MTN onttrek oor Steve by AIG-konserte

Steve Hofmeyr voer “Juliet” op by die Afrikaans is Groot-konsert in Kaapstad (Foto: Afrikaans is Groot/Facebook)

Die selfoonnetwerkreus MTN het aangekondig dat hy alle bande met die Afrikaans is Groot-handelsmerk gesny het, ná versoeke op sosiale media omdat die sanger Steve Hofmeyr by die konserte optree.

“Ons het besluit om alle bande met die AIG-geleentheid te sny. Deur ons handelsmerk en netwerk wil MTN Suid-Afrikaners aan mekaar verbind en mense saambring. Ons kan nie enige geleentheid borg wat op enige manier ons missie teenstaan nie,” het die maatskappy op sy amptelike Twitter-blad gesê.

Die maatskappy het in ʼn verklaring bygevoeg MTN “ondersteun die groei en ontwikkeling van Afrikaans en Afrikaans is Groot is ʼn wonderlike platform om dít te bereik”. “AIG se voortgesette verbintenis met Steve Hofmeyr help MTN nie om sy doelwitte na te jaag nie.”

Panyaza Lesufi, LUR vir onderwys in Gauteng, het MTN op sosiale media versoek om sy borgskap vir AIG op te skort. “Liewe MTN, jul borgskap van hierdie persoon [Steve Hofmeyr] is ʼn belediging vir vredeliewende Suid-Afrikaners. As hy by die Afrikaans is Groot-konserte optree, moet julle jul borgskap onttrek. Ons is nie gekant teen AIG nie, maar teen die beledigings van die sogenaamde sanger!”

Lesufi het reageer op ʼn Twitter-plasing van Hofmeyr in Oktober 2014 waartydens hy gesê het: “Jammer om aanstoot te gee, maar in my boeke is swart mense die argitekte van apartheid. Go figure.”

MTN het intussen gesê hy glo daarin om Suid-Afrika se musikale talent ten toon te stel en musiek te bevorder wat meer Suid-Afrikaners blootstel aan die verskillende genres in ons diverse land.

“Die AIG-musiekkonserte het ʼn omvattende lys van welbekende en ontwikkelende Afrikaanse musikante en bied ʼn wêreldklas produksie wat die ʼn uitstekende platform maak om ons Afrikaanssprekende gebruikers te beloon en uit te brei. Plaaslike Suid-Afrikaanse musiek is vol talent, maar dit is moeilik om tot die musiekbedryf toe te tree en enige platform wat toegang tot musiekliefhebbers bied, moet aangemoedig word en verkieslik nie ondermyn word deur die rassistiese uitlating van een kunstenaar nie.”

Die direksie van Afrikaans is Groot het intussen in ʼn verklaring gesê hy vermoed die hele debakel is ’n strategie wat moontlik verband hou met die komende verkiesingsveldtogte van sekere groepe.

“Nog geen borg, insluitende MTN, het Afrikaans is Groot amptelik in kennis gestel dat hulle as borge onttrek nie,” aldus die verklaring.

“Afrikaans is Groot bly ’n musiek- en vermaaklikheidsplatform wat kunstenaars die geleentheid bied om hul talent ten toon te stel. Ons enigste doel is om musiek en vermaak vir die Afrikaanse gemeenskap aan te bied – iets wat alle kulture tog verdien. Hierdie platform is primêr geskep vir die getroue ondersteuners van Afrikaanse musiek, die publiek.”

AIG het bygevoeg die platform verskaf ook inklusiewe werksgeleenthede vir kunstenaars, musikante, tegnici en ongeveer 300 personeel van alle rassegroepe en demografieë.

“Vir ons, wat elke aand sien hoe konsertgangers hulself uitleef en die vertonings geniet met vermaak wat hul harte raak, sal dit baie hartseer wees as hierdie groep onrusstokers die toekoms van hierdie gevestigde en geliefde platform in die wiele ry,” sê Arnold Coleske, uitvoerende vervaardiger van die Afrikaans is Groot-konserte.

“Afrikaans is Groot se posisie bly dus tot verdere kennisgewing onveranderd. Ons sien uit na die res van die vertonings in die Kaap sowel as die komende konserte in Pretoria waarvoor daar reeds nagenoeg 100 000 kaartjies verkoop is. Baie dankie aan ons geliefde ondersteuners, vennote en getroue borge wat die vlagskip van Afrikaanse musiek op die water hou. Ons beloof om niemand ooit teleur te stel of in die steek te laat nie.”

Die Afrikaans is Groot-konserte vind hierdie naweek in Kaapstad plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

131 Kommentare

Koos Marais ·

Maar Lesufi sal altyd ‘n opportunis bly, sing saam in die koor so voor die verkiesing, dalk is dit hy wat die vure so van nuuts af probeer stook. Ek sal glad nie verbaas wees nie.

B ·

Is dit waar dat MTN & MultiChoice ‘n tafel by die EFF banket geborg het @ R1m?

Andreas ·

Hulle kan nie als vir almal wees nie, maar hulle kan heelwat meer vir sekeres as vir ander wees. Miskien is dit om vir Cyril op sy tone te hou.

Herkie ·

Malema sê wat hy wil en als is reg maar as Steve H sy sê sê, dan wil mtm sy speelgoed uit die kot gooi. Siestog, as al wat ek kan sê. Wys vir my waar bestuur die anc iets, enigiets, met sukses.

Jana ·

Jy sien. Nes ek gedink het! Malema sê natuurlik nooit ‘n skewe woord nie. Hy werk vreeslik hard om ons reenboognasie te verenig. Hierdie soort “hypocracy” maak my naar.

Johan ·

Dit gaan kwansuis oor Steve Hofmeyr.
In werklikheid gaan dit oor Afrikaans as taal.
Bewys my asseblief verkeerd…..

Ma ·

Ag tog. Weereens net jaloesie op iets wat suksesvol is. Hulle sal ook alles probeer om dit wat mooi en goed af te breek tot daar net mooi niks oor is ni. Los maar vir Steve en gee vir Malema beltyd en data sodat hy kan om verskoning vra vir al sy uitlatings. Steve is talentvol en di beste afrikaanse manlike sanger

Mossie ·

Ag werklik! En BLF en EFF kan baie erger dinge kwyt raak. Steve is of het nie eers n party nie, hy is n persoon op sy eie. Darem maar ironies hoe bang die spul is vir die invloed wat een “so called” sanger moontlik kan hê!
MTN, pasop, boikot Afrikaans en haar sangers en jy boikot jouself!

Ruiklont ·

Mossie, hierdie gaan oor lig en duisternis dit is waar die verskil lê

Snowball ·

Miskien moet Afrikaners maar bande breek met die Moroniese Telefoon Netwerk ook.
Lesufi, skole in Gauteng lyk soos oorlogsones, kinders verkrag en vermoor kinders en jy bekommer oor borge en kunstenaars by ‘n konsert.
Jy is die hoofargitek van die aanvalle op Afrikaans in skole, go figure!

Donderstorm ·

Gaan seker meer oor n advertensie veldtog op die radio as enige iets anders hoekom wag van 2014 tot nou eweskielik om iets te se?

SB ·

Myne ook Charlie. Miskien moet die Afrikaanse koopkrag MTN boikot. Steve staan op vir Afrikaans en die Afrikaners, en hy het my volle ondersteuning!!!

marco polo ·

Buig voor Lesufi, van alle dinge, hoe laag kan n mens kruip? MTN, julle walg my.

Anne ·

Net soos jy daar se, en die lur kan tog nie die kans laat verbygaan om enige iets/iemand wat afrikaans is by te kom nie.

Eben ·

Ek hoop die maatskappye onttrek hulle borgskap van die ANC ook as gevolg van rasisme, bedrog, diefstal, geldwasserny, ESKOM beurtkrag en baie baie leuens.

Stebastiaan ·

Daai Panyaza Lesufi is eerstens die vark in die vehaal kyk hoe probeer hy AFRIKAANSE SKOLE ver engels met sy terroristiese aanvalle op hulle. Mtn is in elk geval ook maar korrup siende die boetes wat hulle al opgelê is met al hul besighede in Afrika lande. So dit is maar weereens teen Afrikaans gemik.

Maria ·

Stem 100% saam.Hy moet sy werk doen en Afrikaans in vrede laat.Ons is niks aan hom verskuldig nie

Veer ·

Johan, jy slaan die spyker op sy kop! Eben, my sentiment ook!!

Karin ·

Hierdie is maar weer n bewys!
Hou jou by jou “lees”! Ons is beter af!.Dankie!
Go Steve,.Go!!!!!

Danny ·

Stem saam met jou Marco net om die naam mtn to sien of hoor laat my septies voel ek is klaar met hulle en hulle gemors

John ·

Hoekom adverteer MTN in Afrikaanse koerante en spog oordat hulle glo no1 is… Sover ek verneem het, val MTN plat sodra daar ‘n miswolkie oor die Drakensberge sweef. Steve is nou nie eintlik my boyfriend nie, maar verkeerd is verkeerd en die feit bly:
Afrikaans is Groot.

Frans ·

Lesufi, se tog nou ook iets van Andile Mngxitama my tjom. Of is hy reg en Steve verkeerd. Is hy nie ook n insult to peace loving South Africans nie. Vra maar net.

humor ·

Kommunisme in volle swang en die greep trek al stywer. Wil absoluut maar alles onder hul beheer kry En ons papsak Afrikaners is so gedienstig daarmee. Reeds bekend gemaak dat hul selfs godadies onder hul beheer wil kry. Soos die sg. christendom onder ons volk lyk gaan ons ook die stryd verloor.

Fonnie ·

Ja en hulle almal is seuns van die vader van die leuen. Los hulle hulle dag sal kom. baie gou ook

Data ·

MTN julle gaan ook ‘n Spur ondervinding hê. AIG gaan nét oor heerlike musiek vir alle mense in Suid-Afrika. Pantless gaan nog harde bene kou …. en hy het ‘n opinie oor enige iets.

Mtn minnaar ·

Seker het hulle geld opgeraak….
Hulle KAN nie meer borg nie

Mtn minnaar ·

Ek is n gereelde bywoner van AIG. Niks van AIG herhinnder my dat ek al gesien het hulle is n borg. Sekerr een van die klein R 1000 borge gewees.

Johanna Botha ·

Ag wat dan is dit nou maar so …sal n ander borg kry

DewaldS ·

Ooohaa! Nog nooit regtig belanggestel in Afrikaans is Groot.

Maar ek het geleer om die media- (en NWO) narratiewe te observeer .

GO STEVE!!!

Lollie ·

Niemand praat iets van Malema, EFF of BLF nie. MTN is swakkelinge en kan nie op hul eie bene staan nie! Gun die blanke Afrikaners tog ook iets! Julle het in elk geval klaar alles gevat, en deurgetrek!
Steve, baklei vir jou plek as blanke Afrikaner! Lesufi wil ook oral sy pennie in die pot gooi!
Ons kan min wees maar ironies bly ons vir hulle ń bedryging. Snaaks dat hulle ons nie net wil ignoreer nie. Wonder hoekom?!

Anel ·

Maar julius en sy makkers kan maar sê hulle gaan die blankes uitmoor en dis niks! As my taal nie goed genoeg is nie dan is my geld ook nie. Ek het al by plekke uit gestap as ek nie in Afrikaans gehelp kan word nie. Ek wil weet hoekom kan almal in hulle taal gehelp word, net nie in Afrikaans nie. Of jy nou in die hospitaal of by die bank is, luister bietjie hoe word almal in hulke eie taal gehelp. So Mtn, julle gaan nie AIG van iets ontneem nie. Julle gaan op die ou end verloor as Afrikaanssprekendes júlle boikot. Lank lewe Steve!!!

Staalburger ·

Daar kan vodacom nou n mooi paar miljoen skep deur borg oor te neem

Boet Fasie ·

Ek is klaar met MTN , Steve ons staan agter jou soos jy vir jou land en jou mense opkom , STEVE BO !!!!!!!!!!

Anni ·

2014 AFRIKAANS IS GROOT!!!
Nou n bohaai maak, Ag Rerig hierdi rasisme raak nou eenvoudig verveelig. STEVE KAN SE WAT HY WIL DIT IS DI WAARHEID!!!!!!!!!!!!!!!!

Lia ·

Lesufi en sy agendas. Wil seker kyk of die Afrikaners een van hulle eie mense (Steve) gaan uitverkoop ter wille van ‘n borg (MTN) wat in elk geval nie ons (Afrikaans) se belange op die hart dra nie.. YOU GO STEVE.

KAKtus ·

Ek het nooit weer by die spur gaan eet nie. Nou doen ek dieselfde met mtn. Die probleem is wie kies jy.

IK ·

Cell-C. Al my banktransaksies ens. word klopdisselboom op my iPhone gewys.

Leonard ·

Laat 1 man nou n land so kan omkeer WELLDONE STEVE ons is agter jou

Snowball ·

Vodacom is mos hoeka in die EFF se visier vir plunder en intimidasie….seker nog nie genoeg tafels geborg nie.??

Andreas ·

Aanhaling:
Datum: 26 Augustus 2013.
Maroela se Afrikaanse Liedjie van Alle Tye-veldtog is pas bekendgemaak. Meer as 7 800 nominasies is tydens die nominasiefase ontvang. Die top 50-liedjies is saamgestel uit dié lys nominasies, op grond van die gewildheid van elke liedjie en die hoeveelheid nominasies wat elke liedjie ontvang het.
“Die paneel beoordelaars is van mening dat die top 50-liedjies ʼn goeie verteenwoordiging is van die beste Afrikaanse musiek oor dekades heen,” het Johan van Rensburg, voorsitter van die paneel, Maandag gesê.

Tradisionele kategorie:
Al lê die berge nog so blou
Die Stem van Suid-Afrika
Heimwee
O Boereplaas
Ou ryperd
Oukraalliedjie
Sarie Marais
Suikerbossie
Trein na Pretoria
Zambezi

Tydlose treffers:
Dankie
Ek verlang na jou
Karoonag
Kinders van die wind
Liefing
Skipskop
Sproetjies
Sprokie vir ʼn stadskind
Ver in die ou Kalahari
Waterblommetjies

Lourens ·

Ee wat my 083 nr van 14 jaar gaan sommer volgende week verander. Beblerrielaglik!!!!!!!!

Dries du Toit ·

Cell C behou jou nommer en is in elk geval baie goedkoper as die ander 2

Ja-Nee ·

“Zakhele Futhi”, onthou MTN se swart bemagtigings veldtog wat ook blankes uitgesluit het? Nou wil hulle “inklusief” wees. Ek het onlangs met ‘n ander maatskappy se direkteur gesels oor hulle uitsluiting van blankes in ‘n SEB skema. Gevra of hulle nie bevrees is blankes sal hulle markaandeel verwater as hulle oorgaan na die kompetisie nie was sy uitdruklike woorde: Anders as anderskleuriges “dreig” blankes net, hulle “doen” nooit so iets nie. Ja daar is ‘n “backlash” maar dit is oor en verby in ‘ week of so met minimale skade. Nou-ja, daar is presies die rede hoekom hierdie maatskappy hardop lag vir almal wat hulle dreig – hulle weet niemand gaan dit in werklikheid doen nie. Maak maar reg vir nog baie sulke gevalle. Ek is nie ‘n MTN intekenaar nie – gelukkig nie.

Alki ·

So bly ek is nie is nie bt MTM of Standanrd bank nie, my bloed is rooi (nie EFF rooi nie)
ook nie blou of geel nie

Esther ·

Ek dink ook hoogtyd dat ons ook nou maar vir MTN wys ons het hul nie nodig nie. As hul dans as Lesufi die anti-Afr.. Minister se spring…

pieter ·

Mnr Lesufi,jy moet dalk eerder jou werk doen en kyk hoe die skole uitmekaar val,en sorg dat nog skole gebou word as om jou neus die hele tyd in die wit man se besigheid te druk.

Danie ·

MTN blyk duidelik deel te wees van politieke vuilspel teen Afrikaans. So klaar met enige toekomstige verbintenis met MTN!

Philip. ·

Dis tyd om MTN vaarwel te roep. Daar moet ‘n veldtog gestig word en hulle seer maak. Dis maar polities om afrikaans uit te skakel maar hulle kan dit op hulle mae skrywe en afvee met hulle hemde. Afrikaans en wit bo. Ek sal masr hier stop voordat ek begin dinge sê wat daar gelaat kan word.

M ·

Trots op MTN!!
Steve moet leer om sy woorde tel tel op sosiale media aka die toilet vd internet.
Ons kan nie toelaat dat iemand met invloed (of sonder )vandag nog sulke politiek sensitiewe uitlatings maak nie.
Wake up and smell the coffee…

@M ·

Politiek (polities bedoel jy?) sensitief het vierkantig sy agterent gesien sonder ‘n spieel, danksy die EFF en BLF. En Steve Hofmeyr, is nie ‘n politikus, wat propageer vir stemme nie, net ‘n individu met sy eie opinie. Die huidige politici maak grusame populistiese uitsprake, wat tot plaasmoorde en grondgrype aanleiding gee, maar jy is seker trots daarop ook, want dit word polities onder die mat ingevee en ontken.

Vonnie ·

Die arme wanne be minister het n baie baie lae self beeld! ! Aagh shame. Kom ons polish jou

Bravo vr Steve ·

Maak di kaartjies net R10.00 duurder dan kry AIG in elk geval meer in as mtn se borg!!!

P G Slabbert ·

Miskien moet mtn en lesufi , gaan kyk waar is die pampoen se stingel !

Kobus ·

Julle kla oor afrikaners maar julle klomp kan nie eers die land se krag aan hou nie. Doen dit eers dan kan julle begin woorde gooi.

Boet Fasie ·

MTN gaan dieselfde pad loop soos die Spur , as jy die mense wil ondersteun wat alles verniet kry en nie betaal vir dienste nie moet jy maar pakslae kry. Die afrikaner brand nie af nie, hulle hou net op om jou te ondersteun , die land is in elk geval by rommel status so een van die dae kan die mense nie meer hulle selfoon rekeninge betaal nie. Wonder wat is die uitstaande skuld by MTN

Andile ·

Einste MTN in Iran van Korrupsie aangekla en in Nigerie vir terroris steun met simkaarte

James ·

Ek ook nie nie. MTN in Januarie gekanseleer. DSTV af na ashwin se dinge. So ja ek staan sterk. En volgrnde jaar son krag. Eskom ek is naby klaar met julle ook.

Danie Basson ·

Steve was verkeerd. Ons kan doen sonder sy uiters ondeurdagte kommentaar. Hy stel ons onnodig bloot.

Bye ·

Bye bye MTN. Like everyone knows by now. Only whites can be racist. Never ever a black person. I’m so gatvol, it’s not even funny.

HP ·

MTN en Lesufi kan gaan doppies blaas. AIG gaan nog lank met ons wees en Steve is `n yster wat nie stilgemaak sal word nie.

Elvira ·

Steve hou jou kop hoog. Ons het nie hierdie tweegesig draadsitters, people pleasers in ons lewens nodig nie. Mtn is Rassiste.

Henk ·

In 2014 maak Steve n stelling. In 2019 ontdek Lusefi die stelling en eis mtn moet sy borgskap opskort. Lusefi is n rassis wat daarop uit is om Afrikaans uit ons skole en uit ons gemeenskap te kry. Wel ek het n verrassing vir hom, die britte kon dit nie reg kry nie en hy sal dit ook nie reg kry nie!

Henk ·

In 2014 maak Steve n stelling. In 2019 ontdek Lusefi die stelling en eis mtn moet sy borgskap opskort. Lusefi is n rassis wat daarop uit is om Afrikaans uit ons skole en uit ons gemeenskap te kry. Wel ek het n verrassing vir hom, die britte kon dit nie reg kry nie en hy sal dit ook nie reg kry nie!

ertjie ·

Dis omdat korporatiewe Suid Afrika geen ruggraat het nie wat ons land vandag sit waar hy sit. Melk sal hulle ons melk. Ek het al my MTN aandele verkoop na die debakel, teen n verlies natuurlik, aangesien MTN nie op n eerlike en etiese wyse kan besigheid doen nie. En dan het hulle die arogansie om die morele hoe grond in te neem! Ek beplan om al daai geld te herbele as n donasie aan Afriforum.

Dries du Toit ·

Die tragedie is . Nie Lesufi of MTM sal die oorsaak wees dat Afrikaans gaan verdwyn nie maar die liberalis Afrikaners wat teen hulle eie mense stem in die verkiesing

Boer ·

Ek stem 100% met jou saam !
Ek sien hier bo is ook 1 of 2 wat hulle sê sê….

Emma ·

Sing steve ons ondersteun jou die klomp rassiste gaan nie afrikaans dood druk nie ek praat en dink in afrikaans. Dankie wat jy doen vir ons taal

Hans Minnaar ·

Ek stem saam met Eban en Hans
Pasop as ons die dag saamstaan en n besluit neem.
Glad nie polities gamik nie.
Wie betaal wie om wat te doen ……?

Wdp ·

Hoe meer teenstand teen die afrikaners kom hoe sterker word hulle. Eendraght maak magt. Luister steve se vf+ add

Jan pierewiet ·

Die add is die eintlike probleem vir die nasie. Dis eg, dis geniune, dis die waarheid en in stryd met Afrika vasteland politiek

Nicole ·

En dié meneer verwys na Suid Afrikaners as “peace loving South Africans”??? Askuuuuus???

dirk bosman ·

M>TM>se grootbaas is Freedom Nhleko die swaer van Cyril Ramaphosa en Patrick Montsepe.Hierdie drie kaders beheer n magtige empire.Aldrie het biljoene verkry uit sogenaamde swart bemagtiging waarby swart mense weinig gebaat het.Geen besluit soos MTNse ontrekking van sy borgskap word geneem sonder hulle goedkeuring nie.Lesufi is maar n klein vissie in die voedselketting maar sy haat vir Afrikaans is kenmerkend van hierdie groep menseAfrikaners het die nare gewoonte om rysmiere uit te snuffel.

barend ·

Die Afrikaner het baie vyhande ,Afrikaans is een van die magtigste tale .
al die volgende firmas kan hiervan getuig
ESKOM
SAUK
SAL
TELKOM
DENEL
PRASA
Hulle het almal ver engels en is nou is sy broer se brille in

Koos Marais ·

En dan het Privaat maatskapye soos Santam, Sanlam en ander ook verengels.

Lalie ·

Gelukkig nooit deel gewees van MTN nie. Sing Steve, ons ondersteun jou.

Lalie ·

Wat as die sangers en sangeresse onttrek? Wat maak hulle dan? Daar is borge maar geen vermaaklikheids kunstenaars nie. Wat n grap.

Amanda ·

Mnr Lesufi wat het jy met die borge van Afrikaans is Groot te doen bepaal jou by wat jy moet doen probeer orde skep by die onderwys, los ons Afrikaans sprekende persone uit, ons het nie jou of MTN nodig om ons taal te bevorder nie. Dis net jaloesie en ñ minderwaardigheids kompleks waaraan jul lui.

Anita ·

Gister oor radio stasie gehoor coca cola gaan ook as borg onttrek. Is dit so

Lourens ·

Wil die Lesufi nie maar dieselfde tipe boodskap aan Eskom stuur waarin hy kla oor Loadshedding nie. Dalk spring Eskom net so vinnig en sit die krag aan. Klink my die man het redelike insae in maatskappy besluite….

Johann ·

Asof MTN julle gaan mis…

Ek wens Steve wil ‘n party op sy eie registreer dat mense kan sien hoeveel ondersteuning hy regtig het. Grootprater!

Mintens sal sy baie kinders en julle paar grootpraters darem vir hom stem!

Snowball ·

The more a society drifts from the truth, the more it will hate those that speak it. – George Orwell.
Of sommer in Afrikaans – Die waarheid maak seer. Die haters van Afrikaans en sy mense sal alles doen om dié wat nog durf iets sê, se stemme te smoor.
Die ANC se kandidaatslys is ‘n bewys van hoe hoog die leuen en oneerlikheid aangehang word.

HPV ·

AIG sal beslis nie sink sonder Steve nie. Daarvoor is daar net te veel ander goeie
kunstenaars en ondersteuners.

w ·

Net gister vir my ñ mtn simkaart gekoop. ..Hy is nou in die asblik.

TN ·

Beide Lesufi en Hofmeyer is ‘n verleentheid vir enige beskawing . Denkendes steur hulle nie aan een van die twee nie .

@KaterinaKat ·

Vra ek ook KaterinKat. Die woord beskawing kan tans in SA met groot vraagtekens beskou word. Moord en verkragting voer bo-toon. Veral in skole in Gauteng.

KG ·

Ek is al so opreg moeg vir politici wat altyd met alles moet inmeng en van alles ‘n politieke storie maak!!!

Esta venter ·

Sjoe, Steve stig jou eie party BLOU. Het nog nooit mense gesien wat so bang en bevrees is vir n Sanger nie. Dink nou net as jy jou eie party het, dan wat dan. Steve bly by jou sing en geloof niemand kan dit van jou vat nie. Sterkte

Boet Fasie ·

Wat daarvan as VERSEKER die AIG borg vir afrikaans, wat ‘ n gatslag gaan dit vir ANC en MTN wees. Steve jy is ‘n doring, dink ander kunstenaars moet agter jou staan om te wys hulle gee om vir SA en hul taal en hulle gaan hulle nie laat beheer deur die regering en borge nie. Hierdie kom neer op kunstenaar kaping.

Marius ·

Wat is AIB? Ek is bewus van AIG. lesufi, die nar, kry dit nie eers reg nie. Steve is een van baie kunstenaars, waarvan nie almal “wit” is nie. Daar is ook baie nie wit tegnisie en dansers. Ek dink lesufi en mtn het nie hul Afrikaanse haat dade mooi deurdink nie. Ek dink ook lesufi en kie is maar dommerig …

George in Bloem. ·

Ag shame tog.Wie gaan die ou spulletjie nou eintlik mis daar? Hulle keur duidelik die uiters uittartende rassisme van die BLF en EFF goed met hulle ondersteuning van hulle byeenkomste. Dalk moet blanke verbruikers behoorlik hiervan kennis begin neem en hierdie spul tweegesigte by MTN en Multichoice behoorlik die krag van die blanke verbruiker laat voel. Vra maar vir Spur hoe het dit uitgewerk vir hulle.

Andre ·

Lesufi doen self nie iets vir die bevordering van “Peace loving citizens nie”. Hy wil nie Afrikaans in die skole he nie maar druk sy neus in by Afrikaanse bymekaarkomste.

Al ·

Steve Hofmeyer het reg tot vryheid van spraak.
Go figure Lesufi en MTN.

Hannes ·

Lyk vir my of die agbare minister ‘n erge vrees vir Afrikaans het
En met reg.

Rika ·

Ag Wie is gepla oor sy option, moet sy werk Dien en Paar tweets or eskom doen Dan bereik hy dalk iets en Los mense uit wst suksesvol en a passie vir sy taal en mense en sl die ja broers is die problem wat nie weet Dat die boot en droom lankal gesink het en nie bekomnered is oor hul kinders en kleinkinders se toekoms nie.

Noles ·

Die kleinlikheid van sekere mense. Steve jy bly die beste en laat jou nie onderkry nie. As hulle die deur in jou gesig toeklap maak God tien ander oop. Doen so voort.

Karen ·

Lesufi, daar bestaan nie n AIB (Afrikaans is Big) konsert nie! Dit is Afrikaans is Groot!! Mtn kan maar onttrek, ek dink daar is nog mpy wat sal borg!

Vissie ·

Nee wat, MTN kan maar Nigerie toe gaan, lankal hulle dienste nie meer nodig nie., Cell C se diens is baie beter en in Afrikaans. Sonder Steve is daar geen AIG en enige Maatskappy wat hulle roem op Afrikaans maar Steve wil uit he, is leunaars in elk geval.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.