MT Steyn-standbeeld se lot bekend

Die MT Steyn-standbeeld. Foto: Rian Horn/UVS

Die Universiteit van die Vrystaat (UVS) het Vrydag aangekondig dat die universiteit se raad die hervestiging van die MT Steyn-standbeeld goedgekeur het.

Volgens Lacea Loader, woordvoerder van die UVS, het die raad dié besluit vroeër Vrydag tydens sy kwartaallikse vergadering geneem en is die besluit later tydens ʼn mediakonferensie bekend gemaak.

Loader het gesê daar is besluit dat die Marthinus Theunis Steyn-standbeeld op dié universiteit se hoofkampus van die kampus na ʼn ander plek geskuif moet word. “Die raad het versoek dat die verskuiwing in volle samewerking met die familie van pres. MT Steyn gedoen moet word.”

Volgens Loader volg die raad se besluit ná ʼn aanbeveling van ʼn spesiale taakspan aan prof. Francis Petersen, rektor en visekanselier van die UVS.

“Die besluit is nie ligtelik geneem nie, maar ek glo dit is in die beste belang van die universiteit,” het Petersen gesê.

Die spesiale taakspan is vroeër vanjaar deur Petersen aangestel om ʼn raamwerk op te stel en te implementeer rakende ʼn proses om die standbeeld se posisie voor die hoofgebou op die Bloemfontein-kampus te hersien.

Die taakspan het vier opsies oorweeg: die behoud van die standbeeld in die huidige posisie; die herinterpretasie van die standbeeld en die spasie daar rondom; die hervestiging van die standbeeld op ʼn ander deel van die kampus en die hervestiging van die standbeeld na ʼn ander plek.

Daar is verskeie openbare verhore gehou op al drie UVS-kampusse en volgens die universiteit is daar ook met ander rolspelers soos Steyn se familie in gesprek getree.

Francis Petersen. Foto: UVS

“Aangesien daar nie ʼn presedent vir so ʼn proses in Suid-Afrika is in terme van huidige wetgewing nie, kan die proses lei tot die ontwikkeling van ʼn protokol wat deur ander instellings gebruik kan word om soortgelyke veranderinge in die toekoms te maak,” het Petersen gesê.

Volgens hom sal die verskuiwing van die standbeeld na ʼn ander plek weg van die kampus die beste wees vir die universiteit se visie vir die toekoms. “Dit sluit in om te verseker dat die UVS ʼn plek is waar almal welkom voel en waar diversiteit aangemoedig en gevier word en waar konsepte soos dekolonisering in ʼn akademiese en realistiese wyse gepak word en waar integrasie op ʼn holistiese wyse bewerkstellig word.”

Petersen het gesê die verskuwing van die standbeeld sal wetlik en op ʼn waardige wyse geskied. “ʼn Omvattende benadering en samehangende proses sal geïmplementeer word om die ruimte voor die hoofgebou te herkonseptualiseer.”

Petersen het gesê hoewel die verskuiwing van die standbeeld die potensiaal het om verdeeldheid in die universiteitsgemeenskap te saai, het die openbare prosesse die potensiaal getoon om ʼn vlak van verdraagsaamheid te skep.

Volgens Petersen het die raad dit goedgekeur dat die nodige wetgewende prosesse soos uiteengesit deur die Vrystaatse Erfenishulpbronne-agentskap gevolg sal word met die verskuiwing van die standbeeld.

Steyn was van 1896 tot 1902 die president van die voorheen onafhanklike Oranje-Vrystaat. Verskeie geboue en strate reg oor die Rosestad is na Steyn vernoem.

Die voormalige CR Swart-gebou, die Vrystaatse regering se provinsiale hoofkantoor, is in 2015 ter nagedagtenis aan die ontslape Kubaanse leier, Fidel Castro, hernoem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

51 Kommentare

Henk ·

Beste belang van die universiteit se gat man. Een ding moet julle weet julle kan ons geskiedenis nie uitwis nie, julle kan ons kultuur nie uitwis nie, julle kan ons taal nie uitwis nie. Jylle kan ons geloof nie uitwis nie. Ons is hier om te bly!!

Anel ·

En hoekom moet ‘n terroris van ‘n ander land in ons land vereer word met die vernoeming van ‘n gebou?

Jan ·

Petersen is n lakei van die EFF en ANC. Vat die stanbeeld weg. Die kriminele aktiwitete op die VU kampus en verkragting van Afrikaans is benede helde soos MT Steyn. Sit maar n stanbeeld van Zuma op dit pas goed in by die beeld van die VU

Jaco ·

Nou is daar plek vir julle malema standbeeld. Coming soon…

Nico ·

Dank vader my kinders sal nooit die Kovsies sien . Van die eens ongelooflike instelling is daar niks oor
Geniet hom !

TB ·

En so word ons geskiedenis weggerraap… wonder wie sal nou daardie plekkie vervang as di standbeeld verskuif/verwyder word? Vewyder al eerder al ons standbeelde en gaan sit by die voortrekker monument sodat ons geskiedenis daar bewaar kan word.

Vrystater ·

Dat almal welkom kan voel? Watse bol verskoning is dit tog nie?
90% van daai studente sal nie eers weet wie M.T. Steyn was nie. Ten minste word net dit nie vernietig nie.

Hanna Hoekom ·

Presies! 90% van die studente sal nie eens weet wie MT Steyn was nie. Die feit bly staan: hy is wit. Dus is daar onmiddellik n gevoel van minderwaardigheid by sekere bevolkingsgroepe. Wonder of daar beurse in sy naam uitgeloof word? Dan moet dit ook mos afgeskaf word.

B ·

Diversiteit aangemoed?
Al is wittes al in die minderheid?
Dis soos by die werk, 87% swart al maar nog steeds word diversiteits opleiding gedoen, soos 20j terug ?

Hennie Liebenberg ·

Skandelik,, ek skaam my as n oud Kovsie. Maak spasie beskikbaar vir beeld van Malema….?

kobus ·

Net omdat hy wit is.dis hoekom.so haal hulle stuk vir stuk uit

Manie ·

Ek’s te skaam om te sê ek het op so baie rassistiese Universiteit studeer. Gelukkig is daar n knoppie op jou rekenaar wat alles uitwis. My almamater is laas jaar verwyder van my rekenaar. Niks meer geldjies van my kant vir die rassiste

Andrew ·

Volgende kom daar seker ‘n standbeeld met “tyres and matches” om die “struggle” te herdenk.

Ina Cronje ·

Fanie, ons is dankbaar vir ‘n suiwer Afrikaanse Universiteit soos Akademia, maar ek voel MT Steyn het so baie vir die Vrystaat gedoen dat die standbeeld in Bloem moet bly. Die vrouemonument is ‘n goeie voorstel, hoop net dit sal veilig wees daar, niks is meer veilig in SA nie. Mag sy lewe en voorbeeld wat hy gestel het vir altyd in ons geskiedenis wees, dit kan niemand van ons wegneem nie. Ons sal maar kyk hoe die UOVS jaar na jaar gaan verval

Apie ·

Ek stem 10000% saam. En so ontvang die Boer gereeld n dolksteek in die hart vanaf hierdie krygers!

Lana ·

Petersen, as dit gaan oor dekolonisering, kan jy sommer die hele universiteit sluit. Of hoe dink jy – waar kom dit vandaan?

PJC ·

Die standbeeld moet nie weer op ń perseel geplaas word wat aan die staat behoort nie want dan gaan dit net weer aan die EFF die geleentheid gee om weer amok te maak.

GM ·

Nou moet almal se geldjies ook ‘na ‘n ander plek’ geskuif word – Dis so eenvoudig.

HPV ·

Dit moet vreeslik wees dat selfs ‘n standbeeld jou bedreig laat voel, elke keer bevrees raak as jy dit sien in die verbyloop selfs as jy nie eers weet wie die beeld verteenwoordig nie…

Magrietha ·

Julle kan strate se naam verander dorp se naam verander standbeeld verwyder maak nie saak wat julle foen nie fie land en alles in dit behoort nie aan julle nie jy en jou maters het dit nie gemaak nie dit behoort aan God

John ·

Doen en ek hoop die nasate van die president is bly want hy verdien nie ‘n uitsig oor die patetiese plek wat die UV uitgedraai het nie. … Alles om ‘n vlak van verdraagsaamheid te skep…. Snaaks dat die migrante in Europa ook die heeltyd te koop loop met alles wat hulle seermaak… hul kultuur bedreig en hul godsdiens en en, maar hulle daag steeds op en klouter oor veiligheidsheinings en roei oor stormsee. Iewers is daar ‘n gemene deler. Die ewige vervelige dambordspel van die insypelaar-vergryper?

Louis Rischmüller ·

Laat ons eerlik wees: die oenskynlike verskonings van anderkleurige studente se belange is die grootste leuen ooit. Al SA se universiteite het sig verloor sedert 1994 deurdat die regering hul eie keuses die poste v Rektor,ens kry en dit om wit studente te na te kom

Rupert Ashford ·

Enige alumni wat nog geld skenk moet mooi dink. Ook beurse ens moet weg.

Peet ·

Staak jou alumnibydrae. So maklik soos dit. As ons geskiedenis nie deel uitmaak van ‘n diverse kultuur nie, dan moet ons geld ook nie.

JV ·

Kan die man mooi woorde gebruik, hy dink ons is patete. Die studente weet nie eers wie Steyn is nie, hulle is almal na 94 gebore. Lyk my almal ly aan minderwaardigheids komplekse.

Chris ·

Verwyder alles wat wit en afrikaans is om tog net in die goeie boekies te bly. Solank anders kleuriges gelukkig is, wie gee om vir die wit studente

Pieter Groenewald ·

So die standbeeld moet verwyder word sodat almal welkom voel behalwe Afrikaners. Maw Afrikaners is nie welkom by UOVS nie

Sputnik ·

Die ou spul sal nog vir hul eie skaduwees probeer weghardloop! Dat ‘n beeld soveel vrees kan inboesem!

Willie Botha ·

Ek is skaam om ‘n oud-Kovsie genoem te word. Tyd vir ‘n nuwe, nie-populistiese, Afrikaanse instelling waar integriteit, identiteit van almal en internasionaal erkenbare akademiese standaarde kan floreer. In daardie milieu sal Pres MT Steyn waarskynlik welkom voel.

EP ·

Wat het Fidel Castro met ons geskiedenis te doen? Ag nee regtig!

Santi ·

Shame dat ‘n stuk klip nou vir sekere mense so ‘n bedreiging moet wees

Gerhard ·

Is dit nie een van die sg. ankerdorpe wat veronderstel is om ‘n plek te wees waar jy jouself as volk kan onderhou nie?

Die Verlore Skaap ·

Die sogenaamde universiteit se naam en kwalifikasies beteken anyways niks in die res van die wereld nie….

Droë Perske ·

Ek het jare gelede my Platinum Donateursertifikaat vir Jonathan Jansen per geregistreerde pos teruggestuur en my debietorder gestop. Daarna is my besluit herhaaldelik reg bewys.

piper ·

ek stem saam. g aan plaas die standbeeld by akedemia. daar sal dit by die waardigheid wat dit verdien , inpas. vat die standbeeld weg want sy naam verdien dit nie om gekoppel te wees aan n powere aan stelling soos uvs nie, die uvs verdien nie meer sy teenwoordigheid nie. dit is nes al die ander dorpsname wat verander word. daardie dorpe is in so n gemors dat hulle nie aan die ou name onthou wil wees nie en is te skaam daarvoor. so gee die dorp n ander naam en daan is jy skaam vir daardie dorp onder die nuwe naam.

Mars ·

Ek en al my vriende, wat daar geswot het, het reeds jare terug ons alumni bydraes aan daai rassistiese sirkus gestaak. Ek troos my daaraan dat ek by ń goeie universiteit studeer het, wat net nie meer bestaan nie.

Essie ·

Hoekom word da nie n parkie gemaak waar al on oud helde saam vereer en hul beelde in die kampie bymekaar gesit word nie.Dan kan daar nie teen ons oudleiers gediskrimeneer word nie.

Johan Kriek ·

Ek is bly die stanbeeld van Pres M T Steyn word verwyder vanaf die kampus van daardie besoedelde derdewêreldse akademiese instelling instelling. As een van die groot manne in ons geskiedenis verdien hy beslis beter.

Hannah ·

Ek stem saam jou Johan.
MT Steyn mag ni meer op n As Hoop stasn nie
Gee dit n plek waar dit deur n waardige Afrikaner volk waardeer kan word

Eddie de Jager ·

Pres. MT Steyn verteenwoordig beslis nie kolonialisme nie. Eerder die stryd daarteen. Die kommuniste, sosialiste en radikale links liberalis se intellektuele onvermoë om feite te erken is een van Suid Afrika se grootste uitdagings. Die eerste ding wat Pres Steyn en sy vrou gedoen het na die tweede Vryheidsoorlog was om fondse in te samel om skole en dié Universiteit op te rig om Suid Afrikaners weer op te bou na die verwoesting deur Brittanje. Julle is ‘n klomp dwase UV om dit te ontken en toe te laat dat gevoelens en emosies julle lei. Dit gaan niks verbeter of regstel nie. Vra more vir ‘n kommunis, sosialis, of radikaal links liberale of hulle lekker geslaap het na die nuus oor die standbeeld en ek verseker julle hulle gaan nie eers omgee nie. Hierdie is die toedoen van ‘n klein groepie magsbehepte politici wat spiere wil wys. Dit gaan julle inhaal. Bemoei julle met die bemagtiging van studente met kennis en vaardighede en die op bou van standaarde. Die skuif van die standbeeld gaan dit nie bewerkstellig nie.

Out of Africa ·

Die nuwe Kovsies grade is elk geval niks werd hier oorsee nie. Moenie jou kinders daar laat swot nie, dis geld en tydmors met min toekoms geleenthede.

Johann M van Heerden ·

Hulle verwyder MT Steyn se standbeeld, maar noem ‘n gebou na die skurk Fidel Castro. Hulle is duidelik nou ‘n spul paloekas.

Johann M van Heerden ·

Jammer maar ek wil graag nog ‘n stuiwer in die armbeurs gooi. Dit bekommer my dat ons dit so gelate aanvaar. Daar is duidelik ‘n massiewe behoefte aan ‘n saambindende organisasie. Die voorwaarde is dat dit oopkop bly en wegbly van haat retoriek van die Malemas en antisemiete as voorbeeld. Ons moet trots wees op ons goed en ons taal mooi besig in die proses. Ons word tans onder geploeg en niemand doen iets nie.

Chrisjan ·

Dankie. Skuif dit asb, die plek is so standbeeld nie waardig nie.

Geregtigheid ·

Dit gaan nie oor Pres. Steyn nie maar oor n blanke. Hulle sal alles wat blank verteenwoordig wegvat. Maar hulle kan nie ons geskiedenis wegvat nie want dis in ons harte net soos ons Godsdiens.

Chris Alberts ·

Nóg ‘n bastion het geval. En só word minderhede wat reuse rolle in die geskiedenis gemaak het sonder slag of stoot stelselmatig stilgemaak. Moenie die Regering of een of ander Universiteitsbestuur blameer nie, blameer onsself.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.