“President Robert Mugabe se 55-jarige buurman het gister [Donderdag] in die hof verskyn rakende bewerings dat hy sy honde bokke laat jag het op die president se private eiendom in Borrowdale,” berig The Herald.
Volgens die berig is Michael Pazarangu aangekla omdat hy sy “wrede honde sonder ‘n muilband laat ronddwaal het.” Die honde het glo in Mugabe se eiendom ingekom en ‘n bok doodgemaak.
Pazarangu het onskuldig gepleit op die aanklagte teen hom en is op gratis borg vrygelaat. Hy moet weer op 24 Junie in die hof verskyn.
Mugabe besit ‘n huis in die gesogte Borrowdale-woonbuurt aan die buitewyke van Harare. Sy dogter se troue is vroeër vanjaar hier gehou en meer as 4 000 mense het die geleentheid bygewoon.
Is daar ooit nog honde en bokke in die land oor?