Mugabe se ‘grondhervormingsplaag’ ’n gevaar vir SA

Pres. Robert Mugabe van Zimbabwe

AfriSake veroordeel die uitlatings wat Robert Mugabe, Zimbabwiese president, oor die naweek gemaak het dat die oorblywende wit kommersiële boere in dié land van hul eiendomme verwyder moet word omdat Zimbabwiërs die grond nodig het. Dít was die nuutste dreigement van die ontredderde land se leier aan sy Zanu-PF ondersteuners, waar hy dit duidelik gemaak het dat sy regering met hernude grondgrype teen die handjievol oorblywende wit boere in die land sal begin.

In 2000 het die land ’n uiters gewelddadige benadering tot grondhervorming aangepak waar plase van wit boere weggeneem is deur middel van inval. AfriSake stem saam met Obert Gutu, woordvoerder vir die MDC, dat Mugabe se nuutste voorneme sinneloos, rassisties, primitief en terugslaande is.

“AfriSake is bevrees dat hierdie plaag van grondhervorming deur middel van onwettige grondinval oor die grens van Zimbabwe na Suid-Afrika sal versprei,” het Armand Greyling, regs- en beleidsanalis by AfriSake, gesê. “In die afgelope jaar het vele landbougrondeienaars AfriSake oor onwettige grondgrype gekontak. Sou politieke ekstremiste Mugabe se uitlatings gebruik om publieke ondersteuning in Suid-Afrika te werf, is ons bevrees dat die probleem handuit sal ruk. Ons het reeds ’n gevaarlike saak van onwettige grondbesetting van drie aangrensende eiendomme in Pienaarspoort, om slegs een voorval te noem.”

AfriSake sal voortgaan om die regte van hul lede te beskerm en vir die Grondwetlike reg op eiendom te veg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Eps ·

Moet nooit ‘n slang help en verwag dat hy jou nie gaan pik nie. ‘n Slang bly ‘n slang en sal net maak of hulle vir jou omgee solank hulle voordeel kry. Die oomblik dat ‘n slang weet hy kan onafhanklik bestaan dan pik hy jou dood. Die beste raad is om nie slange te help nie en aan hul eie lot oor te laat. Dit is tyd dat ons aan die Onrvanger en Regering wys deur ons belasting op die laaste moontlike tyd in te dien, as jy weet jy moet in betaal.

Alta ·

Robert sal dit sê en doen want SA regering voer vrot mielies vanaf China in en gee ons skoon graan aan Zimbawe wat hulle by ons boere koop teen selfde prys as 17jr terug. Hulle het nog nie honger gely nie want SA voorsien.

Justice ·

Dit is dieselfde Mugabe na wie Ramaphosa gekwoteer is dat hy en die ANC opkyk vir leiding en inspirasie.

al ·

Mugabe en zums het baie ooreenkomste. Albei het luukse huise in Dubai terwyl hul landsgenote krepeer van armoede.
Grace onteien die swart boere se grond en vergryp haar aan uitsoekgrond en hul verloor hul oeste.
Daar is soveel raakpunte, maar God slaap noe. As hul nie hul weë omdraai nie sal hul verwoes word.

Ag nie alweer nie ·

Ag, nie alweer nie, Al? “God slaap nie”? So wat doen God dan, want dit lyk vir my asof die aanslag teen blankes net al hoe feller word? Gebruik jy jou “God slaap nie” uitlating as ‘n versugting of ‘n dreigement? Indien so, wie dreig jy? Voorvadergeeste-aanbidders? Gaan lees tog vir ‘n slag wat Nehemia gedoen het…..maande lank gebid en NIKS het gebeur nie, tot hy opgestaan het van sy kniëe af en GAAN DOEN het waarvoor hy gebid het. God het jou ‘n brein gegee om hierdie situasie mee op te los……en ek kan net Sy teleurstelling insien as HY hoor en sien wat jy daarmee maak.

Loekie ·

Hulle slaan sommer uit die bloute ‘n wendyhuis op en begin erwe op die plase verkoop! Klink soos ‘n toneel uit ‘n Leon Schuster fliek! Sterkte aan alle grondeienaars!!

johan II ·

Ek weet van grens plase in Clarens (Fouriesburg?) Waar dit ook plaasgevind het. Net eenvoudig huise opgesit en Boere moes op eie onkoste hulle weer afsit omdat die “Polisie” geweier het! Nag, nag nag…

w ·

Mugabe moet beslis psychic wees. Kan psigiaters ons asb reghelp

Annette Stander ·

Mugabe is kranksinnig. Daar is geen twyfel aan nie. Hy is uit die bose! Dit is grondroof nie grondhervorming

Ai ·

Hulle is bekommerd dat dit Suid Afrika toe sal versprei? Het ek reg gelees?

So wat is al die plaasmoorde dan? Dink julle ook dis net “roof”?!

Peter ·

Daar gaan op ‘n stadium ‘n burgeroorlog kom en dit gaan dinge verander. Nie nou al nie – maar dit gaan kom.

Eish ·

Née jy maak n groot fout. Daar gaan niks sulke goed gebeur nie. Ons volg eenvoudig die Afrika pad van de kolonialisering. Die geskiedenis is goed gedokumenteer. Diegene wat gely het daaronder het of die Afrika land verlaat, of suidwaarts beweeg. Verder suid as die Wes Kaap kan jy nie. Dis die werklikheid. No 1 het gesê Hy haat nie die wittes nie, hy wil net nie he hul moet alles besit nie. Dus, as jy bereid is om jou leef standaarde te laat erodeer, gaan jy dit maak. Indien nie, gaan jy n slagoffer word. Ja, die buiteland gaan niks doen buiten diplomaties kritiek lewer nie. Die enigste eerbare moontlike weg uit die moeras is om via n selfhelpgroep soos Afriforum jou oorlewing te verseker. Dit gaan egter beteken dat jy jou arm uit jou mou tevoorskyn moet laat kom en elbow grease gebruik. Ekke, is geen bekbelofte se kanonvoer nie.

Moeg vir Suid Afrika ·

Laat hulle die grond vat,dan sal ons sien wie gaan wat eet?Die mense wil nie luister nie.Elke plaas aanval ly daartoe dat produsente ophou boer.Die winkel rakke gaan leeg wees,ons kry ñ appel en ñ ui vir ons plaasprodukte en stads mense betaal deur hul ore.Ons as boere weet nie meer waar om te keer nie,jou grond,jou vee en lewe is elke dag ñ bedreiging.Mense moet ophou om hulle te steur aan Robert en begin dink aan die gevolge wat hierdie alreeds “oorlog” se gevolge gaan wees in ons eie land.Dit is oppad en almal sit en wag tot die storm suid afrika gaan tref,dan is dit ongelukkig te laat.

Johann Marx ·

Moeg vir Suid Afrika, word wakker…dis al oor en oor bewys dat ‘n sekere gedeelte van Suid Afrika se populasie nie oor die vermoë beskik om die uitkoms van hulle dade in ag te neem terwyl hulle daardie dade pleeg nie….So jou “ons sal sien wie gaan wat eet” is nie van toepassing nie, want niemand kan tot daar dink nie. Maar kom ek antwoord jou……die meerderheid gaan eet (al is dit die laaste insek in die wildtuin), en ek en JY gaan vrek van die honger. Jy het tog ‘n brein gekry…..gebruik dit….As jy ‘n appel en ‘n ei kry vir jou produkte, en die stadsmense betaal deur hulle ore, beteken dit dat daar ‘n “middelman” is wat die wins maak. Nou hoekom het jy nog nie met ‘n plan vorendag gekom om daardie “middelman” uit te sny nie? Dan kry jy meer vir jou produkte, en ek betaal minder vir wat ek eet? Of is dit net eenvoudig makliker om op Maroela te kom “dreig en moan”….en dan verder niks te doen nie?

Linda Koekemoer ·

Verdomde siniele ou man. Hy Gaan Sy loon een van die Dae kry. As hy dood Gaan
Wag die ewige hel.

Eish ·

Eish! Wie is jou predikant suster? As no 1 hom gaan bekeer en laat doop en dan deur sy lewe bewys hy is groep en gekies, is Hy voor jou in die Nuwe Jerusalem. Want baie wat eerste was, sal laaste wees en baie wat laaste was eerste.

Johann Marx ·

Amanda jy’t geen benul waarvan jy praat nie, en geen bewys dat dit kan of gaan gebeur nie. Indien wel, hoe help jou “voorspelling” die res van ons hier op die Suidpunt van Afrika, wat nie ‘n snars omgee waarheen hy gaan nie………..maar meer bekommerd is oor met wat hy op hierdie oomblik besig is?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.