Mthembu byna in trane oor geslagsbaseerde geweld

Minister Jackson Mthembu gee terugvoer oor die kabinetsvergadering. Foto: Elmond Jiyane/GCIS

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC, was Donderdag byna in trane toe hy ’n beroep op mans gedoen het om op te hou met die mishandeling en verkragting van en die moord op vroue.

Mthembu het tydens ’n mediakonferensie ná Woensdag se kabinetsvergadering onder meer gepraat oor moontlike veiligheidsmaatreëls wat ingestel behoort te word om die onlangse vlaag geslagsbaseerde geweld hok te slaan.

“Julle sal my moet verskoon as ek emosioneel raak wanneer ek oor vroue praat want baie van ons het dogters en as ons praat oor die moord op vroue en ander jong meisies raak dit ’n teerpunt vir sommige van ons aan omdat ons net mense is. Ons is pa’s,” het Mthembu in ʼn bewerige stem gesê.

“Watter soort mans doen dít? Ek dink ons ​​het ’n groot taak as mans om ʼn einde daaraan te bring … om oral heen te gaan en met ander mans te praat, waar ook al hulle mag wees, in kroeë, by die werk.”

Mthembu se kommentaar volg ʼn dag nadat pres. Cyril Ramaphosa ʼn nasionale strategiese plan met vyf onderafdelings teen geweld op vroue en kinders aangekondig het.

Maroela Media het vroeër berig dié onderafdelings is stappe om geweld teen vroue te voorkom en sluit in ʼn versterkte strafregstelsel, die verskerping van wette, versorging van slagoffers en ekonomiese bemagtiging van vroue.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

BlinkStephaans ·

Dis alles goed en wel en mooi oom jackson maar die planne wat jy voorstel is alles re-aktief… alles nadat die dade gepleeg is. Jy het geen plan om vroue te beskerm voor die dade gepleeg word. Dit is n opvoedings taak… en n probleem wat nog dekades met ons sal wees… want nie jy of enige van jou kolegas het n clue waar om te begin. Dit is n opvoedings taak wat vir te lank agtergelaat is… en ongelukkig vir die land se vrou nie in my en jou leeftyd gaan inhaal.

Gert van Wierdapark ·

Die manier van regeer van die manne aan bewind het SA al hoe dieper in n moeras van Korrupsie, nie – aanspreeklikheid en misdadigheid laat sink. Die “handskoen-hantering” van moordenaars en verkragters weens onder meer onvoldoende kundige mannekrag in die SAP, saam met die borgtog beleid, het dit n mekka vir die soort misdadigers gemaak, want die kans om gevang en skuldig bevind te word, is skraal! “I rest my case, your Honour!?”

Piet ·

Mr Mthembu vra watter soort mans doen dit?
Mr Mthembu na die geval Fransman – het jy vir ons die antwoord.

Christa ·

Omdat hierdie kinders nooit getugtig is nie het hulle slegte grootmense geword. Jy Kan Sommer aan mense sien of hulle in n huishouding grootgeword het wat opvoeding geleer is

Kubaan ·

Too late for tears! Die Robbeneilandkamerade het nie voorsien wat nou gebeur nie en hulle weet nie wat om te doen nie! Die wetteloosheid van die strugglejare raak nou die ANC se kopseer!

Alida X ·

Stem saam met Blinkstephaans.
DIT IS ”N OPVOEDINGSTAAK.
R1.1miljard is nie ‘n towerstaf wat al die probleme gaan oplos nie.
ANC probeer alweer ‘n pleister oor ‘n sweer plak.
Werkloosheid en apartheid is wragtig nie hiervoor te blameer nie.
In sommige kulture is sulke behandeling van vroue aanvaarbaar.
Van ons werkers het al gesê dat die vrouens hulle eiendom is indien hulle labola betaal het. Die vrouens mag geslaan word.
Daar was al verkragting en seksuele teistering klagtens teen van ons leiers en dan word dit net onder die mat ingevee.
Dit is die voorbeeld waarmee die volgende geslag grootword wat gaan bepaal hoe hulle optree.
Moet ook nie net die mans beskuldig nie. Kinders word ook deur ‘n ma verwaarloos.
Sommige kinders is net daar sodat ouers toelaag kan kry.
Tree meer aggresief teen dwelmhandelaars op. Sonder dwelms sal dit al beter gaan.

Stef ·

Ek glo nog altyd die ou wat die meeste lawaai maak/naaste aan trane kom het die meeste geraamtes in die kas.
Kom ons hou die spasie dop

Manie ·

Hy trek n Molefe op ons. Gaan begin by jou eie party wat geen respek het vir n vrou

Mark ·

The people shall govern. Dit blyk die waarheid te wees aangesien die “government” verdwyn het.

lewies ·

As hy emosie getoon het oor die geweld teen vrouens en kinders, het ek respek vir hom, want alle pa’s wat hulle sout werd is sal voel soos ons daaroor voel. Dit maak nie saak on dit swart of wit is nie. As jy kinders verwekhet in die huwelik is hulle geskenke van ons Skepper. As dit so is is die emosie wat ek as witman ervaar presies dieselfde as wat hy as swartman ervaar.

Marinda ·

Ditto Mark, ditto.
Presies hoekom ons land lyk soos dit doen.

Arno Scheepers ·

Shame, hy pik n traantjie!!!
Jou skyn trane flous niemand nie. Staan op en doen iets. Begin by jou anc kaders…..DAAR lê die probleem.

Db ·

Die amper trane maak jou belaglik. Julle is net so skelm soos die houtjie van die galg en dit beïndruk niemand behalwe miskien jou kaders nie. Stop julle slapgat houding en DOEN iets. Woorde is so goedkoop en net die dade sal bewys dat jy ernstig is

Leon ·

Ag siestog, ag shame ag ………, da pik hy ‘n traantjie. Maar terwyl die hele spul in die verlede net geskep en geplunder het, het hulle ‘n veer gevoel, selfs vir die “slimmes” wat hulle in daai posisies in gestem het! Julle het die land laat val soos ‘n sak warm patats.
“Too late for tears” vir julle nou dat die wêreld julle twee-gat-jakkals streke begin raaksien!!

marous ·

Huil die Limpopo maar in ‘n vloed in . Hulle het geen gevoel vir niks nie . Dis hoekom die land ‘n nes is .

A ·

Te laat … vir duisende vroue en kinders wat reeds verkrag/vermoor is, ook die derduisende gesinne wat vir altyd getraumatiseer is en sonder ‘n geliefde moet aangaan.
Getroue werkers wat nie meer werk het nie, dus geen salaris kry nie, agv boere/werkgewers en ander wat vermoor word nie.

Waarom is daar so min ophef gemaak in sosiale media van die arme ma en ongebore babatjie (van Underberg KZN) wat vermoor is???

Cornelia ·

Mnre. Mthembu en Ramaphosa sal in die wêreldgeskiedenis aangeteken staan as die eerste staatshoof en ‘n dienende parlementslid wat na die onberekenbare en bose geweld teen vrou en kind as ‘n “mansprobleem” verwys. Dit vra meer as onverskrokke eerlikheid. Dat Mthembu in die gees van Ramaphosa se vreeslose erkenning die geleentheid aangryp om ‘n eerbare beroep op sy eie volk se manne en seuns te doen wat sommer al die vlieë met een plak bykom is ‘n geskiedkundige unieke gebeurtenis. Hy doen ‘n beroep op eerbare manne om ‘n opvoedkundige aanslag te loods op voetsoolvlak waar hulle op hulle werk- leef- en ontspannings terreine, opsetlik kan bydra tot die waardetoevoeging van introspeksie en rehabiliterende insette. Dis ‘n braak sendingveld. Waar is die Liefde? Waar is die vergifnis en lydsaamheid? Waar is die vrees vir God?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.