Mthethwa as waarnemende minister van staatsdiens en administrasie aangestel

Nathi Mthethwa

Nathi Mthethwa

Die presidensie het Maandag aangekondig dat Nathi Mthethwa, minister van kuns en kultuur, as die waarnemende minister van staatsdiens en administrasie aangestel is.

Die aanstelling volg ná die dood van min. Collins Chabane weens ʼn motorongeluk.

Chabane en sy lyfwagte, sers. Lesiba Sekele en sers. Lawrence Lentsoane, is Sondag in die vroeë oggendure op slag dood toe ʼn vragmotor glo reg voor hul motor ʼn U-draai op die N1 in Polokwane gemaak het.

Die bestuurder van die vragmotor is nie beseer nie. Hy is op die toneel in hegtenis geneem en aangekla van strafbare manslag. Hy sal na verwagting Dinsdag in die Polokwane-landdroshof verskyn.

Pres. Jacob Zuma het sy meegevoel aan die personeel van die departement betuig wat in ʼn kort tydperk hul tweede minister aan die dood moes afstaan.

Chabane se voorganger, Roy Padayachie, is in 2012 weens natuurlike oorsake dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Jan ·

Begaafde man, as in aanmerking geneem word al die poste wat hy al beklee het !

Drieks ·

Hy beskerm no 1. Hy gaan altyd iewers aangestel word. Al het die polisie verval onder hom. Waar is die geld van die muur wat hy onwettig om sy eie woonhuis gebou het met polisie geld. Is dit al terug betaal???

Henk Venter ·

nou word die trok bestuurder aangekla. Ek hoop van harte sy regspan sal die nodige toetse laat doen VOOR die voertuie vernietig word ten einde te bewys teen watse onwettige hoe snelheid hulle voortgesnel het op die N1!

Gerhard Bezuidenhout ·

Hierdie patetiese rassis het die polisie opgeneuk en gaan seker nou die Staatsdiens n knou toedien. Hy het mos alles oor plaasmoorde ook doodgevee. Kader.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.