Mthethwa gekap oor kritiek op SA spelers wat nie die knie buig

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Nathi Mthethwa, minister van sport, kuns en kultuur, het Dinsdag onder kritiek deurgeloop nadat hy die Suid-Afrikaanse spelers in die Gallagher Premiership se besluit om nié die knie vir die Black Lives Matter-beweging te buig nie, bevraagteken het.

Die burgerregteorganisasie AfriForum sê nou hy beskou die minister se aandrang dat Rugby SA teen dié spelers moet optree, as diktatoriaal.

“Mthethwa se versoek is kenmerkend van ʼn regering wat toenemend diktatoriaal optree en vir burgers wil voorskryf hoe hulle moet dink en optree,” sê Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, in ʼn verklaring.

Volgens Roets is die Black Lives Matter-beweging wat, volgens hom ’n sterk Marxistiese agenda dryf, en die stryd teen rassisme nie dieselfde ding is nie.

“Mense kan hul eie keuses maak oor hoe om rassisme te beveg. Dit beteken geensins dat mense ’n ideologiese belaaide beweging waarmee hulle nie assosieer nie moet ondersteun om aan die stryd teen rassisme deel te neem nie.”

Maroela Media het vroeër berig die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut), het nie Vrydagaand die knie voor hul wedstryd teen Harlequins gebuig nie.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby Against Racism” daarop. Hoewel vier spelers in die beginspan die knie gebuig het, het Manu Tuilagi – die Engelse internasionale speler van Samoaanse herkoms – ook staande gebly.

Mthethwa was egter nie gelukkig met dít wat hy in Engeland gesien het nie.

“Hoewel ons nie die wa voor die perde wil span nie betreffende die spesifieke aangeleentheid van Suid-Afrikaanse spelers in Engeland wat nie die knie ter ondersteuning van die BLM-beweging gebuig het nie, wil ons graag weet wat aangaan en wat SA Rugby se houding hieroor is,” het Mthethwa in sy toespraak oor sy departement se Covid-19-hulpfondsstrategie gesê.

“Ons het gesien dat hulle T-hemde ter ondersteuning van BLM gedra het, maar hulle het nie die knie gebuig nie. Toe ek dit sien het ek vir Saru se president gevra om te verduidelik wat gebeur het sodat ons op dieselfde golflengte is.”

Volgens Jan Bosman, hoofsekretaris van die Afrikanerbond, verstaan die minister duidelik nie die Suid-Afrikaanse Grondwet wat voorsiening maak vir die reg op vryheid van uitdrukking nie.

Bosman wys daarop dat die spelers ingevolge die Grondwet self kan kies om deel te neem aan ʼn veldtog al dan nie.

“Om spelers egter te dwing om die knie te buig ter simboliese ondersteuning van ʼn uiters kontroversiële en verpolitiseerde Black Lives Matter-beweging dui op die minister se ideologiese dwang en sosiale manipulering.

“Dit dien hoegenaamd nie die belang van sport nie, maar slegs die kortsigtige belange van mense wat om politieke oorlewing en posisionering veg,” meen Bosman.

Roets glo dat persone nie die knie hoef te buig óf die Black Lives Matter-beweging te ondersteun om rassisme te beveg nie. “Dit is elkeen se eie keuse en reg om dié besluit te neem.”

Mthethwa het in sy toespraak gesê hy sal met Saru oor die aangeleentheid vergader.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

Alet ·

Jy kan bly wees hulle het nog ingestem om t- hemde te dra want ek sou prontuit geweier het om selfs dit te doen.

johanf ·

Hou verdomde politiek uit sport, niemand gaan aan oor die seuntjie wat nou die dag koelbloedig geskiet was, terwyl hy en sy sussies in hul oprit gespeel het nie, SA moet regtig sy neus uit ander lande hou, en ophou na-aap, kyk hoe nader die Mosambiek sage ons al……

Cherokee ·

mtwêtwa, ek wens jy was slim genoeg om hier te lees, dan sou ek vir jou gesê het, jy behoort uit die parlement weggejaag te word. Die spelers buig nie voor ideologiese gode en voorvadergeeste nie, maar voor God en voor Hom alleen!

Trotse Boervrou ·

Ernst Roets is 100% reg. Elkeen het die reg om te doen wat hul wil. Ek is klaar met Suid-Afrikaanse Sport. So gaan ek nie my siel versondig nie. Ek hoop die room van die oes gaan speel elkeen in die buiteland. Ek sal daardie oorsese spanne ondersteun. Suid-Afrikaanse Sport is nou net so useless en soos die Regerende Party. Ek spandeer nie ‘n sent verder daarop nie. Dankie vir AL ons goeie spelers waarvoor ons soveel respek het. En ja, dit sluit alle kleure goeie spelers in. SA verdien jul nie. Verander sommer SA Sport na SA Sirkus!

Snowball ·

Vanwaar nou Gehasie? Vol van ditself is dit nie?
Another opinionated Nonentity.

Niklaas ·

As ek reg tussen die lyne lees, gaan hierdie minister wil toesien dat alle senior rugby spelers na sy pype dans of nooit weer vir Springbok klere in aanmerking kom nie. Heeltemal Marxisties lyk dit nou

Kalla ·

Ek haal my hoed af vir julle wat kon staan vir waaraan julle glo.

Elsie ·

So moeg vir politiek in sport. Stel regtig nie meer belang in SA sport nie,

JJ ·

Nathi, julle hou van regulasies maak. Maak dan maar ‘n kniebuigregulasie man.

Andries ·

As hy die knie buig voor boere en sê hy’s jammer oor sy broers boere vermoor, ja.

Adriana ·

Ek buig nie voor jou of enige iemand anders, ongeag jou kleur, ek buig net voor my God. Miskien moet jul swart mense jul eie foute begin raak sien en daaraan begin werk en jouself ophef.

Ria ·

Niemand kan vir iemand dikteer hoe hy moet voel en hoe hy dit moet uitdruk nie. Dankie dat julle opstaan vir julle waardes ouens en moenie swig voor mense wat in die tokkelos glo nie., want dis presies hoekom dit gaan soos dit gaan.

Adam Adriaan ·

Nathi, gaan vat jou karretjies en gaan speel buite. Jy versteur die geselskap.

B-Man ·

As Coenie Oosthuizen en Nathi Mthethwa in ‘n MMA-oktagoon sal klim is ek die eerste een wat dit as “uiterse goeie sport” sal beskryf.

stargazer ·

Dis nogal opvallend hoe hierdie nuus ewe skielik van al die main stream media se webtuistes verwyder is. Gelyktydig! Gaan kyk news24, sowetan, ewn, enca. Wat beteken dit

Jakes ·

Ja ou Nathi, As ek jy was sou ek liewer bekommerd gewees het of jou party vogende jaar die munisipale verkiesing sou wen? En ook hoe jou party die gemors waarin julle SA oor 2 dekades gedompel het ooit sou kon uitkry?

Piet ·

Hou politiek uit die sport en dit sal baie meer en beter prestasies op die sportveld beteken waarop die hele SA trots kan wees

Anoniem ·

Mnr die minister van Sport as ek so min van sport weet soos jy dan hou ek eerder my MOND!!!

Rooijan ·

Ek hoop die SA rugbyspelers maak hul rue styf oor hierdie situasie. Hulle moet nie toegee nie al word hulle gedreig dat hulle hul plek in die Springbok span sal verloor. Hierdie is n beginsel saak as jy nie n terroriste organisasie wat brand en breek in die VSA wil ondersteun nie is jy n rassis. Jammer ek stem nie saam nie.

Andries ·

Ek glo as hulle 100% gevoel het dat hulle lewens ook saakmaak dan was dit dalk ‘n ander storie.
Ek voel nie dat my lewe saakmaak in hierdie liewe land van ons nie en ek het respek vir die manne en glo hulle het dalk ‘n innerlike stryd oor die saak. Dit is ‘n jammerte dat politiek nou so deel geword het van sport dat ek my lus en passie vir dit stadig maar seker verloor. En hou in gedagte…. dis nie net in Suid Afrika nie… dis wêreldwyd.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.