Mthembu sterk aan in hospitaal

Jackson Mthembu Foto: polity.org

Jackson Mthembu Foto: polity.org

ANC-LP Jackson Mthembu, wat Sondag in Witbank tydens ʼn gewapende roof geskiet is, sterk aan in die hospitaal.

“Hy is in ʼn goeie luim en hy gesels, maar dokters wil hom steeds dophou,” het Zizi Kodwa, woordvoerder van die ANC, gesê. “Hy is steeds in die intensiewesorgeenheid, maar dit is nie ernstig nie.”

Mthembu het die aand by ʼn kitsbank in Mandelastraat geld getrek, toe gewapende mans hom oorval en al sy geld uit sy bank onttrek het.

Brig. Selvy Mohlala, woordvoerder van die polisie in Mpumalanga, het Maandagaand verduidelik ʼn skoot het afgegaan tydens ʼn struweling tussen Mthembu en een van die rowers en ʼn koeël het sy wang rakelings getref en hom toe in sy skouer getref. “Die gewapende man en sy drie medepligtiges is dadelik na Mthembu se motor waar vier van sy vriende gesit en wag het,” het Mohlala bygevoeg. “Die rowers het Mthembu en sy vriende ook van hul geld en selfone beroof.”

Die ANC het vroeër gesê Mthembu het self na die Emalahleni-privaat hospitaal gery.

Die polisie ondersoek ʼn saak van gewapende roof.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

witrot ·

Ja kry van jou eie medisyne. Daar is mos nie misdaad is SA nie, en die miadaad wat ons wel beleef is in ons drome, dis nie so erg nie. Die polisie kommesaria proklameer dan elke jaar hoe misdaad afneem…… Kry vir jou (jammer as dit klink as ek lekker kry,dit is nie, dis bitterheid in die sin van wat met ons mooi land aan die gebeur is)

Lisa ·

Stem 100% saam!!! Wys jou net die wiel draai…. Soos jy se dit is mos in ons drome, nou het hulle dit self ervaar!

Grassie ·

Mthembu het lig daarvan afgekom. Hy het nie ervaar wat deur sy volksgenote aan wit bejaardes gedoen word nie. Hy is nie vasgebind, geskop, met ‘n panga gekap, met kookwater gebrand of met ‘n warm strykyster gemartel nie. Hy het ook nie ‘n dag lank in ‘n staatshospitaal se vuil wagkamer gelê voor hy behandel is nie. Ek voel niks vir hom nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.