MTN betwis boete

Argieffoto

Argieffoto

MTN het hom tot die hooggeregshof in Lagos, Nigerië gewend oor ʼn reuseboete wat dié selfoondiensverskaffer in die land ontvang het.

MTN is in Augustus ʼn boete van $5,2 miljard (sowat R42 900 miljard) opgelê wat later verminder is na $3,9 miljard (sowat R32 225 miljard). Die boete is deur die Nigeriese Kommunikasiekommissie opgelê vir MTN se beweerde versuim om 5,2 miljoen ongeregistreerde intekenare te ontkoppel.

MTN het in ’n verklaring gesê die maatskappy het die saak deeglik oordink en ontleed en tot die slotsom gekom dat die kommissie nie by magte is om die boete op te lê nie.

MTN het gesê hulle is meer as gewillig om met die Nigeriese owerhede saam te werk om ʼn “oplossing wat in almal se beste belang is, te vind”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.