Die Mtubatuba-munisipaliteit in die noorde van KwaZulu-Natal het ontbind en sy 38 raadslede is verlos van hul pligte.
“In die lig van die verslegtende situasie en versuim deur die raad van die munisipaliteit om sy funksies uit te voer, het ons die kabinet genader en die uitvoerende raad het besluit om die munisipale raad te ontbind,” het Nomusa Dube-Ncube, LUR vir samewerkende regering en tradisionele sake, gesê. “Dit beteken dat alle politieke verantwoordelikhede van die munisipaliteit nou by die LUR berus.”
ʼn Administrateur is aangestel totdat ʼn nuwe raad verkies is, het sy gesê.
Die raad is Vrydag oor die besluit ingelig.
Dube-Ncube het gesê die munisipaliteit is al ʼn ruk lank onder die soeklig met bewerings van interne twis, wanadministrasie en swak finansiële bestuur. Sy het gesê magspeletjies het ook dienslewering ontwrig en tot betogings in die gemeenskap gelei.
Die munisipaliteit bedien onder andere Mtubatuba en St Lucia.
Verlos van hul pligte, asseblief wat n pot nonsens, se eerder nie bevoeg en bekwaam om die werk reg te doen nie, beslis nie verlos van hul vorige buitensporige vergoeding nie, jaag hulle weg, so gaan dit in elke staatsdepartement. Swak.
Hulle het ook nie by die werk opgedaag nie. Die stadsraad is bankrot dit is hoekom geen dienste gelewer word nie.
Raak nou van die vrystaase premier en sy sleepsels ontslae
scalla, hulle het ook geen pligte verrig nie want daar het niks plaasgevind of gebeur nie. Geen diens is gelewer. Dit is hoekom die Munisipaliteit sy “G” gesien het en so gaan hulle die een Munisipaliteit na die ander ontbind in plaas van om bekwaamde persone aan te stel wat die werk kan en wil doen. So sus hulle hul self hulle het iets gedoen wat eintlik niks is. Raak van die hele regering ontslae.
Die onbevoegdheid slaan nou erg deur. Dink hulle kan net by ‘n plek instap en die kitaar slaan. Surprise- jy moet BEVOEG wees om sekere werke te kan doen. So word ons land verwoes.
Hallelujah! Ek weet waar Mtubatuba is!
Om alles tekeer dat dit verder versleg nie Raak onslae van die ANC.hulle is onbekwaam treurig, niks werd nie.