Mufasa, die rondloperleeu wat naby Sutherland aangekeer is, sal waarskynlik binnekort uit die Karoo Nasionale Park in die Wes-Kaap geskuif word nadat hy verlede week gevang en aan dié park terugbesorg is.
Fayroush Ludick, woordvoerder van SANParke, het Dinsdag gesê Mufasa word tans in ʼn boma in die park aangehou met ʼn halsband om sy nek.
“Die waarskynlike scenario is dat hy geskuif gaan word,” het Ludick gesê.
Die park het egter nog nie besluit waar Mufasa se nuwe blyplek sal wees nie, maar ʼn ander leeumannetjie van die park sal waarskynlik saam met hom na die nuwe tuiste geskuif word.
Maroela Media het vroeër berig Mufasa sal saam met ʼn ander leeumannetjie in ʼn kamp geplaas word sodat hy nie vereensaam nie.
Die leeu het in Februarie uit die Karoo Nasionale Park ontsnap waarna hy ná ʼn reusesoektog uiteindelik verlede Woensdag sowat 120 km van die park opgespoor en gevang is.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
5 Kommentare
Arme dier. die mens het ook se oor alles!!!!!
Moontlik ‘n nasaat van onse Sylvester… Skuif hom en sy companion ook na Kuzuko Lodge. Dan is dit “Sylvester en Fielies” alliansie en “Mufasa en Simba” alliansie. Sylvester het so goed aangepas by Kuzuko Lodge met sy eie familie nou, gee Mufasa ook daardie kans. Het die voorreg gehad om Sylvester en Fielies in Desember te sien. Amazing, trotse diere.
Ai, die pragtige dier. Hoop waarheen hy gaan sal hy baie gelukkig wees. :-)
Hoop hy leer sy nuwe maat ook om so af en toe op ‘n uitgebreide toer te gaan.