Msimanga se skorsing geëis oor Aucamp-sage

solly-msimanga-04

Solly Msimanga, die uitvoerende burgemeester van die Tshwane-metro Foto: Facebook

Die nuus dat Marietha Aucamp, Stad Tshwane se hoof van personeel, op spesiale verlof geplaas is omdat sy moontlik nie oor die nodige kwalifikasies vir haar pos beskik nie, het reaksies uit verskeie oorde ontlok.

Maroela Media het vroeër berig Aucamp is sedert die berigte onlangs aan die lig gekom het op spesiale verlof geplaas. Daar word verder beweer dat Solly Msimanga, burgemeester van Tshwane, ʼn groot rol gespeel het in haar aanstelling. Selby Bokaba, woordvoerder van die stad, het gesê Samkelo Mgobozi, Msimanga se woordvoerder, het ʼn fout begaan in sy antwoord aan News24 oor die sage toe hy ontken het dat Msimanga betrokke was in seleksieproses van die kandidaat.

“Hy het nie al die feite gehad toe hy gereageer het nie. Die burgemeester het die stadsbestuurder versoek om ʼn dringende ondersoek na dié kwessie te loods en Aucamp is op spesiale verlof geplaas.”

Die VF Plus se Awie Erasmus, raadslid en voorsitter van die openbare rekeningekomitee in die Tshwane-metroraad, het intussen gesê hulle het met skok van die berigte verneem.

“Die koalisie het tot nou waarde toegevoeg vir elke inwoner van Pretoria en daarom is hierdie aantygings kommerwekkend na al die goeie werk wat die koalisie doen en al gedoen het.”

Erasmus het laat hoor die aantygings word in ʼn baie ernstige lig beskou en dat dit “glad nie in lyn is met die koalisie-ooreenkoms nie. Die VF Plus gaan die saak met beide die Tshwane-burgemeester, Solly Msimanga, en die veelparty-koukus se voorsitter bespreek.”

Tshwane se professionele persone, sakelui en akademici (PBA) het ook hul stem bygevoeg en die onmiddellike skorsing van Msimanga, sowel as die ander persone op die paneel geëis.

“Die aanstelling van Aucamp is vele kere deur die ANC bevraagteken, maar soos gewoonlik is dit net afgemaak deur die DA en sy koalisiegenote. Dit word nou duidelik dat Msimanga net die seremoniële burgemeester is en dat die regte uitvoerende burgemeester wat dikteer het dat Aucamp aangestel word, iewers buite die jurisdiksie van die Stad Tshwane en Gauteng-provinsie is en die koalisie-regering deur afstandbeheer bestuur,” het die PBA in ʼn verklaring gesê.

Die besluit om Aucamp op spesiale verlof te plaas is as ʼn “rookskerm” bestempel. Die PBA voer aan Msimanga was welbewus daarvan dat Aucamp nie die nodige kwalifikasies het nie.

“As die stad ernstig is oor die kwessie, moet hulle almal wat deel was van die selekteringsproses en die onderhoudpaneel skors en hulle aan dissiplinêre verhore onderwerp. Die DA en sy koalisie-vennote wat teen die idee van baantjies vir boeties is, moet ʼn mosie van wantroue teen Msimanga instel en hom sonder vertraging verwyder.”

Die PBA het aangedui dat hulle met hul akademiese drag by die volgende raadsitting sal opdaag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Alida ·

Wat het die vrou verkeerd gedoen? Al het sy nie volgens hulle die nodige kwalifikasies nie het sy tog haar werk behoorlik en EERLIK gedoen. Wil hulle nou weer ‘n skelm aanstel of wat?

Cherokee ·

Van wanneer af is hoër kwalifikasies ‘n faktor as std 2 genoeg is om staatspresident te word?

Eish ·

Wanneer jy vinger wys, wys 3 altyd terug.
Die DA wat goeie, skoon regering voorstaan lyk my loop ook nou deur onder verafrikanisering. Patsy het hul bloedneus gegee in die hof en nou dit. Mensig, wat n helhool waarin ons bly!

PJC ·

Al meer dinge waarby die DA ook betrokke is loop skeef. Iewers is iets wat nie by ń ordentlike politieke party tuis hoort nie. Is hulle dalk te vinnig getransformeer?

Ella ·

Hoeveel sit in poste waarvoor hulle nie gekwalifiseer is nie? En niks word daaraan gedoen.
Hierdie is kleinlike gestry. Het mense nie meer belangrike dinge om oor te praat en besluit?

zoom zoom ·

Nerenste in enige berig het ek gelees van mense wat vervolg word of gefire word watbte doen gehad het met die dood in Marikana of die dood van die in sorg geplaas was NGO’s vir sorg. Gaan die wat nou so toi toi by hospitale ook gefire word want hulle toon geen hulp aan die wat siekkes nie. Haar job lei nie tot die dood van onskuldige mense.

Alida ·

Om ‘n pos by ‘n staatsdepartement te kry moet my mooi hande met lang lenige vingers hê dan is jy gekwalifiseer. Geen papiere of grade is nodig nie soms nie eens skoolopleiding nie.

Koos ·

Die posvereistes was mos uitgespel in die advertensie aldan nie? Nou waarom het die vrou aansoek gedoen as sy nie aan die minimum vereistes voldoen nie? Hou op om haar baas Solly te noem, op FB is hy Tshepiso Msimanga…

koos ·

hierdie hele sage rondom kwalifikasies en ondervinding bevestig maar net my ervaring:
keer op keer aansoek gedoen vir werke waar my universiteitsgrade nie eintlik nodig was nie, maar dit was op my CV om darem te wys wat ek al bereik het. En keer op keer moes ek die volgende hoor:
1. you are graduated, so you will become bored when you work for us: sorry no job.
2. we will have to pay you more because you have a degree: sorry no job.
3. what does the BA in your degree actually mean? is it business administration? sorry no job.
Hierdie werksaansoeke was almal vir werk waar ek vooraf DOODSEKER gemaak het dat regstellende aksie, ouderdom, geslag en ras nie ‘n rol speel nie (glo my, daar is nog hier en daar sulke werk beskikbaar).
Uiteindelik het ek my universiteitsgrade nie meer op my CV vermeld nie. Ek het basies gelieg deur in werksonderhoude te sê “ek was nie suksesvol op universiteit nie”
En, vreemd genoeg, toe kry ek ordentlike werk!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.