Mugabe se buurman in hof oor rondloperhonde

Pres. Robert Mugabe

Pres. Robert Mugabe

Een van president Robert Mugabe van Zimbabwe se bure het in ‘n hof verskyn op aanklag dat hy toegelaat het dat sy honde ronddwaal by die president se private woning, berig die staatsmedia.

“President Robert Mugabe se 55-jarige buurman het gister [Donderdag] in die hof verskyn rakende bewerings dat hy sy honde bokke laat jag het op die president se private eiendom in Borrowdale,” berig The Herald.

Volgens die berig is Michael Pazarangu aangekla omdat hy sy “wrede honde sonder ‘n muilband laat ronddwaal het.” Die honde het glo in Mugabe se eiendom ingekom en ‘n bok doodgemaak.

Pazarangu het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en is op gratis borg vrygelaat. Hy moet weer op 24 Junie in die hof verskyn.

Mugabe besit ‘n huis in die gesogte Borrowdale-woonbuurt aan die buitewyke van Harare. Sy dogter se troue is vroeër vanjaar hier gehou en meer as 4 000 mense het die geleentheid bygewoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.