Mthembu deel pyn om op dogter se liggaam af te kom

Jackson Mthembu, hoofsweep van die ANC (links) (Foto: ANA)

ANC-hoofsweep Jackson Mthembu het Saterdag gesê hoe hartseer dit is om sy dogter Nokhwezi Mthembu te verloor. Sy het haar eie lewe geneem deur haarself op te hang.

Mthembu het ongeveer 3 000 roubeklaers toegespreek tydens die begrafnisdiens vir Nokhwezi by die KaNyamazane-stadion in Mpumalanga. Hy het vertel hoe erg dit was om op 20 Maart die 25-jarige Nokhwezi se kamer binne te gaan by hul huis in die Pelican Park- parlementêre dorp in die Kaap en haar te sien hang aan die gordynreëling.

“Ek het aan my vrou Thembi gesê ek wens dit niemand toe om in die kamer van jou kind in te loop en op hul lewelose liggaam af te kom nie.

“As jy ʼn kind grootmaak wat skool klaarmaak en begin werk, dan dink jy jy het gedoen wat jy kan. Daar is iemand wat my gaan begrawe wanneer ek sterf, min wetend dat sy die eerste een is wat op ʼn pynlike en onverwagse manier gaan sterf. Ons het verloor. Ons het soveel van Khwezi verwag.”

Mthembu het gesê die afsterwe van sy dogter het gebeur terwyl hulle nog die afsterwe van sy ma, wat verlede jaar Maart oorlede is, probeer verwerk. Hy het gesê Nokhwezi was ʼn gehoorsame en skrander persoon.

Sy het haar diploma in grafiese ontwerp van die Vaal Universiteit vir Tegnologie ontvang. Haar biologiese ma was Mthembu se wyle vrou Pinkie Selolo. Sy het vir ʼn grafieseontwerp- en bemarkingsmaatskappy in Kaapstad gewerk ten tye van haar afsterwe.

Nokhwezi se jonger sussie, Nokuthula Mthembu, het ook haar sussie liefdevol onthou en na haar verwys as “ʼn pilaar van krag”. “Sy het ons altyd getroos wanneer ons hartseer was. My sussie het vir ons gesorg en ek moedig julle ook aan om vir ander mense te sorg.”

Naledi Pandor, minister van hoër opvoeding en opleiding, en minister van gesondheid Aaron Motsoaledi was van die kabinetministers wat die begrafnis bygewoon het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Johann cb ·

Dit is verskriklik seer en hartseer. Die dood is só finaal en laat ‘n permanente leemte. Sterkte aan die Mthembu-gesin!

Drieks ·

Jy is al deur so baie en nou hierdie hartseer. Baie jammer vir jou en die ander kids…

Leigh ·

Ek gee nie is m wie jy is, dis die ergstr dink vir n ouer om jou kind te begrawe…. Mag ek dit gespaar bly. My hart gaan uit na hulle. Dis die grootste seer

Obserweer ·

Amen op al die komentaar. Voel sommer trots om n Suid Afrikaner te wees vanaand. Sterkte aan die familie .

René - Hermanus ·

This is so sad. My deepest condolences to the family. I pray that God will give you peace.

Thys ·

Loop soek simpatie op n ander plek ou Jackson…….Niks veel erger as om op jou verminkte geliefdes se liggame af te kom!!! Go figure!!!!!!

Makya ·

Mnr Mthembu miskien verstaan jy nou hoe voel elke boer wat vermoor word se familie. Dalk net kan julle nou julle rooi moordende tot “stop” roep met al die plaas aanvalle en moorde.

Flip ·

Ons het Jackson verskeie kere in Witbank raakgeloop, dan het hy altyd ‘n geselsie aangeknoop. Baie vriendelike man. Ons is jammer Jackson om van jul dogter se afsterwe te verneem. Mag jy en jou vrou rus en vrede kry by die voete van die Here. Ons sal aan julle dink in ons gebede. :(

Heksie ·

Die gedagtegang van iemand wat besluit om selfmoord te pleeg is vir ons almal maar duister …

Maljan ·

Is ditnwat die verkeersophoping gister rondom Nelspruit veroorsaak het? Sterkte.

Aap ·

Ag shame , en ons vriende en familie wat so vermoor word duer die anc elke dag dis niks , voel n veer vir jou sorry

LH ·

My hart gaan uit na jou Jackson Mtembu en Familie.
3 jaar en 2 maande terug, het ek ook langs my oudste seun se lyk gestaan . . . . Hy, is vermoor!
Ek vra dat jy hierdie absolute magteloosheid wat jy nou beleef, en die gat wat geskeur is in jou hart, sal deel met jou top kollegas!
Daar is ‘n BAIE ouers wat hulle kinders verloor deur die wanorde en wetteloosheid wat geskep is in ons Land, deur DIT wat toegelaat word, en die beskerming en regte vir kriminele! JY Mnr. Mtembu kan ‘n verskil probeer maak!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.