Mugabe sê model het haar met mes aangeval

Grace Mugabe. Foto: (AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi, File)

Grace Mugabe, Zimbabwe se presidentsvrou, het ontken sy het die model Gabriella Engels verlede maand in ʼn hotel in Sandton met ʼn verlengkoord aangerand en daarenteen beweer dat ʼn “dronk en versteurde” Engels haar met ʼn mes aangeval het.

In ʼn verklaring wat op 17 Augustus afgelê is, en wat Reuters onder oë gehad het, ontken Mugabe die 20-jarige Engels se weergawe van die gebeure. In teenstelling daarmee beeld Mugabe haarself as die slagoffer uit wat namens haar twee volwasse seuns, Chatunga en Robert jr., ingegryp het omdat hulle “in die moeilikheid was met ʼn dronk jonk vrou”.

In die verklaring word genoem dat Mugabe oorweeg om ʼn aanklag van poging tot moord aanhangig te maak.

Engels het vroeër beweer ʼn woedende Mugabe het op 13 Augustus in die hotelkamer ingestorm waar sy saam met twee vriende vir Chatunga gewag het. Sy beweer Mugabe het begin om haar met ʼn elektriese koord aan te rand. Foto’s wat kort ná die voorval geneem is, toon oop wonde aan Engels se voorkop en kop, asook kneusplekke op haar bobene.

Mugabe het in haar verklaring gesê Engels se weergawe van die gebeure is “kwaadwillige bewerings”. Sy het gesê sy is aangeval omdat sy probeer het om haar seuns te help. “Sy was bekommerd oor hulle en het gegaan om hulle in hul hotelsuite te sien,” lui die verklaring.

“By haar aankoms het me. Engels, wat dronk en versteurd was, dr. Grace Mugabe met ʼn mes aangeval nadat sy gevra is om die hotel te verlaat. Veiligheidswagte is met geen ander opsie gelaat nie as om me. Engels uit die hotelsuite te verwyder.”

Gabriella Engels beweer dat Zimbabwe se presidentsvrou, Grace Mugabe, haar aangerand het. Foto: ANA

In die verklaring word ook aangevoer dat Engels die vorige aand in ʼn bakleiery betrokke was met ander vroue by die Taboo-nagklub in Johannesburg en dít kan die moontlike oorsaak van haar beserings wees.

Die burgerregte-organisasie AfriForum, wat namens Engels optree, het die bewerings ontken. “Gabriella het nooit vir Grace Mugabe op enige manier aangeval nie en was ook nie deel van ʼn bakleiery by Taboo nie,” het AfriForum gesê.

“Dit is duidelik dat Grace Mugabe desperaat besig is om verantwoordelikheid vir haar eie gewelddadige gedrag te ontduik deur leuens te gebruik om die slagoffer in hierdie saak as die oortreder uit te beeld.”

Die Suid-Afrikaanse regering het verlede maand diplomatieke immuniteit aan Mugabe toegestaan nadat ʼn klag van aanranding teen haar aanhangig gemaak is. Mugabe is derhalwe toegelaat om die land te verlaat sonder om vervolg te word.

Engels en AfriForum betwis hierdie besluit in die hof en voer aan Grace Mugabe was nie in Suid-Afrika in ʼn amptelike hoedanigheid nie. Hulle voer ook aan dat die oortreding as ʼn ernstige misdaad geklassifiseer word wat volgens wet nie deur diplomatieke immuniteit beskerm word nie.

Die DA het hom ná Mugabe se vertrek tot die konstitusionele hof gewend om die toestaan van die diplomatieke immuniteit te betwis.

Lees alle vorige berigte oor Grace Mugabe op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

De Villiers ·

Sy het ‘n mes by haar gehad, Grace daarmee aangeval, en Grace het genoeg tyd gehad om eers ‘n koord te soek en op te tel voordat Engels by haar kon uitkom? Verder sou Engels heel aand met ‘n gapende wond op haar voorkop gaan rondkuier sonder om besorg daaroor te wees. Regtig? Onderskat Grace die gemiddelde mens se intelligensie?

Asjas ·

Om nie te praat van die lyfwagte wat staan en kyk hoe sy met ‘n mes aangeval word en niks doen nie?
Genade, ek wil nooit met haar wil redeneer nie, ek gaan groter sukses met ‘n aartappel he!

MissDemeanor ·

Die storie is te dik vir n daler! Nee hel die Grace gryp nou ma strooi. Dis jammer die ou knol het diplomatoese immuniteit anders kon sy nou nog vir naamskending en myneed aangekla word.

John ·

?… en nou wil die burgerregte organisasie die vuil speletjie betree… Is dit hul verantwoordelikheid?

vierkleur ·

John, dis goeie publisiteit vir AfriForum. Wens hulle wil so vir die boere opkom. Wie betaal vir die regsonkoste, is dit dalk ons lidmaatskap geld?

MissDemeanor ·

Dis ‘n landsburger wie se regte geskend word….logies dat n burger regte organisasie betrokke raak. Koaan hul probeer baie hard om die boere ook te help.

Johann ·

Ongelooflik om te dink dat Me Grace dat sy So kan lieg en logies denkende normale mense gaan haar glo? AFRIKA LEGACY! Geweld deur onaantasbare magsbeheptes rule en regulate!!!

Eish ·

Een ding wat ek van politici geleer het is die hol woorde wat so kwistig aangewend word. Dus, om die ware toedrag van sake te bepaal, moenie ag slaan op die woorde wat gebesig word nie, laat hul dade die praatwerk doen. Met politici dus, waarmee ons die agbare presidentsvrou mee kan vereenselwig, gaan die veiligheidswagte wat haar omring, en haar bedorwe brokkies, verklarings indien met dié strekking.

E.K. ·

En sy kom NOU eers daarmee uit. ‘n Benoude kat maak benoude spronge!

Poot ·

E.K.
Wonder ek mos ook. hoekom het sy nie daar en dan ‘n saak gaan maak nie? Ek meen…..sy is mos the 1st “lady”.
Pathetic.

Awie Opperman ·

Hierdie verklaring laat ‘n paar vrae onstaan. Hoeveel lygwagte het Grace Mugabe by haar gehad? En as sy haarself moes verdedig, wat was hulle doel dan?Hoekom het sy nie dadelik die klag aangemeld by die SAPS nie? Waarvoor moes ons dan diplomatieke immuniteit aan haar toestaan as sy aangeval is? Dit is die rede waarom hofsake gehou word, om ‘n onpartydige persoon die kans te gee om alle bewyse te ondersoek en ‘n uitspraak te lewer. Hierdie ruik soos ‘n PR oefening, maar ten minste weet ons dit is nie meer Bell Pottinger nie.

Plantasie Gorilla ·

Nou wat sê twee patetiese seuntjies (jong mans) het sy groot gemaak wat hulle self nie eers teen n’ ” dronk” vrou kan verdedig nie Wat n’klomp snert.. Ek lag my n papie. Wat swot die twee, huishoudkunde met “grimering” as hoofvak. Wha ha ha oneindig.

buks ·

Wat is erger haar leens of os regering se hulp om mense soos sy te help en beskerm. Onthou oeboentoe beteken die met die lepel in die hand eet nou.

Peet J ·

Ek dink nie me. Engels het ‘n goeie saak nie die veiligheidswagte sal natuurlik vir Grace getuig
en Mugabe se bewering is sy moes haar self verdedig het teen haar aanvaller. AfriForum het dalk ‘n oorhaastige verkeerde besluit geneem.

jaco ·

afriforum gaan nog lekker op sy neus kyk deur by hierdie saak betrokke te wees. In ander koerane is ‘n paar berigte oor Me. Engels se gefuif en reputasie wat ‘n heel ander prentjie oor haar skets.

GerhardG ·

As haar storie waar is, kan sy dit mos in die hof as verweer aanbied. Dan kan ‘n magistraat haar mos onskuldig bevind as sy dan so onskuldig is. Maar nou vlug sy terug na haar piesangrepubliek toe, en haar weergawe kan nie in ‘n hof getoets word nie.

Luke ·

Media sensasie. Situasies word deur media en die politiek uitgebuit. Daar is belangriker nuus. Soos seisoens verandering of n nuwe Skoenlapper spesie in suid amerika of so iets.

Toppie ·

‘n Nagklub bakleiery , nie juis iets wat ek verwag het dat Afriforum homself moet mee sou ophou nie.

Frik ·

En so val jy vir Grace se storie en glo jy die nonsense en maak Engels nou die krimineel.

snoefie ·

genade ou grace. is jou seuns mans of muise dat jy hulle teen n “dronk versteurde” mensie moes verdedig? regte eurms as ek tussen die lyne lees. ek hoop hulle word verban.

Sêmaarnet ·

Ek sou ook sê Afriforum het hulleself hier uitgegee as ‘n toffie…… Om aan te bied om iemand te verteenwoordig met so ‘n reputasie terwyl jou ledetal van ‘n heel ander deel van die bevolking opgemaak word, is nogals riskant en Afriforum gaan dit aan hulle sakke voel.

Therese van Schalkwyk ·

Stem saam met jou.

Klink na ‘n werklik ongure situasie.

‘n Mens sou regtig hoop dat daar meer verdienstelike gevalle is waarby AfriForum betrokke kon raak om die, baie nodige, goeie gesindheid teenoor ander bevolkingsgroepe te toon.
Dink bv. aan die honderde tragiese voorvalle van swak diens in staatshospitale wat onbeskryflike lyding of dikwels die dood tot gevolg het.

Andre ·

Jy word met ‘n mes aangeval en het toevallig tyd om ‘n koord te kry. En die stelling kom hoeveel weke na die insident? Ek ondersoek insidente as deel van my werk en passie. As algemene kenis nie vir jou kan se dat dit vals is nie weet ek nie…
Hulle gaan heel waarskynlik getuies omkoop of het alreeds. Die storie maak geen sin nie…

Han ·

Liewe hemel, hou tog asseblief op om Afriforum so aan te val! Hierdie mense weet wat om te doen en julle hoef nie namens hulle te besluit nie. Afriforum doen uitstekende werk en sit nie heeldag op die kantlyn om kritiek te lewer nie.

Party van julle se spelling is so pateties; gee liewer daaraan aandag!

Therese van Schalkwyk ·

Han

Dalk verwar jy “aanval” met eerlike opinies gee?

Het die grootste respek vir die skitterende werk wat AfriForum deurgaans doen, maar hulle sal moontlik self erken dat hiér ‘n minder goeie keuse gemaak is. Dis natuurlik hul goeie reg om self daardie besluite te maak.

SjN ·

Engels was besig om die 2 zimbabwe bedorwe brokkies te onthaal in tadisionele afrika styl en mamma het op die verkeerde tyd ingestap, Sy dra altyd n verlengingskoord wat ook as gordel dien en gebruik kan word om krag te tap en ook vir selfverdediging, Onthou Afrika is nie vir sissies nie.

jaco ·

of afriforum nou die saak wen of verloor maak nie saak nie. na die saak verby is (as dit ooit gaan gebeur), word wit boere steeds vermoor en kry duisende wit mense steeds nie werk nie NET omdat hulle die “verkeerde” velkleur het. Afriforum behoort eerder te fokus op dinge wat die meerderheid van hulle lede en hulle lede se “ras” raak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.