Mthethwa wil KSA se finansiering, erkenning terugtrek

Minister Nathi Mthethwa. (Foto: Kopano Tlape/GCIS)

Die minister van sport wil ingevolge wetgewing sy magte gebruik om Krieket Suid-Afrika (KSA) nie langer te erken as die beheerliggaam van krieket in die land nie.

Dit kan daartoe lei dat KSA uit die Internasionale Krieketraad (IKR) geskors word en ook dat die regering finansiering vir KSA kan terugtrek. Volgens minister Nathi Mthethwa sal hy die IKR van sy besluit in kennis stel.

In ’n sterk bewoorde brief aan KSA se interimraad en lederaad het Mthethwa die beheerliggaam amptelik ingelig dat hy sy magte kragtens artikel 13(5) van die Wet op Sport en Ontspanning gaan uitoefen en dat die besluit so gou as moontlik in die Staatskoerant gepubliseer sal word.

“… ek het tot die gevolgtrekking gekom dat daar steeds irrasionele lede is in die lederaad wat onverbiddelik gekant is om die bestuurstruktuur van KSA te verander, veral met betrekking tot ’n onafhanklike meerderheidsraad en ’n onafhanklike voorsitter,” voer Mthethwa in sy skrywe aan.

Volgens die minister kan krieket in die land nie gyselaar gehou word deur minderheidslede van die lederaad nie.

Sekere lede van KSA se lederaad wou nie die naweek wysigings aan die beheerliggaam se grondwet aanvaar nie, ten spyte van hul aanvanklike voorneme om dit wel te doen.

Hierdie wysiging behels ’n ooreenkoms tussen die lederaadslede en die tussentydse raad, wat deur Mthetwa aangestel is om KSA uit sy administratiewe verknorsing te probeer red. Daar was onder meer gepoog dat krieket se raadslede ’n meer onafhanklike baadjie in Suid-Afrika aantrek.

KSA se interimraad het intussen in reaksie op Mthethwa se voorneme om finansiering te staak en die beheerliggaam nie te erken nie, gesê dit is ’n baie hartseer dag vir die land, vir krieket, sy borge en die miljoene Suid-Afrikaanse ondersteuners van die spel.

“Maar dit is spesifiek ’n hartseer dag vir die spelers, personeel en ander wie se lewensbestaan op die spel is,” het Stavros Nicolaou, voorsitter van KSA se tussentydse raad, gesê.

Nicolaou meen krieket in Suid-Afrika is nou op sy knieë en dat die jongste verwikkelinge die “grootste krisis sedert hertoelating” tot gevolg gaan hê. “Die raad loof die meerderheid van die lederaad wat goeie bestuur steun en ten gunste van ’n moderne bestuurstruktuur vir krieket gestem het. Dit is diep teleurstellend dat ’n minderheid met eiebelang teen verandering gestem het, terwyl drie lede verkies het om buite stemming te bly.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

35 Kommentare

Zacahara ·

Sou interessant wees on eers alle kante van die saak aan te hoor.

Jack ·

Ek glo nie ‘n dooie woord van wat Mtetwa sê nie of die redes wat hy aanvoer nie. Daar is altyd ‘n verskuilde agenda en die grondrede is altyd om die organisasie, ongeag wie of wat dit is, te skaak, oor te neem, te plunder en dan weg te smyt. Ons was altyd een van die top krieket spelende lande. Vandat die ANC oorgeneem het is ons maar baie middelmatig.

Judge ·

Ek twyfel of die sogenaamde “onafhanklike lederade” wat KSA will byvoeg rerig onafhanklik sal wees. Eerder Kaders wat Mthethwa se goedkeuring sal wegdra.

casper ·

Wit krieketspelers moet maar almal oorsee gaan — Hulle is baie kompetatief daar !!

Theuns ·

Hoekom weggaan? Verkeerd bly verkeerd of het sportmanne net hul eie sak in gedagte? Privatiseer die spel. Sekere borge sal natuurlik onder intimidasie swig en onttrek maar dis nie einde van die wereld nie. SHOW GUTS AND BACKBONE!

Fritz ·

As jy jou knie buig vir die duiwel moet jy nie kla as die varke jou vreet nie!

Theuns ·

Presies ! Wys ruggraat, kry ander kleure en nuwe naam en dis alles verby en opgelos! Borge wat onder intimidasie vou is nie moeite werd nie anyway. Rugby is so stil en aanvaar alles…. Sad storie van oorgawe. Waar is manne soos Louis Luyt, Danie Craven en ware leiers in sport mety GUTS en ruggraat??

Dup ·

Politiek….politiek en nogmaals politiek.Die regering se politieke doelstellings moet op alle vlakke van die samelewing bereik word.Indien nie,dan gooi hulle ñ “vloermoer”.
Kyk bv. wie is nou in beheer van WP rugby….wat meer kan ek sê.

Persheks Adri ·

Ons wil jou ook nie erken nie pffft jy met jou BLM gemors en ons standbeelde so gaan net

Keelvol ·

Hulle buig dan almal knieg. Was dit nie wat hy wou gehad het nie?

Flip ·

Ek stem saam Johan. Toe greame smith en sy maats op 18 Julie verlede jaar die knieg buig, toe sê ek vir myself, daar gaan krieket. Dis wat gebeur as mense polities korrek probeer raak en gatkruip. Kom greame, dis nege maande later en die baba is nou hier so maak hom groot of gaan jy en jou maats nou almal weghol?

Nie Verbaas ·

Dit is wat gebeur as mens politiek en sport meng. Die “meneer” gaan dit ook verwoes. Onkundigheid is n liederlike siekte.

Chris ·

Plaas die ministers hulle besig hou met goed wat tot voordeel van ons land is nou hou hulle, hulle besig om die land af te breek. Ek wonder of die arme man ooit aan enige sport in sy lewe deelgeneem het.

Jywilwat ·

Kyk lankal nie meer krieket nie. Die spel word nou deur politici gespeel…

Johan ·

Was groot krieket en rugby ondersteuner,maar agv Dstv en politiek lees ek maar sport daagliks in elke koerant beskikbaar…neuk maar aan….

pieter ·

Dis wat gebeur wanneer anc politieke leiers
Inmeng met sport , krieket is lankal Al dood .
speel ons nou teen zim gaan ons n lelike pakslae kry.
rugby loop nou dieselfde pad , wag en kyk

MakersMark ·

Kyk hoe lyk sport organisasies wat deur our people bedryf word – bafana kwalifiseer nie eers vir caf nie, boland, OP, grens, valke ens rugby bankrot en in sy peetjie in, wp op hul voetspore, atletiek sa ‘n sirkus hier en daar ‘n individuele atleet wat presteer verder niks. Selfde met swem, hokkie, waterpolo, ens. Krieket volgende – gaan verander in ‘n ongedissiplineerde gespuis van die spelers tot die beamptes met binnegevegte en korrupsie uit die boonste rakke. Komplimente van die anc.

Anoniem ·

Jammer om te sê…………………………………Die Minister gaan S A se sport beleid Toet en Taal opvoeter!!!!!

Jaco ·

Maak finaal alles in SA net swart: bestuursposte, beheerrade ens ens. Maak dit ‘n wet met swaar strawwe ingeval dit oortree word. Dan weet ons mos nou finaal wat mag en wat mag nie.

Boon ·

Die hele promises is nie deursigtig nie. Daar word speletjies gospel, en die publiek word in duister gehou. En ons het al geleer om nie die regering te vertrou nie.

Tjom ·

Gaan buig maar n knie iewers. Al lankal rugby en krieket afgeskryf. Om te dink ons het as jong mense fanaties beide sporte beoefen en was so trots op ons land se spelers. Nie meer nie. Tsek.

Michael ·

Wat het hy met enige sportliggaam te doen in elk geval? Die internasionale sportrade wat enige regeringsinmenging in ledelande se plaaslike sportrade verbied is klaarblyklik baie bang vir ANC. Ander lande word geskors wanneer daar politieke inmenging-nie met SA so. Het reeds geruime tyd opgehou om enige plaaslike sport te ondersteun-hulle is tans almal ANC onderdane.

Nic ·

Hy wil seker al die geld in sy sak steek soos sy mede amptenare doen

Chris ·

Ek verstaan die man se frustrasie. Geen ander BEE afgedwonge sport maak op internasionale vlak hond haaraf nie. Ek kan dink wat deur sy en die bende se koppe gegaan het toe die Springbokke die wêreldbeker omhoog gehou het. Sokker praat ek nie eers van nie. Frustrasie vlakke en emosionele besluite het baie mense al dwase besluite laat neem. Maar in die geval is dit aan die orde van die die dag.

Theuns ·

Dis April. Mthethwa se grappe SO LAAT IN DIE MAAND. Dis lankal tyd dat SPORT vir die politici se- gaan WEG. So What? Neem deel as ‘n KLUBSPAN uit RSA! Kies beste spe;ers en beste bestuur dan is ontslae van al die voorskrifte en kwotas. Die siel van sport is meer werd as ‘n paar rand wat in elk geval in die ontplooide kaders wat nwet rondkerjakker se massiewe salarisse verdwyn. Hoop Rugby, Atletiek , Korfbal het ook die huts om te se: GAAN WEG! Die hele departement met sy hele staf kan dan verdwyn en afgedank word want hul is oorbodig. Hul kan dan krieketvelde , netbalbane, rugbyvelde, sale by skole bou en so sport bevorder. Toevallig hul werklike JOB!! HOORAY! FREE AT LAST!

Jr ·

Jy mini ster het al die honderde poste en departemente waar jy mini ster was opgekneuk en nou nog een vir jou ” rassistiese” loopbaan. Jy is n mislukking en weereens word minnerheids lede geblameer. You are a FAILURE YOURSELF

marius ·

Hoe voel dit nou om op altwee kniee en sommer die elmboee ook te wees smith ?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.