Mugabe pos sy adjunk

Emmerson Mnangagwa en sy vrou, Auxillia (Foto: ANA)

Die Zimbabwiese adjunkpresident, Emmerson Mnangagwa, is Maandag die trekpas gegee oor sy “ontrouheid, onbetroubaarheid” en ʼn “tekort aan integriteit in die uitvoer van sy pligte”.

Simon Khaya, ʼn regeringswoordvoerder, het dié nuus Maandag by pres. Robert Mugabe se regeringskantoor bekend gemaak.

“Mnangagwa se optrede in die uitvoering van sy pligte was strydig met sy amptelike verantwoordelikhede. Hy het deurlopend eienskappe van ontrouheid, misleiding en onbetroubaarheid getoon,” het Khaya tydens die aankondiging gesê.

Dié nuus volg nadat Mugabe Saterdag op ʼn byeenkoms in Bulawayo gedreig het om Mnangagwa van sy pligte te onthef.

Mnangagwa is die tweede Zimbabwiese adjunkpresident wat die trekpas kry sedert 2014. Joice Mujuru, nou die leier van die National People’s Party, is in 2014 uit die regerende party geskop nadat sy glo teen Mugabe sou saamgesweer het.

Dit is nie die eerste keer dat Mnangagwa onder die president deurloop nie.

Die president en sy vrou, Grace, het Mnangagwa in September vanjaar beskuldig van ʼn reeks oortredings, onder meer sameswering om Mugabe se presidentskap tot ʼn einde te bring en dat hy nié die regerende party, Zanu PF, ondersteun nie. Volgens Grace het Mnangagwa die presidentsegpaar al telkemale in die openbaar gekritiseer. Sy het ook al “baie slegte stories” gehoor wat glo deur Mnangagwa begin of versprei is, het sy gesê.

Mugabe het Mnangagwa onder meer as outeur van die Tsholotsho-deklarasie beskuldig – ʼn poging van leiers binne die regerende party om van Mugabe as president ontslae te raak.

Dié jongste optrede teen Mnangagwa word volgens talle mediaberigte toegeskryf aan Grace wat haar visier sterk op die presidentspos het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

10 Kommentare

Siener van Melbourne ·

Toe ek kind was was name soos Idi Amin Dada en Kamuzu Banda die diktators van Afrika. Nou is dit die Mugabes en die Zumas. Afrika is inherent stam gebied en van die vroegste tye af was demokrasie nie ‘n konsep in Afrika nie. Moenie dink daar is ‘n verskil in wat in Zimbabwe gebeur en wat in Suid Afrika gebeur nie. As jy die stamhoof teenstaan is jou einde dalk net die dood en as jy baie gelukkig is word jy uit geban.

FM ·

Lyk my die politieke spel tussen mugabe en zuma en hul vrouens(x) en die adjunk presidente val mooi in plek. Oppas Ramaphosa, jy s dalk volgende.

FM ·

Lig loop Ramaphosa. Lyk my die ooreenkomste tussen SA en zim mbt tot hul presidente en vrouens(x) en adjunk presidente gaan hand aan hand. Staan sterk. Keer ten alle koste dat NCZ die president word. Dan is die land beslis n 4 e wêreldse land.

Callie ·

Dan is daar die wat glo hulle het Westerse standaarde aangeneem en sal demokrasie ondersteun. Word wakker wereld, dit is swart Afrika

dolphin ·

almal wil hoof aangestel om die Mugabe ontslae raak.dis skelmstreke wat wil president word is vrotter om die land armer te word om nie beste laat lyk jare tagtig nie

Boer ·

Daar is reeds nou oorlog teen Mogabe verklaar.
Die VSA ambesade is gesluit.
Maroela vol op asb.

Rissie Pitt ·

Net soos die vorige “boer” het ek gister gelees dat Mugabe het sy hoof-generaal van sy dienste onthef, maar die ou weier om uit sy diens te tree en wil in beheer van die weermag bly. Doen asb. ondersoek of daar waarheid in die gerugte is, asb.

Theresa ·

Wow. Ja – soms weet die omie ook nie wanneer om liefs stil te bly en maar te sit of te lê teen die naaste stut nie. Nie my goorheid nie hoor – bloot wat op foto’s en natuurlik nuusgebeure gesien kan word. Warm sitplek!

John ·

Nou sal ons dalk binnekort ook dieselfde modeontwerper van die koning van Afrika en sy bruid na Desember vir plaaslike dienste gelewer moet betaal. En dalk net is ‘n troue ook op die Kerslysie soos wat ons prez sy exie se talente deesdae besing… en weer betaal ons….

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.