Mugabe se familielid dood aangetref in SA

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika Foto: GCIS

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe en pres. Jacob Zuma van Suid-Afrika Foto: GCIS

ʼn 20-jarige man van Zimbabwe wat dood aangetref is in ʼn hangkas by Monash-universiteit in Johannesburg, was ʼn broerskind van pres. Robert Mugabe.

Takudzwa Wesley Goronga, ʼn student in informasietegnologie, is ongeveer twee weke gelede as vermis aangemeld. Hy is later op die kampus dood aangetref in sy hangkas.

Die openbare uitsaaier in Zimbabwe het gesê Mugabe het Saterdag roubeklaers by Goronga se begrafnis toegespreek en gesê sy afsterwe bly ʼn “raaisel”, het ʼn Sapa-korrespondent berig.

Mugabe, wat self twee seuns en ʼn dogter het, het gesê sommige kinders wat in ʼn ander land gaan studeer, keer soms terug huis toe met negatiewe gewoontes soos dwelmgebruik.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die student se afsterwe.

ʼn Oom en tannie het Goronga glo in Marondera, sentraal Zimbabwe, grootgemaak ná sy ma se afsterwe 10 jaar gelede.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Justin ·

Kan jy nou meer, dat Mugabe se broerskind SA toe moes kom om sy dood te kry. So word ons mense DAAGLIKS vermoor, en geen president boe-of-ba daaroor nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.