Mugabe ‘gewalg’ oor xenofobiese aanvalle in SA

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe, ook die voorsitter van die Afrika-Unie, het Saterdag die xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika teen Afrika-immigrante skerp veroordeel.

Hy het gesê soortgelyke geweld moet nooit weer in enige land plaasvind nie. “Ek wil my skok en walging uitspreek oor die voorval in Durban waar vyf of ses Afrikane doelbewus deur lede van die Suid-Afrikaanse Zulu-gemeenskap aan die brand gesteek is,” het hy in ʼn toespraak gesê. “Ons verstaan dit is ʼn betoging teen die invloei van burgers uit buurlande. Die daad om ander Afrikane op só gruwelike manier te hanteer kan nooit deur enigiemand goedgekeur word nie. Namens die AU sê ons dat dit nooit weer mag gebeur nie, nooit weer in Suid-Afrika of in enige ander land nie.”

Xenofobiese aanvalle het verlede week in Durban en Johannesburg plaasgevind en reeds die lewens van minstens ses mense geëis, waaronder ʼn Zimbabwiër. Sommige berigte verbind die huidige vlaag van xenofobiese geweld aan uitlatings wat die Zulu-koning Goodwill Zwelithini verlede maand gemaak het. Hy het intussen die bewerings ontken en gesê hy is verkeerd aangehaal.

Mugabe het gesê Afrikane op die Afrika-kontinent moet met waardigheid behandel word en enige immigranteprobleme onder nasies op die kontinent moet vreedsaam opgelos word. Die president het gesê sy land het reëlings getref om Zimbabwiërs te repatrieer wat deur xenofobiese aanvalle geraak word. Ongeveer 3 miljoen Zimbabwiërs bly in Suid-Afrika, waaronder talle opgeleide professionele persone wat sedert die laat 1990’s weens ekonomiese agteruitgang uit hul land gevlug het.

Isaac Moyo, Zimbabwe se ambassadeur in Suid-Afrika, het gesê minstens 1 000 Zimbabwiërs wat deur die aanvalle geraak word, sal Sondag na hul eie land terugkeer.

-Xinhua

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

27 Kommentare

Andries ·

Nou gee vir jou oorlopers werk dan sal hul nie ons mense se werk kom vat nie maar jy kan nie want jy lewe ook net op pap en beloftes

Grassie ·

Wanneer ek na hom kyk is die gevoel van walging wedersyds. Sy xenofobiese, ras-gedrewe en moorddadige optrede teen blanke boere in Zim walg my tot in my siel.

CHRISTA ·

Ek kan ook nie verstaan dat xenofobie hom walg nie – wat van SY XENOFOBIE teenoor blankes?

Bruno Stef ·

Moegaap wat van jou eie landgenote wat in die verlede in Matabele land deur jou weermag en polisie op groot skaal uitgewis is.Jy het hulle mos destyds Dissidents genoem.Ek wil voorstel haal eers die balk uit jou eie oog uit hulle tree maar net op soos jy alreeds gedoen het.

Esther Coetzee ·

Jy is die laaste een wat kan praat, Mugabe! Net om jou gesig te sien walg my

Stephan ·

Onse geheuetjie is maar kort, nè.
Wat het Mugabe anders gedoen as om onskuldiges blankes te vermoor EN boonop hul grond te steel?
Nee Robert, jou geheue is kort en jou koppie raas.

Peet Schabort ·

“Bob’s your uncle”? Ek glo nie. Definieer jou “Afrikane”.

marie ·

Gewalg se hy …. Snaaks dit is presies soos ek gevoel het toe hy boere wat hard gewerk het om kos op sy mense se tafels te sit summier uit sy land verjaag het.

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek glo nie dat woorde die pateet kan beskryf nie. Daar is baie bloed aan sy hande en die vergrype in sy land skree ten hemele . Hoekom het sy burgers in die eerste plek hierheen gekom en waarom is hul ekonomie totniet en waarom is daar nie genoeg kos nie. Ons ken die antwoord.

Bruno Stef ·

Net om die geheue te verfris Moegaap het destyds die verkiesing in Zimbabwe gewen en in n magstryd met Nkomo die Matabeles se hoofman Matabeleland ingeval en dorpe en gehuggies afgebrand en mense laat vermoor wat letterlik in die honderde gedraai het.Tyd raak min vir jou Moegaap rekenskap kan net om die draai wees .

CHRISTA ·

Hy moet net onthou, van die rekenskap hierna gaan nie so ligvoets afkom nie en dis VIR EWIG! Weet hy hoe lank is VIR EWIG?

Wally ·

Aaag, ou Moegaap, niemand luister na jou nie. Vee eers jou eie agterplaas skoon, en dan praat jy!!!

Pearson ·

3 Miljoen van die baie miljoene wat ook nie vir diens te in SA betaal nie. Mogaab jy kan joune enige tyd terug kry.

Dave ·

3 miljoen Zimbabwiërs in SA. Dìt is hoeveel immigrante wettig vaniut Zim hier is. En dit is bloot een van die talle Afrika lande vanwaar vlugtelinge na SA vlug. 3 Miljoen is nie veel minder as die totale hoeveelheid blankes in ons land en daar is immefrante van elke denkbare Afrika-land in SA. Die Sjinese is nie eens genoem. Dit raak tyd om te verhuis.

Ed ·

Mugabe ons ken jou al dekades as n bedrieer en n moordenaar. Dit skree ten Hemele

Oebie Jackson ·

Ek stem saam met die kommentaar. Wat help dit, egter, ons braak gal op ‘n forum waar “Uncle Bob” die laaste een is wat sal saamlees en nog minder iets daaraan sal doen. Ons sweep mekaar net op!
Wat kan ek doen om xenofobie aan te spreek? Is daar planne by Afriforum?
Gift Of The Givers het reeds begin help en dit maak my skaam dat ek self nog niks gedoen het nie.

ig ·

Oebie nou vir wat wag jy,huur n trok en begin solank zimmers aanry Beitbrug toe.

Chris van Heerden ·

So is ons gewalg in sy rassehaat en die blankes wat hy so laat vermoor en aanval het in sy land. Ek ondersteun elke ou wat n zim ou aanval in ons land. Hulle verdien dit.

THEA SWART ·

het hy nie so week terug vir ‘n foto-graaf in Soweto gese hy wil nie ‘n wit-gesig sien nie?
skeinheilige pes

Takkie Takuuza ·

En net toe ek dink almal stem vir een keer saam………

Anel ·

Hy walg my! Waarom sy opinie enigsins saakmaak gaan my verstand te bowe.

Lindie ·

Ag asb!1 Dit walg hom en moet ophou en hoe kan hulle so iets doen?? Wat gaan aan in jou land??? Om die blankes uit te moor en hulle grond te vat is niks nie? Dit walg jou nie? Daar kan julle maar moor en doen wat julle wil met die blankes???? Gelukkig is jy al baie oud en sal nie meer lank lewe nie. Dank die Vader daarvoor want jy hoort net op een plek!!

EMK ·

Bob, wat my walg is dat jy jou land tot sover net die grond in “regeer” het. Wat my walg is dat jy net soos die SA regering so steel en vat waar jy kan dus bly daar niks vir jou mense oor en moet hulle hier kom plak. Wat my walg is jou vrou wat met hoevele paar skoene sit en gedurig oorsee nog by die heel duurste ontwerpers skoene en klere en wat-nie-nog koop en jou mense gaan honger. En wat my nog meer walg is as hulle durf hulsef daaroor uitspreek, dat hulle aangerand word, tronkstraf kry en daar gemartel word. Dis wat my walg!

Christie Joubert ·

En ons is “gewalg” deur jou optrede teen blanke boere in Zimbabwe. Voel hoe voel dit, boetman!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.