Mugabe-seun probeer glo ma se ‘slagoffer’ intimideer

Grace Mugabe. Foto: AP Photo/Tsvangirayi Mukwazhi

Een van die seuns van Zimbabwe se oudpres. Robert Mugabe het glo druk probeer uitoefen op die Johannesburgse model Gabriella Engels om aanrandingsklagte teen sy ma te laat vaar.

Kallie Kriel, uitvoerende hoof van AfriForum, het Donderdag tydens ʼn oorsig van die organisasie se afdeling vir privaat vervolging gesê Engels het hulle genader kort nadat Grace Mugabe se seun, wat in Suid-Afrika woon, haar met die versoek genader het.

“Ons het die polisie laat weet dat hulle dit moet ondersoek omdat dit neerkom op inmenging in die regsproses en ons glo dis ʼn groot jammerte,” het Kriel gesê.

Die hooggeregshof in Johannesburg het in Julie besluit om die diplomatieke immuniteit wat toegestaan is aan Grace Mugabe ter syde te stel.

Grace het Engels na bewering in Augustus verlede jaar in ʼn hotel in Sandton aangerand, maar voer aan dit was uit selfverdediging.

Engels het foto’s in die sosiale media gedeel van die sny aan haar voorkop, na bewering weens die hou wat Mugabe haar met ʼn elektriese verlengingskoord toegedien het.

Luidens berigte het ʼn kelnerin ʼn miskraam gehad nadat Robert Mugabe jr. haar tydens dieselfde voorval gestamp het terwyl hy vir sy ma gevlug het, wat glo verwoede mense in die hotel begin aanval het.

Robert Mugabe was toe nog president van Zimbabwe. Sy vrou is toegelaat om die land te verlaat sonder dat sy vervolg is nadat die Suid-Afrikaanse regering diplomatieke immuniteit aan haar toegestaan het.

Kriel sê AfriForum het onlangs aan die polisie geskryf om te vra hoe die oudpresidentsvrou se vervolging vorder.

Hy sê hulle wag nog op ʼn antwoord, maar die organisasie staan Engels en haar familie steeds by.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Irma ·

‘N kort tyd gelede was die media vol berigte oor Grace wat so elendig siek is en moontlik net dae oor het om te leef. As mugabe seuntjie nou vir ma intree is sy waarskynlik nog id land vd lewendes en vrees vervolging. Gracie daar’s nie nuwe tricks nie. Joune is ook al almal tevore gebruik. Leer nou. Jy is nie onaantasbaar nie.

Landi ·

Intimidasie en obstruction of justice. Hoekom is hy nog nie gearresteer nie?

Tokkolos ·

Irma
Op die oomblik lyk dit noeg of sy in die onaantabare gedeelte is
Jip maar ek ook gewonder of sy nog met ons is of nie
Blyk sy is

Sangoma ·

Haal sy pa se streke uit. By die beste geleer. “Rotten to the bone”.

PJC ·

As Mugabe junior aanhou met sy intimidasie moet die model maar ń hofbevel teen hom kry sodat die polisie verplig is om hom te arresteer wanneer hy dit weer doen.

Dafer ·

Dit dien daarop te let dat hierdie berig slegs kom nadat lesers in ‘n ander berig begin vrae vra het oor WAT eintlik doen AfriForum nou eintlik. OF julle profiel is te laag, of julle doen dinge eintlik net vir show!

jaco ·

toe hierdie storie dik in die nuus was, het die engelse pers goed oor hierdie “onskuldige” slagoffer berig wat nie baie vleiend was nie. ek onthou ook spesifiek hoe n TV nuuskanaal n onderhoud met haar gevoer het en sy die hele tyd deur die onderhoud kougom gekou het. Ek wonder hoe goed was Gerrie Nel se huiswerk voordat hy hierdie saak aangevat het?
En dan nog iets: Al wen Gerrie Nel ook hierdie saak, maak dit GEEN verskil aan meer dringende kwessies nie. Kwessies soos regstellende aksie, plaasaanvalle, plaasmoorde ens ens. Dis goed wat meer as 3 miljoen wit mense in SA baie ernstig raak, terwyl hierdie ou hofsakie meer net 4 rolspelers het waarvan 3 nie eens meer in SA is nie en dan berus dit ook maar op argumente van die een sê dit het gebeur en die ander een sê dat het gebeur.

Herman ·

Weereens “Animal Farm”. All people are equal but some people are more equal than others”

MJB ·

“…terwyl hy vir sy ma gevlug het, wat glo verwoede mense in die hotel begin aanval het”
Die sin moet seker lees, “…terwyl hy vir sy ma gevlug het, wat glo verwoed mense in die hotel begin aanval het”

honourable member ·

Hierdie mense is uitstekende pretenders. Kamstig dodelik siek as hulle aandag soek. Hierdie vrou makeer niks. Lyk my hulle regeer hierdie land net soos die Guptas gedoen het. As die vingers geklap word moet daar gespring word.

Tong in die kies ·

Haar dokter het haar gediagnoseer met dieselfde siekte as wat Schabir Shaik het.

Wag, ek sien nou eers dis dieselfde dokter.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.