Mthembu kom glo op dogter se liggaam af

Jackson Mthembu. Foto: polity.org

Jackson Mthembu, die hoofsweep van die ANC, het glo Dinsdagaand op sy 25-jarige dogter se liggaam afgekom nadat sy haar eie lewe in haar slaapkamer geneem het.

Nonceba Mhlauli, woordvoerder vir Mthembu se kantoor, sê Mthembu was laat gisteraand in Kaapstad op pad huis toe ná ʼn sitting van die nasionale vergadering. Hy het toe ʼn oproep van een van sy dogters ontvang om te sê ʼn tragedie het hom by die huis afgespeel.

“By sy aankoms by die huis in Pelican Park is hy begroet met die pynlike toneel van sy dogter, Khwezi Mthembu, wat volgens alle aanduidings haar eie lewe in haar slaapkamer geneem het,” het Mhlauli gesê.

“Dit is ʼn baie traumatiese en pynlike ervaring vir die familie en ons versoek Suid-Afrikaners om hulle in hul gebede te hou in hierdie moeilike tyd. Ons bedank ook diegene wat boodskappe van medelye aan die hoofsweep en die Mthembu-familie gestuur het.”

Maroela Media het vroeër berig Mthembu het Woensdagoggend op Twitter sy dogter se selfmoord bevestig. Talle mense het met skok en hartseer op die nuus gereageer.

“My broer en mede-LP: Geen woorde kan [hierdie] beskryf nie, geen ouer moet ooit hul eie kind begrawe nie. Ek stuur my innige medelye aan jou en jou familie. Julle is in my gebede,” het Mmusi Maimane, leier van die DA, aan Mthembu getwiet.

Corné Mulder, hoofsweep van die Vryheidsfront Plus, het ook sy medelye aan Mthembu uitgespreek. “Mag God jou en jou familie in sy hande hou in hierdie moeilike tyd.”

Mkhuleko Hlengwa, nasionale woordvoerder van die IVP, DA-LP Dianne Kohler Barnard, adv. Busisiwe Mkhwebane, EFF-LP Floyd Shivambu, die ANC in die Wes-Kaap en die Universiteit van Mpumalanga het almal hul medelye betuig.

Mhlauli sê begrafnisreëlings sal later bekendgemaak word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

Anoniem ·

Die ANC vervul my met wrewel, maar tog kry ek hom as mens en pa innig jammer. Hy en sy gesin is op die oomblik in diep en donker waters. Ek hoop hy en sy gesin ken die Here, want aan wie/wat anders hou mens vas in sulke hartseer omstandighede?

Theo ·

Ek gun geen ouer dit nie. Ek ken hulle nie, weet nie wat hulle geloofsoortuiging is, maar bid net dat ons Hemelse Vader hulle sal toevou in Sy genade

Ai. ·

Kyk ek hou nie van die anc nie net mooi niks maar my hart gaan uit na n vader wat sy kind afstaan ,veral so…My innige simpatie vir jou en jou famlie en vriende vir jul so n seer verlies Mnr Mthembu..

Ander Annie ·

Diepste medelye aan hierdie familie. Ek dra julle op in my gebede. Dit is die seerste seer vir ouers wanneer hulle ‘n kind aan die dood afstaan. Wat nog te meer ‘n selfmoord. Soms is daar nie ‘n antwoord op al die vrae nie.

Ellisras ·

Jackson. Jy gaan die nie lees nie. Maar vir jou en al die ander. Die Here is in beheer. Seën vir jou en almal in dieselfde posisie.

OOk ·

Met ons ook gebeur, 13 jaar later is die onthou nog net so erg…

Karolis ·

Marine, wil jy nie ook die beriggewing doen oor plaasmoorde nie?
Jy doen dit met soveel deernis. Rerig ‘n goeie berig.

Louisa ·

Baie sterkte aan Jackson en famielie. Ek my seun ook verlede September verloor deur selfdood. Dit is bitter seer met baie vrae. Ek dra jou en famielie op in my gebede. Die seerste seer om n kind te begrawe.

Eddy ·

Simpaties aan die Mtembu gesin.Ek onthou Jackson was een keer by n OTM toe hy geld getrek het,in die gesig geskiet.So die man kom ook deur tragedies.

mg ·

My hart gaan uit na die familie want dis n bitter seer situasie. Die familie word opgedra aan God vir berusting en aanvaarding.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.