Mthethwa: ‘Omvang van korrupsie word oordryf’

Nathi Mthethwa. Foto: Verskaf

Nathi Mthethwa. Foto: Verskaf

Die omvang van korrupsie en die implikasie daarvan in Suid-Afrika word oor die algemeen oorbeklemtoon, het Nathi Mthethwa, lid van die ANC se uitvoerende komitee, Saterdag gesê.

Mthethwa het joernaliste by die ANC se nasionale hoofraadsvergadering in Midrand, Johannesburg toegespreek. “Jy kan jou mos indink as daar R30 miljard gesteel of geplunder is, beteken dit ons het ʼn klomp miljardêrs wat rondhardloop. Wat ons na verwys is, is onder meer onnodige uitgawes wat nie noodwendig beteken daar is korrupsie nie. Soms is dit wanadministrasie deur die staat en so aan,” het hy gesê.

“Die vertelling dat daar met die ANC aan bewind R30 miljard aan korrupsie verloor is, is nie waar nie. Daar is besteding wat verkeerd gaan in die regering – onderbesteding en oorbesteding. In sommige gevalle waar daar elemente van korrupte praktyke is, is dit deur die regering hanteer. Kom ons praat nie op ‘n verkeerde manier daaroor nie.”

Onafhanklike navorsers het bevind dat Suid-Afrika jaarliks R30 miljard aan korrupsie verloor.

Mthethwa het gesê afgevaardigdes by die hoofraadvergadering het hul frustrasie uitgespreek oor senior partylede wat van korrupsie beskuldig is, maar steeds in hul poste bly.

“Ons almal is onskuldig tot anders bewys; dit is presies die aspek wat dit vir die ANC etiekkomitee moeilik maak om sy werk te doen,” het Mthethwa gesê. “Dit is asof as jy sê jy sal uittree, dan erken jy skuld. Die sentiment van die hoofraad is om die proses sy loop te laat gaan, of jy skuldig is of nie.”

Die ANC se hoofraadvergadering sal Sondag tot ʼn einde kom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dave ·

Jy het dit twee keer probeer reg spel en albei kere gefaal. Dìt is kriminele korrupsie teenoor die taal.

André ·

Ag Dave…lewer eerder goeie kommentaar as om ander se klein foutjies uit te wys. Ken jy die een van die balk in jou eie oog…?

Bets Bothma ·

Dis die verskil tussen n geleerde, opgevoede persoon en n “uneducated ANC member”! Red n land met sulke mense aan bewind!

Gwen ·

R.W. Johnson se “How long will South Africa last” vertel ’n totaal ander verhaal as dié van min. Mthethwa

annie ·

Ja, jy is reg. Die gemak waarmee hy sy “storie” “verduidelik” is ontstellend. Dis regtig scary. Dink hy regtig hy kan mense so flous? Sy verduideliking van miljarders is lagwekkend….

Dirk Bosman ·

Leuse van die A.N.C.:Moet nooit bieg nie en ontken alles.

nico ·

Nou kan julle sien hoekom die pres zuma die min in die pos gesit het drop mekaar nie sommer nie maar staan saam en al hoe ons die anc gaan uit kry is saam staan en dit is wat ons res nie kan doen nie

Arie Plaasboer ·

As daar nie behoorlik rekenskap gegee kan word van fondese nie, word onmiddelik aanvaar dat dit wanaangwend is en of daar korrupsie plaasgevind het.
Hoe ookal daar kan nie rekenskap gegee word van BELASTINGBETALERS se geld nie en dit is die gruwel.

Kaspaas ·

So wat hy nou eintlik se is dat daar nog baie vir hulle is om te steel wat is n paar biljoen hier en daar. Blameer Jan en hou net aan, die massas sal aanhou stem vir hulle.

hoenderpoot ·

Dink hy ons is almal stupit, die land word geplunder.Die ANC het 3 maniere van verskonings 1 ontken alles. 2 pak die skuld op iemand anders en as dit nog nie werk nie, gee apartheid die skuld

Jan maak n Plan ·

Mthethwa is heeltemal reg hulle het nie R30 miljard gesteel nie – die baie meer as dit. En die beste van alles is – hulle weet hulle gaan wegkom daar mee.

Jan maak n Plan ·

Hierdie ou is heeltemal reg – hulle het nie R30 mijard gesteel nie dis baie meer en die beste van alles is – hulle gaan daarmee wegkom.

Peter Lerner ·

Ek reken dit is eerder n geval dat die onbevoegdheid en swak integriteit van die ANC lede word onderskat!

Gerhard Bezuidenhout ·

Hy was as minister van polisie n liegbek en nou kom lieg hy net verder. Ek dink dat almal met iets tussen die ore sy uitlatings verafsku.

Willie ·

Vis vrot van sy kop af onder toe.
Plaas dat die lid van die uitvoerende komitee n nul toleransie standpunt teen korrupsie in neem.Hy weet nie waarvan hy praat nie,Al weer lippe
taal?

alex ·

@ Dave jy getuig nou regtig van swak smaak om net te kyk waar daar ‘n spelling probleem voorkom!!

Raak groot.

Johannes Meintjes ·

Weens verskeie diensgeleenthede internasionaal en in 11 lande in Afrika sedert 1981, kan ek moontlik ook na die korrupsie vraagstuk kyk en ‘n mening lewer, asb. Afrika is uitermate korrup en SA verdien die spesiale prys vir die mate en omvang van korrupsie. As die mense van Afrika nou maar slegs hul eie beroof het was it een ding, maar nou beskuldig hulle die Weste van ‘n perspesie oor korrupsie terwyl hulle die gedragspatrone en die geld van die Weste plunder by elke moontlike geleentheid. Nee wat, korrupsie op alle terreiene in SA is deel van ons haas-onomkeerbare verval en agteruitgang op morele en sosio-ekonomiese terrein.

Grassie ·

Mthethwa is reg – die probleem is onderbesteding en oorbesteding. Onderbesteding aan die doel wat die geld voor begroot was en oorbesteding in hul eie broeksakke in.

Kobus ·

Jammer Nathi, jou verduideliking is lagwekkend. Skors die persoon wat van korrupsie verdink word, onmiddelik. Dan kan julle “etiekkomitee” die saak by die polisie aanmeld om ddit te ondersoek en vervolg of nie. Sy/Haar salaris word ook onmiddelik opgeskort totdat die saak afgehandel is Die sake sal dan baie vinniger ondersoek word om te bepaal of hy/sy skuldig of onskuldig is. Indien hy/sy dan onskuldig is, word die salaris wat teruggehou is, betaal, Indien skuldig het ons belastinggeld nie hom/haar vir maande en partymaal jare, lekker laat lewe terwyl hy/sy gekors is nie. Dit sal die vermorsing van geld drasties inkort.

Maar ek weet dit sal nie gebeur nie, want dan is daar nie meer iemand oor om te reger nie. Die persepsie dat die hele ANC korup is kan egter baie vinnig verander as julle aan die kiesers bewys dat julle erstig is om korupsie uit te roei.

ladybug ·

Ai, jy sal darem maar altyd vir jou tjommies skerm né! Julle ry lekker op die soustrein, wag maar tot die kraantjies toegemaak word, dan gaan ons die poppe sien dans!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.