanga (Foto: Oupa Mokoena/ANA)

Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, het Donderdag ʼn mosie van wantroue wat deur die ANC teen hom gebring is, oorleef.

Speaker van die Tshwane-raad, Rachel Mathebe, het vroeër Donderdag beslis dat die mosie deur ʼn openbare stemming sal geskied.

Die ANC-koukus het daarop aangedring dat die mosie deur ʼn geheime stemmery moet geskied, omdat “daar ʼn toksiese omgewing is en raadslede geïntimideer is”. Mathebe het egter bepaal dat raadslede hul hande sal opsteek om vir of teen die mosie te stem.

Die ANC het daarna gesê hy sal die hof nader om Mathebe se beslissing tersyde te stel.

Kgosi Maepa, streeksvoorsitter vir die ANC in Tshwane, het gesê ʼn beëdigde verklaring van die stadsbestuurder is voorgehou. “Die verklaring is skokkend. Die stadsbestuurder het in besonderhede verduidelik hoe die burgemeester selfs al in Mei 2017 oor die skandaal van GladAfrica bewus was.”

GladAfrica is in die middelpunt van bewerings oor onbehoorlike toekenning van tenders in Tshwane ter waarde van honderde miljoene rand.

“Ons weet daar is lede van die DA wat sterk voel dat Solly baie korrup is. Lede van die DA meen Solly is ʼn leuenaar en dat hy die DA se naam skade doen,” het Maepa gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Willie ·

Ag ou Solly, sorteer asb die taxi’s uit in Tshwane? En die vuil stad asseblief…. Ek het nie eindelik enige veranderinge gesien nie… Dis amper maar dieslelde as die ANC? Pretoria sal nooit weer die mooi stad wees nie, dit is n regte Tshwane..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.