Mthethwa sê hy gaan nie teen spelers optree

Minister Nathi Mthethwa. Foto: Siyabulela Duda/GCIS

Nathi Mthethwa, die minister van sport, het gesê dat hy nie teen die Suid-Afrikaanse spelers sal optree wat versuim het om die knie ter ondersteuning van die Black Lives Matter-beweging te buig nie.

“Ek kan nie namens Saru praat nie, maar ek het geen planne om teen die spelers op te tree wat nie die knie gebuig het nie,” het hy gister tydens ’n parlementêre sessie gesê. Hy is egter steeds teleurgesteld in hul optrede.

“Ek sou egter in my plig versuim het as ek nie belanggestel het in die redes waarom die spelers op verskillende maniere besluit het om hul eengesindheid met die Black Lives Matter-beweging te toon nie.”

Hy het bygevoeg dat die optrede om die knie ter ondersteuning van BLM te buig onder meer wys dat mense hulself met die verdruktes en weerloses in die samelewing vereenselwig, terwyl dit ook ’n manier is waarop die mensdom kan wys dat hulle teen rassisme staan.

Volgens Mthethwa kan Saru optree indien hulle sulke regulasies in plek het. “Ek sal egter nie só ’n stap ondersteun nie, aangesien ’n gevoel van eengesindheid of die ondersteuning van ’n bepaalde saak vrywillig gedoen moet word.”

Hy is ook deur die DA gepols oor waarom daar soveel druk op sportverenigings geplaas word om te transformeer, terwyl daar min gedoen word om sport op skoolvlak te ontwikkel.

Mthethwa het teruggekap en gesê dat hoewel skoolsport belangrik is, ontwikkeling en transformasie twee uiteenlopende kwessies is.

“Sport op voetsoolvlak het met ontwikkeling te doen en nie met transformasie nie. Ons wil transformasie by die eindpunt [op nasionale vlak en by sportverenigings] sien. Dit is iets wat nie onderhandelbaar is nie.”

Hy het ook gesê dat sportlui wat as kwotas bestempel word, dikwels meer gekwalifiseerd is as die persone wat kwansuis op meriete gekies of aangestel is.

Foto: Twitter.

Die Sale Sharks se agt Suid-Afrikaanse spelers, Rob du Preez (losskakel), Faf de Klerk (skrumskakel), Dan du Preez (agtsteman), Jono Ross (kaptein en flank), Lood de Jager (slot), Jean-Luc du Preez (slot), Akker van der Merwe (haker) en Coenie Oosthuizen (stut) het staande in hul Gallagher Premiership-wedstryde gebly terwyl van hul spanmaats gekniel het.

Die spelers het egter steeds gewys dat hulle teen rassisme gekant is deur T-hemde te dra met die woorde “Rugby against Racism” daarop. Tog was Mthethwa nie tevrede met wat hy in Engeland gesien het nie en hy het die spelers se besluit bevraagteken, terwyl hy ook in verbinding met SA Rugby was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Persheks Adri ·

Dis beter jy doen niks nie! Ons buig ons knieë voor God ALLEEN nie vir jou gevoelens oor BLM nie.

#Tsek BLM!

All lives matter!!!

tweeling ·

Jou plig is om sport te bevorder en jou uit die politiek te hou. As julle tranformasie as so belangrik beskou kan jy nie transformasie uit voetsool vlak hou nie. Dit is hoekom daar so baie ongelukkigheid is by die eindpunt want dan wil julle skielik transformeer. Dit is soos om vir ‘n wit speler aan te por om te presteer en dan op nasionale vlak sê julle vir hom sy kleur is verkeerd.

Adam Adriaan ·

Hy sal hom wat verbeel om teen die spelers op te tree. Sowat van voorbarigheid het ek lanklaas gesien en van gehoor. Dit skeeu ten hemele!!

Rentia ·

So… is ons nou nie meer rassiste nie? Het jy besef dat niemand voor jou gaan buig nie, dat jy GEEN god is nie? Staan sterk en staan regop manne!

Johan ·

O so dit gaan oor die verdruktes en weerloses, dan moet die wereld hulle kniee buig vir die blankes in Afrika.

Dries ·

Mtwetwa ek bevraagteken baie dinge omtrent jou ook, as dit jou sal laat beter voel.

Marius ·

Nathi – dit is nie my skuld jy is kleurblind nie . ALL LIVES MATTER nie net black lives nie , hier is baie meer rasse in ons reenboog nasie . Kry n lewe dit is verniet . Sekere mense buig die knie net voor ons Hemelse God en geen ander gemors nie !!!

Jr ·

Hy het niks gesê. Sy houding is net so arrogant soos voorheen. Sy antwoord wys nog steeds wat is sy planne. Die een is net so groot rassis soos lesufi. # voertsak

Karin ·

“hulself met die verdruktes en weerloses in die samelewing vereenselwig” Skuus, dink hy dat daar nie blanke mense is wat verdruk en weerloos is nie? Ek sien hom nie buig vir/voor hulle nie.

Niklaas ·

Enigiets om bietjie in die nuus te wees , nê Nathi ? Intussen seker ook met studie van atlas agtergekom daai spelers luister nie , want….hul is gebaseer in Engeland.

Anoniem ·

“Hy het bygevoeg dat die optrede om die knie ter ondersteuning van BLM te buig onder meer wys dat mense hulself met die verdruktes en weerloses in die samelewing vereenselwig” so as Mthethwa ons wil dwing om knie te vat maak dit ons nie dan tegnies deel van die ‘verdruktes’ en ‘weerloses’ en hom die verdrukker nie? Soos ek dit sien vat hy eintlik die knie teen sy eie optrede en moet hy sy mond hou teen ons wat nie knieg sal buig nie!

Nie Verbaas ·

Hy sal niks doen nie want hy kan nie. Die probleem is of die spelers in die toekoms vir die nasionale span in aanmerking sal kom.

Pieter ·

Want hy kan niks aan hulle doen nie!!! Ons is darem nog nie heeltemal soos China of Noord Korea nie.

Stofdonkie ·

Dus wil hy transformasie sonder ontwikkeling sien. Baie sportmanne leer die sport al aan van ‘n baie jong ouderdom af. As ontwikkeling dan volgens hom nie saakmaak nie moet swart spelers gekies word wat nie dit verdien nie maar net omdat hulle swart is. Dit is mos nou rassisme, al sê hy hy is teen rassisme erken hy hier dat hy ras plaas bo verdienste, en dit is ‘n rassistiese stelling.

Scalla ·

Nathi, terwyl jy nou so op die transformasie uit is, vernaam met rugby, deel ons asb mee, wat het van die ashwin willemse saak wat op tv was gebeur?

Jaco ·

Ek wens eintlik die ANC wil nou finaal teen al ons slegte gehate rassistiese wit mense optree deur ons eenvoudig na Europa, Amerika, Kanada en Australië te deporteer. Dit kan nie moeilik wees nie en regtig, eks 100% bereid om daar met niks van vooraf te begin. Ten minste is daardie lande sonder:
Beurtkrag
Swak vuil staatshospitale
Swak onderwys waar leerders onderwysers mag aanrand
Regstellende aksie
BEE
Plaasaanvalle en plaasmoorde
My lys is eintlik BAIE langer

Louis ·

Dankie Jaco, ek stem 100% saam met jou, alhoewel ek baie lief is vir Suid-Afrika, is hier geen hoop vir ons nie. Wat is so moeilik daaraan, om 2/3 miljoen mense terug te skuif na vanwaar hulle kom en hoort? Baie mense sal ook nie wil gaan nie, so onderhandel dan vir die gewilliges. Die Engelse deel van die blanke bevolking moet in elke geval terug na Engeland. Europa laat dan soveel Oosterse en Afrikane toe in hulle lande, so daar is mos spasie vir ons as Politieke vlugtelinge.

Hennie ·

Wat ‘n bangbroek lafaard. Toe ou grote, Naatjies, jy met die “god” kompleks, tree op ou seun! Doen wat jy gesê het jy gaan doen, of bang djy voor die kleinbasies?

Hendrik Marthinus ·

Wat ek glad nie verstaan nie en help my asb reg as ek verkeerd is.
Rugby en krieket wat gesien word as n wit sport, of laat ek se voorheen gesien is as n wit sport, moet transformeer.
In my oe het dit al verteenwoordigend geword van amper alle rasse in SA
Wat my en as ek so na die kommentaar kyk pla is die volgende.
Sokker in SA transformeer geheel en AL nie.
Nie as ek na die Absa Premier League kyk nie en geheel en AL nie Wanner dit by Bafana Bafana Kom nie
Ek Dink nie daar is 2 spelers wat wit is in die span nie
Miskien is die reels Anders Wanner dit by verteenwoordiging Kom van Mthetwa se Sokker.
Miskien is die back room staff saam gestel uit bietjie wit manne en vroue maar ons sien nie dit nie
Sal bitter graag Wil weet hoekom Sokker Dan Anders behandel word as krieket en rugby
Ek verstaan dat ons top Sokker spelers net sulke groot salarisse ontvang as rugby en krieket spelers

Gerhard ·

Ons Almagtige Vader is die enigste Een voor wie die knië gebuig word…….die blm is nie ‘n god nie!!!

Sarel ·

Ek vra weer wat is jou Geloofsoortuiging. Aan die ander jant is dit sy kultuur om die knieë voor die Stamhoof. Vraag is bestaan daardie derl.van sy kultuur nog , ej gko nie wznt hulle het Afrika Kultuur weg gegooi.

Hester ·

Dis goed so, hy het in elke geval nie n voet gehad om op te staan nie , maar wil te graag iets sê

MakersMark ·

Ag asseblief wat ‘n grap. Hy gaan nie…….bottom line is hy KAN nie. Groot geraas gemaak tot die Sales Sharks eienaar vir hom gese het hy moet hom by SA se probleme hou…..kan nie glo hoe swak kwaliteit die leiers wat die land regeer nie spul narre.

Hennie ·

So gehoop hy wou sy bedekte dreigement om te vervolg uit te voer! Dit sou hom sy loopbaan gekos het!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.