MTN waarsku teen slenter

Argieffoto: Pixabay

MTN het ʼn waarskuwing aan al sy kliënte gerig om versigtig te wees vir ʼn slenter wat die ronde doen.

“In die slenter word kliënte deur ʼn sogenaamde MTN-dienssentrumagent gebel. Die ‘agent’ versoek die kliënt se sekuriteitsbesonderhede onder die voorwendsel dat hulle ʼn SIM-omruiling wil keer wat besig is om plaas te vind sonder die kliënt se medewete of goedkeuring,” het Bridget Bhengu, MTN se woordvoerder, gesê.

“Die bedrieërs sal dan die inligting wat hulle gedurende die oproep verkry het gebruik om ʼn onwettige SIM-omruiling te doen.”

Bhengu het gesê dit is belangrik vir kliënte om te weet dat MTN hulle nie sal skakel om die proses van ʼn SIM-omruiling stop te sit nie.

“In ons voortgesette pogings om bedrog te bestry, moedig ons ons kliënte aan om nie op ongevraagde oproepe te reageer nie en geensins hul sekuriteitsbesonderhede aan onbekende mense verskaf nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Penellope Jones ·

Op enige moontlik manier om te kan vat wat nie jou behoort is nie.

snoefie ·

mense val dan steeds vir die “you’ve won R950 000 in coke, omo/ rama” kompetisie al weet hulle hulle het in gn jaar come, omo of rama gekoop nie. mtn waarsku, hulle kan mos deur Rica die skelm verettering opspoor en as. die man bring VOORDAT n waarskuwings nodig word. maar hulle wil nie brownie punts prysgee nie.

popeye ·

Van slenters gepraat; wees ook versigtig vir ‘n vreemde oproep in die nanag waar jou selfoon net een of twee luie gee en dan ophou. In my geval was dit van “224” dis van Guineë. As jy sou terugbel gee jy basies toestemming tot transaksies waarvan jy eintlik nie weet nie maar voor sal moet betaal!

Wanda ·

Ook oproepe van n diens sentrum kastig vodacom. Sê jou nommer is 10 jaar oud so jy kry n tipe toestel by jou afgelewer wat data verskaf teen n goeie prys, dan betaal jy maandeliks n tarief. Hulle vra dan jou bankbesonderhede vir die debiet order om af te gaan. Jy hoor nooit weer van hulle nie. Gelukkig kon my man die debiet order stop. Hy het geval daarvoor want ons is op n plaas en sukkel met opvangs ens. Te goed om waar te wees.

Johanna Botha ·

So word die min eerlike Suidafrikaners rou besteel om elke hoek en draai …as dit nie deur die korrupte anc deur zupta skelmstreke is nie, dan is dit deur sulke mense ..verder is ons ook nêrens veilig nie, nie eers in jou eie huis nie. Ons het almal verhuis na n ander land sonder om een enkele tas te pak !

Rabes ·

Die selfoon maatskappye is tenvolle bewus van al die probleme wat ons as kliente ondervind, maar doen niks omtrent die klagtes nie. Hulle maak baie geld uit die skelms deur oproepe en sms’e.

Salome ·

Ek het n oproep gehad van Tunisia ‘216’. Ook net eenkeer gelui. Wonder of dit nie dieselfde spul van Die 224 nr is nie

Cobie ray ·

Na aanleiding van BG MTN report wil ek net noem dat dit ook met Vodacom kliente gebeur. Ek het n oproep 05:25 gekry van die volgende no 224554888319. Asb plaas dit, want een van my vriende het dieselfde waarskuwing ook aan my gestuur. Maroelas no!!!

Annatjie Lottering ·

Daar is baie mense wat ander wil beroof. Het geld so groot god geword dat hulle nie eers oumense se pensioen geld kan uitlos nie. Op alle manier word hulle mislei. Sies dis n skande maar ons moenie verbaas wees nie die Bybel se mos, in die laaste dae kan jy nie eers jou broer of jou kind bertrou nie.?

Boerin ·

Ek het MTN. Byna daagliks kry ek SMS wat sê welcome to een of ander “content subscription” gemors. Party tot R50/dag. Ek teken op niks in nie, maar probeer van die gemors ontslae raak!!!! Hoekom kan MTN nie die gemors blok op jou foon as jy hulle vra nie? Nou moet ek by hulle die naam van die mpy wat dit opsit kry, dan gedurende besigheidsure n Johannesburg nr. bel en dan word daardie een mpy geblok op my foon.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.