Msimanga reageer oor diefstalklag teen broer

Solly Msimanga. Foto: Oupa Mokoena/African News Agency (ANA)

Solly Msimanga, die DA se Gauteng-premierskandidaat en voormalige burgemeester van Tshwane, het Vrydagaand ʼn polisieondersoek na beweerde diefstal deur sy broer verwelkom.

“Dit het onder my aandag gekom dat ʼn saak van diefstal by die polisie aanhangig gemaak is teen my broer, Nkululeko Msimanga, deur die Stad Tshwane. Ek verneem die ondersoek is aan die gang en ek verwelkom hierdie ondersoek,” het Msimanga in ʼn kort verklaring gesê.

Die ANC in die Stad Tshwane-koukus het gister gesê hy verneem Nkululeko is na bewering op kamera betrap waar hy rekenaars uit die Tshwane- munisipale kantore steel. Die ANC beweer volgens berigte het Nkululeko na bewering meer as 100 rekenaars oor ʼn tydperk van maande sedert 2016 gesteel.

Die ANC het gesê die stad moet sommer terselfdertyd ook ondersoek hoe Msimanga se broer as ʼn inkomstekonsultant vir die stad aangestel is en of hy gekwalifiseerd was vir dié pos.

Oor die diefstalsaak het Msimanga gesê indien daar bevind word dat sy broer skuldig is aan enige misdaad, moet hy die gevolge van sy dade dra.

“Die DA was nog altyd op die voorgrond in die stryd teen misdaad en korrupsie, daar waar ons regeer en waar ons die ANC aanspreeklik hou as die opposisie. Dit is iets waaraan ons toegewyd is, selfs wanneer dit nie gerieflik of maklik is om dit te doen nie,” het hy gesê.

“Daarom verwelkom ek hierdie ondersoek en hoop die SAPD beweeg vinnig om die feite vas te stel en die nodige vervolging in te stel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Tante ·

Kyk ek sal nie pa staan vir my suster se wandade nie maar as Solly sy boetie in diens laat neem het en boetie het dit nie verdien en bo ander met beter kwalifikasies gekies is in die amp dan is Solly skuldig aan wandaad miskien nie aan diefstal maar wel aan onregmatige voordeel aan sy broer dis ook maar diefstal op ander manier ne

Vra net ·

Hoekom? Omdat hulle slim genoeg was om nognie op kamera gevang te wees nie?
Jou stelling is vaag…

Markus ·

Hoe kan jy nou pa staan vir jou broer,wat van Ramaposa se seun en bossasa .Die politiek is maar n lelike gedoente.

Gert van Wierdapark ·

Lyk my asof ‘n inkomste con-sultant sy/haar inkomste kan aanvul, solank jy net nie betrap word nie! Verder: Die DA het’ n paar onnodige “mis-takies” in Tshwane met aanstellings in hogere politici se kantore gehad. Die boetie storie gaan saam met die voriges beslis nog op 8 Mei 2019 nog pvars in kiesers se koppe wees.

Hansie Slim ·

As daar ‘n rokie is…. As boetie droog maak is dit maar diep ingewortel…. Dit sal nie maklik verander nie. Sal hy sit?

fred ·

hoeveel “konsultante” is daar in al die staatsdienste? Lyk vir my n lekker job om vinnig ryk te word…Eén BEE’er wat n permanente job by die staat kry en die ganse familie eet saam…en wie betaal? raai n biekie…

Zombie ·

Boetie het ń lekker possie gekry nê.
Ek kon aanvanklik nie verstaan waarom sommige MM-kommentators na die DA as die ANC Light verwys nie. ń Prentjie begin egter nou te vorm van wie en wat die DA werklik is. Dit raak duideliker vir watter party ek nie met my stem sal ondersteun nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.