‘Muilbandwet moet grondwethof toe’

Argieffoto

Argieffoto

Die Wetsontwerp op die Beskerming van Staatsinligting moet na die konstitusionele hof gestuur word voor dit as wet bekragtig kan word, het Sanef Saterdag op Internasionale Persvryheidsdag gesê.

Sanef, die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum, sê ‘n klousule in die wetsontwerp met die verweer van openbare belang sal die vermoë van die media om te help in die stryd teen korrupsie, werklik verbeter.

“Op hierdie dag herhaal ons dus ons beroep op die ANC en spesifiek president Jacob Zuma om die wetsontwerp na die konstitusionele hof vir bekragtiging te stuur voordat dit as wet onderteken word,” het Mpumelelo Mkhabela, voorsitter van Sanef, gesê.

“Die Wetsontwerp is waarskynlik die grootste bedreiging vir persvryheid en vryheid van uitdrukking sedert die aanvang van demokrasie. Ons staan gereed om dit in hof te beveg indien die president die wet bekragtig,” sê Mkhabela.

Mkhabela het ook ʼn beroep op Afrika-regerings gedoen om hul stilte te breek oor die vervolging van joernaliste in lande soos Swaziland. “Nader aan die huis gaan Swaziland voort om sy mense basiese vryhede te ontken en is ʼn verslaggewer onlangs in hegtenis geneem en tronk toe gestuur oor ‘n artikel wat krities was die land se regstelsel.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.