MTN-staking verby

Argieffoto

Argieffoto

Mteto Nyathi, die nuwe uitvoerende hoof van MTN, het Donderdag gesê die staking by dié telekommunikasiereus is verby.

Duisende lede van die Kommunikasiewerkersvakbond (CWU) staak al sedert 20 Mei. Talle MTN-bedrywighede regoor Suid-Afrika is hierdeur geraak en die vakbond het gebruikers versoek om MTN-dienste te boikot.

“Die ooreenkoms bedien die algemene belang van MTN en sy werknemers,” het Nyathi gesê. “MTN kan nou fokus op die kern van sy bestaan, naamlik om diens te lewer aan sy gebruikers.”

Volgens Nyathi het die vakbond die maatskappy se bonus- en salarisaanpassingsbeleid aanvaar.

Hy het gebruikers om verskoning gevra vir enige ontwrigting wat die staking veroorsaak het, en hulle bedank vir hul geduld en lojaliteit.

Die voormalige uitvoerende hoof Ahmad Farroukh het vroeër vandeesmaand bedank, glo weens persoonlike en familieredes.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Winston ·

My geduld en lojaliteit is by die venster uit. Jammer MTN julle het weereens n kontrak verloor.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.