MTN ontken werker toets positief; winkel môre weer oop

Argieffoto

MTN het Woensdagaand ten sterkste ontken dat ʼn werknemer van sy winkel in die Menlyn Park-winkelsentrum in Pretoria positief vir Covid-19 getoets het.

Jacqui O’Sullivan, MTN se woordvoerder, het gesê die inligting wat deur die bestuur van Menlyn Park aan huurders gestuur is, is nie korrek nie.

“Werknemers was bekommerd dat hulle Maandag kontak gehad het met iemand wat kontak gehad het met ‘n ander persoon wat tekens van griep getoon het.

“Daar is besluit om eerder uiters versigtig te wees en die winkel is gesluit.” Volgens O’Sullivan is die winkel intussen gesteriliseer en sal dit môre heropen.

“Ons verwerp ten sterkste die onverantwoordelike uitlatings van die winkelsentrum. Dit veroorsaak onnodige paniek en angs in ‘n tydstip wat die land dit die minste kan bekostig.”

Menlyn Park se bestuur het in ʼn skrywe aan huurders gesê ʼn MTN-werknemer het positief vir Covid-19 getoets. Maroela Media het die skrywe onder oë gehad en die egtheid daarvan met ʼn bemarkingsbestuurder van die sentrum bevestig.

Daar is verder aangevoer dié werknemer is tans in kwarantyn en dat die res van die MTN-winkelpersoneel vir die virus getoets word.

Die bestuur van die Menlyn Park-winkelsentrum het intussen onvoorwaardelik om verskoning gevra vir die skrywe aan huurders. Lees meer hier. 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

BRBR ·

Dit maak seker nie meer saak wie’s waar positief, of vermoed positief nie. Die wat dink hul is moet hulself isoleer waar hul kan, of ten minste maskers dra. Verder moet die wat gesond is hul higiëne hoog hou, en indien moontlik ook by die huis bly. Wat anders kan mens doen? Paniek, rondskarrel en vinger wys gaan niks goed bydra nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.