Mugabe kap weer na SA se wittes

Robert Mugabe. Foto: GCIS

Robert Mugabe. Foto: GCIS

Zimbabwe se pres. Robert Mugabe het sy toespraak as uittredende SAOG-voorsitter gebruik om onder Suid-Afrika se wit bevolking in te klim.

Mugabe het Maandag tydens die openingsessie van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SAOG) in Gabarone verwys na Seretse Khama, Botswana se eerste president en pa van die huidige president, Ian Khama, se huwelik met ’n wit vrou.

Mugabe het gesê Khama sr. het sy hoofmanskap verloor aangesien hy “soos alle jong mans verlief geraak het”. Sy “sonde” was egter dat hy op ʼn wit vrou verlief geraak het. Khama het met die Brit Ruth Williams getrou en Suid-Afrika het destyds druk op Botswana uitgeoefen oor die huwelik.

Mugabe het gesê dinge het intussen ten goede verander danksy diegene wat vir vryheid geveg het. “Kyk nou na ons. Kyk na Suid-Afrika. Ek dink hulle was die heftigste, die wit mense daar, teen die huwelik. Maar vandag is dit asof hulle nog altyd nierassig was,” het hy met ’n spottende Engelse aksent gesê tot vermaak van die gehoor.

“Nonsens, moenie dit aanvaar nie. ʼn Mens kan hul verraderlike optrede sien. Maar ek sê nie vergelding nie, nee. Ons is vry mense, liefdevolle mense, menslik. Afrikane is vol vreugde, en dans en lag die hele tyd. Maar moenie dat hulle ons vir die gek hou nie, want dan sal die duiwel in ons na vore kom.”

Die verhouding tussen Mugabe en Khama jr. is lankal gespanne met Khama wat gereeld kritiek lewer oor verwikkelinge in Zimbabwe. Hy was die enigste SAOG-leier wat die geloofwaardigheid van Zimbabwe se verkiesing in 2013 bevraagteken het toe die Zanu-PF met ʼn volstrekte meerderheid gewen het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

millie ·

waar sal die duiwel uit hom kom as hy die duiwel self is?!?!?!

Icey ·

Christo, dink dis wat ons almal wil doen met hom. Waar kry hy die reg om so van ons te praat? Hy sal sy dag kry. Dit weet ek verseker.

Christo ·

Dioe ding sal sy dag kry, dit wat hy nou het is die beste wat dit vir hom gaan word, daar is nie plek vir sy tiepe in die Koningkryk nie..

Barbara ·

In die eerste plek het hy nie die reg om sy neus in ons land se sake te druk nie. Suid Afrika behoort aan sy mense, wit, pienk, swart, geel maak nie saak nie en nie aan Zuma of Mugabe nie. Selfde geld vir Zimbabwe.

Chivago ·

My bloed kook behoorlik! Waarom mag swart mense so praat maar ons moet gedurig ons woorde tel? Indien die spreker ‘n wit man was het die saak nou al by die menseregte kommissie gedraai met uitspraak & vonnis gelewer. Waarom laat ons toe dat hulle dit doen? Ons voel tog nie skuldig omdat ons wit velle het nie en ek sal nie skuld aanvaar vir hulle minderwaardigheidskompleks nie!

Christo ·

Ek weet ek voel nie skaam of jammer oor my wit vel of geskiedenis nie, ek is trots op wie ek is en waar ek van daan kom, maar ongelukkig is ons nasie te goed vir ons eie beswil, ons sal eeder die ander wang draai as om oog vir n oog te speel. . ons klou te vas aan vergewe en tyd sal hom leer.. die dag wat ons almal wakker word en opstaan as een, is die dag wat al die nonsens gaan stop… Daar is n spreukwoord, die spyker wat die meeste uit staan word die hardste op gehammer. dink net bietjie daar oor, hoekom sal hulle so op ons hammer en heeltyd by ons fout soek as ons nie n bedreiging vir hulle inhou nie….

Magriet ·

Ja, en as jy nie jou woorde tel nie verwyder maroela media jou kommentaar. Come to think about it, self’s al tel jy jou woorde verwyder hulle dit steeds na hartelus. Anyway, wat ek wou sê, Ag ou Bobbie, gaan maak so en kry nou klaar asseblief

Landie ·

Hoog tyd dat hierdie swaap nou die emmer skop. Kan nie glo iemand het hom nie lankal uitgevat nie!!!

Marthie ·

Ag jinne kyk net na die stupid se land, en dit is so: as jy nie bevoeg is nie is dit altyd maklik om die vingers na iemand anders te wys.

Theresa ·

Sy ou deuntjie raak ook nou al afgesaag. Redineer regtig soos ‘n miskruier.
(Shame – nou beledig ek die arme miskruiers).

Pieter dp ·

Waar om gal braak. Is die nie weer n bewys van die onvermoè van die swat staads hoofde in die land nie. Deur die hele Afrika tot in SA. Van die presedent tot by die misepale bestuursers. Kom ons blankes vat hand en begin weer regee.

Andre Botha ·

Daardie man en sy uitsprake is geen kommentaar werd nie.

Christo ·

Ek wens net daar was n manier hoe een persoon n nasie weer bymekaar kan bring, sodat ons weer kan opstaan en ons stem kan dik maak. as daar n manier is , se my hoe ek kan help .

Deon ·

Met alle respek,die probleem met ons blanke Suid Afrikaners is dat ons hier in ‘n hoekie sit en teenoor mekaar murmureer en gal braak, waar niemand anders ons hoor behalwe onsself nie. Die beste plek waar ons kan begin is op ons kniee voor die Lewende God. Kom ons stort eerder ons harte voor Hom uit,bely ons ongeregtigheid en keer na Hom toe (die klompie mense op hulle kniee langs die N1 is vir ons ‘n voorbeeld) en ek weet verseker ons sal dan rustig kan slaap ,wat ookal gebeur, want ons weet Hy is in beheer.

Theresa ·

My gits. Die BAIE weird ene moet nie pres. Khama jr onderskat nie. Dan hoef enige gesofistikeerde, opgevoede mens net na sy ou simpel speech se inhoud te kyk om te weet hoe klein die opsies geraak het om nog steeds, en nog steeds en nog steeds (zzzzzzz..) o ja – nog steeds die blankes te blameer vir al hul flops. Sies. Het nog nooit van die ou man gehou nie – nou irriteer hy regtig.

Jennifer ·

Los die idioot, ek hoop ons eie mense sien dit wat gebeur, en dink twee keer voor hul stem.

Pieter V ·

Mugabe se onderdane is g`n vry mense ,leef in vrees vir hom,hy lag wel terwyl hy sy teestanders martel of vermoor, hy is n rassis wat selfs mense van sy kleur die N`debele by die duisende vermoor het en dat die grootste meerderheid nou in Suid afrika woon. Hy het sy land in die afgrond in regeer .Ek het die mooiste plase daar sien leeg le onbewerk als geplunder met al die werktuie wat oral rondle , hy se hulle is liefdevol , maar hy haat die witmense en sien op hulle neer,en gun hulle niks,hy is vol bravade wanneer hy byeenkomste bywoon,maar dit is net om sy minderwaardigheidgevoel te verbloem,

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.