MTN waarsku teen slenter

Argieffoto

Argieffoto

MTN het verbruikers gewaarsku teen ʼn slenter wat sommige van hul kliente se rekeninge negatief kan beïnvloed.

Bridget Bhengu, woordvoerder van MTN, het gesê die Wangiri-slenter doen nou die ronde. “Die slenter werk so: Verbruikers kry ʼn ‘missed call’ van ʼn onbekende internasionale nommer. Hierdie nommer is van ʼn baie duur intekendiens en wanneer jy terugbel, word buitensporige bedrae van jou rekening afgetrek,” verduidelik Bhengu.

“Hierdie oproepe se doel is om kunsmatig verkeer na hul diens te verhoog en so geld vir die skuldiges te genereer,” het Bhengu gesê.

Bhengu het gesê hulle het in hul ondersoek vasgestel sommige van dié nommers is spesiaal ontwerp om kliënte se oproepe langer uit te rek deur ʼn voorafopgeneemde boodskap te speel.

“MTN monitor hierdie oproepe daagliks en is besig om die nommers te blokkeer, sodat gebruikers nie die skuldiges per ongeluk kan terugbel nie. MTN werk ook saam met ander diensverskaffers om dié slenter stop te sit,” het Bhengu gesê.

Sy het kliënte gemaan om enige nommer wat bekend is vir die Wangiri-slenter te blokkeer en nie terug te bel as jy ʼn oproep van ʼn onbekende internasionale nommer kry nie.

“MTN moedig kliënte aan om enige nommers wat verdag voorkom aan MTN te rapporteer, sodat ons kan vasstel vanwaar die nommer kom en dit blokkeer,” het Bhengu gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Mvs ·

Di afgelope week van vreemde nrs oproepe gekry tot ek begin blok ht maar elke keer hul weer van n ander nr gebel. Dit was so frustreerend! Dankie nou weet ons! Bleddie helle!

Rina ·

Ek dink eerder ek moet die mense waarsku teen MTN.Ekt n kontrak by Altech Autopage gehad..toe neem MTN Altech Autopage oor..Beide die verskaffers het niemand voor die tyd laat weet nie en my rek het ek steeds in altech se rek inbetaal..Die maand kon ek net n week van my foon gebruik..So n paar maande al..Hulle het al my strokies..my foon geblok vir 3 weke al..na vele oproepe en emails nog steeds niks..

Vixie ·

Ek het ‘n toep op my foon “Truecaller”. Dit werk fantasties, want jy kan enige nommers blok wat jy nie oproepe van af wil ontvang nie en selfs “Unknown number” of “Hidden number” oproepe

Cecile ·

Wat my woedend maak is die feit dat ons nommers nie eens veilig is by ons Diensverskaffer MTN nie. Al merk ek duidelik -geen telesales nie, word my nr nog steeds uitgegee en word ek aan mekaar lastig geval as n “goeie en gewaardeerde klieënt van MTN”

w ·

Ek reageer geensins op missed calls. As jy met my wil praat sal jy self vi oproep betaal.

Vissie ·

‘n Ander frustrasie is om drie-uur in die nag ‘n SMS te ontvang waarin iemnd wat Liberty genoem word, jou ‘n goedkoop lening aanbied!
Ek bel geen nommers terug as ek nie weet wie se nomner dit is nie. “Missed calls” bly dus presies net wat die naam sê!

Johann ·

My magtag! MTN waarsku ons? Vreemd…want nie eers 22 JAAR as blindelingse kliënt lojaliteit kon hulle laat regop sit en dink…maybe het ons n punt dat iets RADIKAALS verkeerd is op twee van ons connections…DER DUISENDE RANDE se verkeerd…vi MAANDE!!!!! Insluitend ” call charges” terwyl ons self ons lyne SUSPEND het nie! Om nie te praat van eiese vir betaling vir kontrakte wat verval het nie…selfs blatante minagting van betalings en ooreenkomste…. die magtige MNT WASTSKU ONS? Se GAT man! Dis niks anders as n PR FOEFIE om te maak asof hulle omgee en in beheer is van 3e party toegang tot nommers nie!!!!!!! Wens ek kon n paar mede MTN SE MAAA…. mense bymekaar kry vir n klas aksie teen hulle. Enige Prokureurs Firma wat LEKERRRRRR geld wil maak uit hulle blatante miskenning van riglyne binne die WETGEWING waarbinne hulle operate??????

Doris ·

Ek het dieseldfde probleem met my Telkom foon as hy lui en ek tel op antwoord net n band ek het nrs wat bel hulle is, in die Kaap en Durban ek het al by een van die nrs. n boodskap gekry wat sê my nr is gekies as n scam hijacking ek sal bly wees as iemand my kan help want Telkom trek net hulle skouertjies op.

Johann cb ·

Ek lees nou eers die artikel. Ek het vanmiddag ‘n oproep van ‘n buitelandse nommer op my Telkom landlyn gekry. Dit was ook ‘n opname en ek het vinnig neergesit. Waar kan ek dit aanmeld en kan ek dit blokkeer? Indien wel, hoe doen ek dit?

Cherokee ·

Waarom volg niemand die aksentstemme op wat landlyn-oproepe maak en voorgee dat hulle namens Windows bel? Wanneer ek hulle daag om my mobiele nommer te gebruik(om hul nommer te sien) word gesê hulle mag dit nie doen nie. Wanneer ek hulle vloek, vloek hulle somtyds net so lekker (vanaf hul ‘windows’ kantore).

Boerin ·

Ek het weer apps wat hulself o my foon download met daaglikse inteken tariewe. Ek sit my foon se Block Apps aan, maar as ek weer sien is dit af en n klomp apps terug op my foon. Het foon ge-reset to factory settings, nou is dit beter. Hul het iets in die apps ingeskryf wat jou Block Apps self afsit om te kan installeer. Het my verlede maand R1250 gekos.

Frik ·

Ek het kontrak met MTN gehad en eweskielik het MTN onwettig addisionele geld van my bankrekening verhaal. Toe ek MTN hieroor aanvat was hul antwoord dat hulle n platform skep vir 3de party maatskappye wat n diens lewer. Sonder my toestemming het MTN net geld begin aftrek tov die maatskappye. Toe ek kla was MTN se antwoord dat ek met die 3de party maatskappye self moet praat want dit het niks met MTN te doen nie terwyl dit MTN was wat die geld van my verhaal het. Het my maande geneem om my gd terug te kry terwyl MTN nie wou help. Ek wou my kontrak kanseleer omdat MTN meer geld verhaal as wat my kontrak sê en toe dreig hulle my dat ek die volle kontraktyd se geld sal betaal. Ek het al my kontrakte met MTN beëindig en wil NIKS van hul weet. Hulle skep die probleem en wil hulle dan verontskuldig.

amelia ·

My seun ook probleem met mtn wou ook kontrak beiendig oor hul extra geld aftrek weet nog steeds nie vir wat nie maar op end is hy oorhandig aan prokureurs BAIE SWAK MTN

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.