Altesaam 20 leerders van ʼn hoërskool in Mokopane (Potgietersrus) in Limpopo moes Vrydagmiddag na hospitale geneem word nadat hulle almal maagpyn ontwikkel en begin braak het.
Nick Dollman, woordvoerder van Netcare 911, het gesê paramedici is na die skool ontbied nadat ongeveer 50 leerders by die skool vermoedelik voedselvergiftiging opgedoen het. Die leerders het glo almal muffins geëet voordat hulle siek geword het.
“Die leerders is almal deur paramedici ondersoek en daar is gevind dat 20 van die leerders na hospitale geneem moes word. Die leerders is deur Netcare 911 en ander ambulansdienste na verskillende hospitale geneem,” het Dollman gesê.
Hy het gesê die voorval word ondersoek.
Ek wonder wat was in die “muffens” gewees.
Of hoe oud dit was.
Weet iemand watse skool os dit .
Dis snaaks, mens kry nie SOMMER voedselvergiftiging van gebak nie. Muffins is klam en as dit nie reg gebêre is of te lank op verkeerde manier geberg was, mag daar dalk muf begin groei het en is dit nie raakgesien nie en steeds aan die kinders gegee.
Seker “space cakes” . Muffins met dagga in. Nog nooit gehoor van iemand wat voedselvergiftiging kry van gebak nie! Hulle het almal “greenies” gehad, die muffins was seker te sterk gedose! Lol!