Mthembu ry self hospitaal toe ná skietery

Jackson Mthembu

Jackson Mthembu Foto: polity.org

ANC-LP Jackson Mthembu is Sondagaand in die gesig geskiet toe hy geld by ʼn kitsbank in Witbank, Mpumalanga wou trek.

“Dit is nie duidelik hoeveel keer hy geskiet is nie,” het ʼn familielid aan die Citizen-koerant gesê.

“Hy kon gelukkig self na ʼn nabygeleë hospitaal toe ry,” het Moloto Mothapo, woordvoerder van die hoofsweep van die ANC, gesê. “Hy is tans in die intensiewesorgeenheid van die Emalahleni-privaat hospitaal.”

Patrick Craven, woordvoerder van die vakbondfederasie Cosatu, het gesê hulle bewonder Mthembu se dapperheid om self hospitaal toe te stuur. “Ons wens hom ʼn vinnige beterskap toe,” het Craven gesê.

Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, het in ʼn verklaring bevestig die rowers het ook ʼn paar van Mthembu se persoonlike items gesteel.

Intussen het die ANC bewerings dat die aanval polities gemotiveerd is, verwerp. “Die ANC waarsku diegene wat enige kwaadwillige of misleidende uitlatings oor die voorval maak,” het Kodwa bygevoeg.

Die voorval het in Mandelaweg in Witbank plaasgevind. Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

Mthembu is lid van die nasionale uitvoerende komitee en voormalige nasionale woordvoerder van die ANC.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Anton ·

En toe ry hy na die privaat hospitaal toe vertou maar ook nie nie die regering se hositale nie

adrian ·

So ja, welkom in die werklike Suid Afrika anc base, ons leef in die toestande elke dag die verskil is dat 90% van die mense in die land het nie mediese fondse dan moet ons na staatshospitaal (deathcamp) gaan. Jackson se groot bek is darem nou gesnoer.

Drieks ·

Jackson, so leef ons elke dag, en toe gebeur dit met jou ook, want jy het sonder sekuriteit beweeg. Ons gewone mense het nie geld vir veiligheid nie, en ek en my man is in afsonderlike gevalle aan geval. Ek voel nou gelukkig dat die anc hul opvoeding wat hul kweek so terug kry.

HEVW ·

Wat se die polisiehoof hiervan. sal sy daarmee vrede he? Ons wag en sal seker hoor.

Tjaart ·

Hoekom gaan hy na n privaat hospital.hoekom gebruik die anc nie hulle eie staats hospitale nie om te sien hoe beroerd dit regtig is nie

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.